Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die herinnering van Cornelius aan die geboorte van die Heer

179 Cornelius dink `n tydjie daaroor na en sê uiteindelik vol verwondering: "Heer, Heer, -ja, goed goed, ja! Maar dit verander ewiglik niks aan die feit dat ek dit nooit werd sou wees dat U in my huis sou kom nie! Want net U is die Een, waarvan die groot Judese koning Dawid, wie se Psalms ek reeds in my jeug gelees het, dit voorspel het toe hy praat: 'Maak die poorte wyd en die deure hoog, dat die Koning van die ere binne kan kom! Wie is die Koning van die ere! Hy is JaHWeH Sebaot, magtig in die stryd!” (Psalm 24: 7-8)

[2] Soos gesê, het ek dit reeds in my jeug geweet en merkwaardig: Dit moes so wees dat ek getuie was van U geboorte in Betlehem, en tewens hy wat U aardse ouers `n vlugweg aangee voor die meedoënlose agtervolging van die ou Herodus.

[3] Maar ek was toe eers vyf en twintig jaar oud en ek is nou ruim dertig jaar ouer en ek het gedurende die tyd baie deur- en meegemaak, ek het baie gesien, gehoor en ondervind. Maar ondanks dit alles, bly die wonderlike woorde van Dawid en U geboorte en al haar byverskynsels my so lewendig by, asof ek dit eers gister of eergister persoonlik meegemaak het. En intussen hoor ek weer: 'Maak die poorte wyd en die deure van die wêreld hoog, dat die Koning van die ere binne kan trek! Wie is die Koning van die ere? Hy is JaHWeH Sebaoth, magtig in die stryd!”

[4] En heimlik het ek reeds die teks by U geboorte uitgespreek. En toe U my kneg genees het en ek vervolgens die baie groot guns gehad het om U te ontmoet, hou ek my in my hart, dat om U bo alles te eer en lief te hê, hierdie verse voor! En daarom sê en getuig ek dit ook nou, dat U alleen die groot ewige Koning van die ere is waaroor die wyse, groot koning van die Judeërs op `n profetiese wyse gesing het! En indien U nie die koning Sebaoth is nie, hoe sou U dan só oor die mense van die aarde kan praat, soos wat U so pas gedoen het?!

[5] Ja, as U heilige woorde ook maar so muurvas in ons geheue kon gebly het! Maar by my was my geheue helaas nooit my sterkste punt nie. Die hoofsaak egter, dit is die kern, onthou ek wel! Maar dit wat U ons nou vertel het, lê ver buite elke menslike begrip, en hoewel ek heelwat verstaan wat daarmee bedoel word, kom dit heeltemal as `n helder droom vir my voor, en dit sal my moeite kos om dit tuis so duidelik moontlik aan my huisgenote uiteen te sit. My geheue kan nie alle punte so woord vir woord bewaar soos dit deur U heilige mond uitgespreek is nie."

[6] Ek sê: "O, dit kan vinnig en eenvoudig gedoen word! Kyk, daar het ons tog die engel Rafael, laat hom maar `n paar velle goeie perkament nadertrek en hy sal My hele toespraak, wat besonder belangrik is, dadelik vir jou opskryf!"

[7] Met die grootste genot in die wêreld roep Cornelius dadelik sy bediendes en laat ongeveer twintig velle baie goeie perkament, swart kleurstof en `n goue skryfstif bring.

[8] Die engel raak slegs die perkament aan met die skryfstif wat in die swart kleurstof gedoop was en oombliklik is al twintig velle in die regte verhouding geskrewe.

[9] Toe gee die engel die twintig velle ter insae aan Cornelius, wat grensloos verbaas was dat die engel alles so onbegryplik vinnig op papier neergesit het. Want Cornelius was nog geen getuie gewees toe Rafael met vroeëre geleenthede staaltjies van sy snelskrywery kon toon nie. Daarom was hy dan ook so buitengewoon verbaas dat hierdie engel so wonderbaarlik vinnig klaar was met die uitskryf van die woorde wat deur My uitgespreek was, en dit nog wel in die Griekse en Latynse taal en so woordeliks, dat geen lettertjie daarvan ontbreek het nie.

[10] Dit trek ook baie die aandag van Kisjonah, Faustus en die bekende Philopold en dit veroorsaak baie verbasing by hulle. Die erg weetgierige Philopold begin Rafael te ondervra hoe dit moontlik was om so iets met so `n enorme snelheid op te skryf.

[11] Maar die engel sê: "Vriend, dit is ons altyd met die hulp van God baie goed moontlik, - maar om die hoe daarvan aan u uit te lê, is heeltemal onmoontlik. Elke volmaakte gees besit die eienskap om nie alleen so `n geskrif, maar om elke handeling waar krag by aangewend word, ook al is dit so groot, in `n oogwink uit te voer. As u `n berg of `n baie omvangryke gebergte verwoes of vernietig wil hê, of `n meer drooggelê, of `n see tot land gemaak, of `n hele aarde vernietig, of die duisendmaal duisend maal groter son, of as u my na één van die verste verwyderde sterre wou stuur en `n bewys sou vra of ek werklik daar was, dan sou ook dit in `n so kort oomblik kan gebeur, dat u nie met u sintuie sou kon waarneem dat ek ook maar eers afwesig was nie. Wel, hoe dit gebeur en kan gebeur, kan slegs die suiwer gees verstaan!

[12] As u geestelik heeltemal wedergebore sal wees, sal u dit ook verstaan, insien en self kan doen, maar solank u nie in die gees wedergebore is nie, kan u die eienskappe van die suiwer geeste onmoontlik verstaan, ook al sou ek dit so duidelik vir u laat sien! Maar vra uself eers af, hoe u gedagte in `n flits van hier na Rome of Jerusalem kan gaan, en ook weer terug hier na u toe! Vriend Philopold, as u dit vir my kan verklaar, dan sal u ook gou my snelheid verstaan."

[13] Philopold sê: "Ja, ja, glansryke, wonderbaarlike engelwese, die gedagte flits wel heen en weer, en niemand kan haar snelheid meet nie, maar die gedagte skep niks werklik nie, sy vorm `n baie vlugtige beeld. As iemand sy gedagte gerealiseer wil hê, moet hy dit moeisaam met sy hande uitvoer, en dit duur dan lank voor die beeld van die gedagte in die werklikheid sigbaar word. Maar by jou is die gedagte ook op wonderbaarlike wyse al `n voltooide werk. Kyk, daar lê tog wel `n geweldige verskil tussen my en jou gedagtes!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205