|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 218
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Reiservarings van Murel
218 Terwyl Cyrenius die opmerking maak, kom Murel ook nader, begroet My en sê: "Majesteit en Heer, voorheen het slegs twee vir ons almal gepraat, dit was Stahar en Floran. Ek het weliswaar niks gesê nie, omdat ek met baie ander dinge volledig eens was, - maar tog was daar ook die nodige waarby ek nie mee eens was nie en nie mee kon saamstem nie. Stahar het dit nou vir my baie duidelik gemaak en ek sien alles nou baie beter as voorheen, maar ondanks dit is daar tog `n aantal dinge wat ek nog lank nie duidelik genoeg sien nie! En omdat ek nou baie anders oor U dink as voorheen, sou ek graag wou dat U `n aantal groot en kleiner punte uitlê. Verdroeg endured
[2] Weliswaar was ek net soos my kollegas `n fariseër vir sover die fariseërskap my verduur het met my gelouterde begrippe en insigte, en ek weet dat U nou juis geen besondere vriend van hierdie mense is nie, wat merendeels profete van die duisternis is! Maar onder die soort mense is daar tog nog wel hulle by wie die beter instelling nie heeltemal verlore geraak het nie en tot hulle het ek myself nog altyd gereken. Daarom waag ek dit dan nou ook om na U toe te kom en U - nie soos `n verfoeidlike fariseër wat deur U verag word nie, maar slegs as `n baie eenvoudige, deur baie ervaring verrykte mens - oor `n aantal dinge vrae te stel waar nie net ek nie, maar elkeen `n behoefte aan het.
[3] Maar ek het eers vooraf `n bepaalde vraag en dit is: "Ek is `n sondige mens en U `n heilige van God, sal U my wel waardig vind vir `n bevredigende antwoord?"
[4] Ek sê: "Wie sy sonde as sonde erken en dit werklik verafsku, en God bo alles liefhet en sy naaste soos homself, hy is voor My geen sondaar meer nie!
[5] Maar om God bo alles lief te hê beteken om Sy gebooie te onderhou en om nie buite die orde van God te lewe nie. As dit by jou die geval is, spreek dan en Ek sal na jou luister en jou antwoord!"
[6] Murel sê: "Dan, Vriend, vaarwel, want dan sal ons bitter min woorde met mekaar kan wissel! Wat help dit my dat ek my sonde erken en dit moontlik ook verafsku! Kom daar `n bose uur van versoeking, dan val `n mens weer duisendmaal op dieselfde plek waarop `n mens reeds duisendmaal geval het!
[7] `n Mens het ook altyd die goeie wil om die gebooie van God te hou, maar by die dade ontbreek dit maar al te dikwels.
[8] Ek het my naaste ook altyd lief as hulle nie bedelaars en skelms is nie, maar as hulle dit wel is, dan het ek hulle duidelik nie lief nie en is ek nog lank nie hulle vriend nie. As hulle eerlike mense word, sal ek hulle ook wel weer liefhê en respekteer, maar andersins is dit nie so maklik nie! U het nou van my gehoor wat se soort persoon ek is. As U my `n antwoord wil of kan waardig ag, laat my dit dan ronduit weet, kan U dit egter nie, sê dit dan en ek sal ook daarmee tevrede wees!
[9] Hoogmoed en eiensinnigheid is vir my totaal vreemd. Origens ken ek ook geen vrees nie, omdat ek geen spesiale vriend van watter vorm van lewe ookal is nie. Vir my is daar net soveel geleë aan die lewe as aan die laatste plank van die ark van Noag. Die nie-bestaan sou my duisend jaar eerder bekoor het as hierdie ellendige bestaan!
[10] Waarom moes ek eintlik ontstaan en nou voortbestaan? Het ek ooit `n God gevra om te word en te wees?! Ek het ontstaan sonder my wil, bestaan nou sonder my wil en moet allerlei wette en ander ongemak my laat welgeval, waarteenoor niks anders staan as die baie duistere beloftes dat daar na hierdie ellendige lewe `n minder ellendige, ewigdurende lewe sal kom. Om dit eenmaal deelagtig te kan word, moet ek gedurende die lewe alle versoekinge, hoe sterk ookal, volkome weerstaan en volgens die wette suiwerder wees as die son op die middel van die dag, `n voorwaarde waaraan gladnie voldoen kan word nie, tensy `n mens net so `n goddelike natuur sou gehad het as wat U, geagte vriend, moontlikerwys sal hê!
[11] Maar waarvoor is dit alles goed?! Weg met die lewe, want `n mens het geen slegte tydelike lewe nodig nie en nog minder `n ewige lewe wat in die gunstigste geval miskien ietwat beter is! Die volkome non-bestaan is op sigself alreeds die ware geluksaligheid!
[12] Ag, as ek vaste vooruitsigte sou gehad het op `n ewige, volmaakte lewe, sou dit heelwat anders gewees het! Dan sou ek geweet het hoe en waarom ek in dié lewe iets moes doen, om dan die daaropvolgende ewige lewe des te beter versorg en vol vertroue tegemoet te kan gaan. Maar dit is nêrens die geval nie!
[13] Waar `n mens ookal kom, in welke skool `n mens hom ook maar laat inwy, oral vind `n mens in die plek van `n duidelike vooruitsig `n blinde geloof vergesel van `n totaal ongegronde hoop. So het die mense - sê maar vir die uiteindelike verwerkliking van die hoop wat uit hulle selfgemaakte geloof voortkom - oral wette gemaak waarmee hulle hulleself en hulle medemense sonder enige rede wel ontsaglik kwel.
[14] Ek het deur die hele Egipte gereis en het `n duidelike oortuiging vir `n lewe in die hiernamaals gesoek! Wat vind ek na alle kwellings van hierdie inwyding? Niks – as net kunsmatige opgewekte verligte drome en die mense leer my om die droomgesigte uit te lê en `n mistiek-profetiese betekenis daaraan te gee, wat gewoonlik vir alle gebeurtenisse gebruik kan word!
[15] As ek, soos vele ander, ook `n geesteswak dromer sou gewees het, sou die soort sinsbegogeling in alle gevalle `n diep indruk op my gemaak het en ek sou opreg in hierdie domhede begin glo het. Maar ondanks alle illusies het my blik dadelik op die inhoudloosheid van alles geval. Ek het myself as die bedriegde gesien en die meesters van die hoë skool as die gemaakte - en ook vrywillige bedrieërs, wat self van alles wat hulle aan ander leer ook nie één woord geglo het nie.
[16] Die soort mense is nog die verstandigste. Diegene wat daarna tog nog iets glo is natuurlik al heelwat dommer en besef nooit die groot op tallose, gelyksoortige ervarings berustende waarheid van 'Mens, jy leef slegs van vandag tot more’ nie!
[17] Ek betaal in Karnak die skool- en inwydingsgeld en trek vandaar weg in die volle oortuiging dat ek die baie geld vir niks betaal het nie, - dit wil sê in verhouding tot wat ek eintlik wou bereik.
[18] Onderweg ontmoet ek iemand wat hom by my karavaan aansluit en wat in Persië en selfs by die mense van die ou geloof was (Brahmane). Oor hy vertel vir my wonderlike dinge. Na drie dae het ons saam ooreengekom om eers via Persië na die beroemde mense van die ou geloof te reis. Ons reis daarheen, deur baie gevare en ongemak gekenmerk en alles wat dit meebring, duur vyf volle weke. Ons vind daar `n ontsettende streng lewende, boetedoenende volk, wat egter origens baie gasvry was en ons werklik met alle liefde opgeneem het. Met die taal het dit weliswaar sleg met my gegaan, maar my gids was dit magtig. Hy tolk alles vir my en maak sodoende kommunikasie tussen my en die beroemde mense van die ou geloof moontlik, wat direkte afstammelinge van Noag moet wees. Binne `n kort tydjie het ek soveel van hulle taal my eie gemaak dat ek met die goeie mense kon praat. Ek vra hulle natuurlik veral inligting wat verband hou met hulle oortuiging oor `n lewe in die hiernamaals.
[19] Hulle antwoord hardop: Dit weet slegs hulle hoogste, onsterflike priester, wat altyd met God kon praat en ook die hiernamaals kon sien met almal wat alreeds oorgegaan het. Maar hierdie priester was vir alle sterflikes vir altyd onbereikbaar! Nie meer as eenmaal per jaar mag `n mens sy woning nader nie. Dan mag `n mens egter slegs gaan tot op `n half-uur se afstand van die goue rots, waar hy homself op die more van `n sabbat by die opgaan van die son vir net enkele oomblikke deur die sterflikes laat sien. Hulle moes slegs hoop en glo en hulle by die, sê maar, grimmigste, onverdraaglikste voorskrifte hou. As iemand gesondig het, moes hy werke van boetedoening doen waarvoor selfs die Satan sou gril!
[20] Mense laat my `n aantal van sulke boetedoeninge sien, waarby hoor en sien wou vergaan! Wat in die Egiptiese skole meer vir die skyn gebeur - maar net vir die opwekking van angs en skrik - dit en nog erger gebeur daar in die naakte werklikheid! En waarom doen die mense, wat meer as stomme diere is, dit alles? Alleen maar vanweë die hoop op `n beter, toekomstig lewe?!
[21] Hulle sit so beklem in `n beloofde hoop, dat hulle hierdie kwaadaardige misleiding van hulle arme siele uiteindelik selfs as `n onfeilbare waarheid beskou!
[22] Daartoe dra die priesters, jammerlik genoeg, alles by, omdat hierdie misleiding van die mense daarvoor sorg dat hulle altyd heeltemal hoog en vernaam kan lewe. Die mense is dom genoeg en daarom laat hulle toe dat so `n bedrog hulle aangedoen word. Maar by my is dit lankal nie meer so nie. Ek wil sekerheid hê, óf die dood wat my heeltemal vernietig!
[23] Na een kommervolle jaar verlaat ek ook die mense van die ou geloof en trek met `n Persiese karavaan na my huis, dit wil sê na Jerusalem toe, en daar word ek weldra in die tempel leviet en vervolgens fariseër (Varizaer= beskermer, herder) en nie lank daarna nie kom ek hierheen, waar ek nou al elf volle jare diens doen as Judese priester.
[24] Dommer as wat die mense alreeds was, het ek hulle nie gemaak nie, nóg deur woorde nóg deur dade, maar ek het hulle ook nie wyser gemaak nie, want ek het by myself gedink: As domheid hulle gelukkig maak, moet `n mens dit so los! Want selfs met die mees aantoonbare waarheid gee `n mens hulle niks beter nie! - Ek het u nou hiermee getoon wat ek feitlik dink en hoe ek van nature is.
[25] As menslike wette, wat moeilik op te volg is, bepaal of `n mens `n regverdige mens of `n misdadiger is, dan is ek vergeleke met U wetlik baie suiwer Wese, duidelik `n sondaar en kan, wil en mag ek ten slotte geen gesprek met U heiligheid voer nie.
[26] As vir U, net soos vir my, nie die wet wat deur mense gemaak is, maar alleen die mens self die norm is, dan kan U ondanks U goddelikheid, wat my eintlik heeltemal niks aangaan nie, met my net so goed `n gesprek voer as ek met U! Maar verwag van my daarvoor geen dank of verering nie, - ook al was u JaHWeH Self. Want dan is ek U werk en dan sien ek heeltemal geen rede waarom ek U sou vrees of liefhê of eer nie!
[27] Ja, as ek U eers om `n bestaan kon vra, dan sou die verhouding baie anders gelyk het, ook al sou ek die lewe liefgehad het. Maar ek het die lewe begin haat, omdat ek die arme, eerlike mensdom altyd smagtend aangetref het onder die ellendige druk van allerlei dom en waardelose wette. Slegs mense wat al vanaf die oerbegin die kuns verstaan om hulle domme medemense behoorlik te bedrieg, is gelukkig, omdat hulle altyd weet hoe om hulle bo elke wet te verhef.
[28] Hulle hou hulle arme medemense dom deur allerlei beloftes oor die hiernamaals, dat hulle self hier des te vryer `n goeie lewe kan lei. Ek ken hierdie dinge en weet wat ek van `n toekomstige lewe moet dink en wat ek daarvan kan verwag. Daarom is ek ook nie bang nie - nie vir `n almagtige God nie en nog minder vir `n groot wêreldheerser nie, al is hy hoe magtig.
[29] God vrees ek nie omdat Hy seker te wys moet wees om genoeë daaruit te put om `n arme, nietige wurm in die stof te kwel, wat Hy, as Hy hom te lastig vind, duisendmaal met één suggie kan vernietig. God as `n baie wyse Wese kan daarom redelikerwys van my geen verering en aanbidding en geen liefde eis nie, omdat Hy my ongevraagd in `n ellendige bestaan geplaas het, wat my deur die woorde van heers- en winssugtige mense leer hoop het op `n geluksaligheid in die hiernamaals. So `n leer sou ek moet aanvaar as die suiwer waarheid, terwyl ek van alle kante duisend en nog eers duisend ervarings het van suiwer teendeel, en dit oortuigend gesienhet en terwyl die groot natuur uit al haar grafte hardop roep: 'Mens, jou hele lewe duur slegs van vandag tot more!'
[30] U sien, mense kon by my met die vanouds geprese geloof en met sy troostende begeleidster, die goeie hoop, niks uitrig nie, glad niks nie! Gee my daarom die waarheid, wat ek, net soos my bestaan, lewendig kan voel en dan kan ek elke geloof mis, so ook elke ydele hoop!
[31] Wyse en magtige man van JaHWeH, besorg ons mense geen lang en gretige tande wat vervolgens niks kry om op te byt nie! Ek sou U, wyse vriend, nie so spontaan benader het nie, as ek nie uit U vroeëre gesprekke en lesse opgemerk het dat die waarheid ook in U woon en U ook iemand is wat dit eerlik met die arme mensdom bedoel nie.
[32] As ook U egter `n ander agtergrond het, laat my dan by die waarheid wat ek deur duisende ervarings moeisaam en bitter my eie gemaak het!"
|
|
|
|
|