|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 104
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die sewende, agste en negende tekens van die diereriem
104 "Luister dan! Na die Kreef sien ons die 'Leeu' in die groot zodiak. Hoe kom daardie wilde dier nou by die hemeltekens? Net so vanselfsprekend as al die ander wat ons tot nou toe leer ken het.
[2] Na die kreefjag, wat dertig dae duur en soms ook een of twee dae langer - omdat by die ou Egiptenare nie die maand van die visse (Februarie) nie, maar die maand van die kreef (Junie) as skrikkelmaand aangewys is - begin daar `n ander plaag wat vir die oues erg baie sorge en moeite baar. Omstreeks hierdie tyd werp die leeus gewoonlik hul kleintjies, en is dan baie hongerig en meestal op jag, en trek herwaarts en derwaarts deur woestyne, berge en dale na streke waar hulle êrens vet kuddes koeie vermoed.
[3] Omdat die warme Afrika eintlik die vaderland van die leeu is, en omdat ook Agter-Egipte al dikwels deur hierdie koning van die diere oorheers is, is dit te verstane dat dit gladnie so moeilik vir hulle was om tot Midde- en Onder-Egipte deur te dring, en daar onder die vredig weiende kuddes verwoesting te saai nie. Soos wat die strenge koue die wolwe na die deur die mens bewoonde streke dryf, so dryf die groot hitte van Julie die leeu na die ietwat koeler, noordelike streke, waar hy kans het op buit.
[4] In hierdie maand word in Bo-Egipte die hitte die ergste en ondraaglikste en dit dryf die leeu dikwels noordwaarts tot aan die Middellandse See, waar dit aanmerklik koeler is as in die omgewing van die gloeiend warm sandwoestyne. Die bewoners van Egipte kry kort na die begin van hierdie periode altyd besoek van hierdie gevreesde gaste, en hulle moet hulle behoorlik bewapen om dit van die kuddes weg te hou. Omdat die son in hierdie tyd juis onder `n sterrebeeld gaan staan wat, netsoos by die Stier, met sy sterre iets uitbeeld, naamlik so ongeveer die vorm van `n woedende leeu, noem die oues hierdie gesternte die 'Leeu', en die mense noem in Egipte hierdie tyd ook die 'Leeu' (LEOWA), LE = die bose of die afstammeling van die bose, in teenstelling tot God = die goeie of die seun van die goeie, O = God se son, WA, of ook wel WAI = vlug. LE OWAI beteken dus: Die bose vlug voor die son.
[5] Pas enige tientalle jare gelede noem die Romeine, ter ere van hul held Julius Caesar, hierdie periode na hom, omdat hy so slu en moedig soos `n leeu weet te veg. - Dit is dan die sewende hemel-of diereriemteken, wat deur latere nakomelinge eweneens op `n bepaalde wyse vergoddelik is.
[6] Maar na die Leeu sien ons die 'Maagd' kom, wat lyk asof dit tog nie so goed by die vorige pas nie?! O ja, dit hoort vanselfsprekend heeltemal daarby! As die leeutyd verby was, was die vernaamste jaarlikse ongemak in ‘n sekere sin ten einde, en die mense laat die teuels ietwat skiet. Die mense organiseer feeste, wat veral gerig was op die gee van geskenke aan regskape, sedelik reine maagde, om hulle daardeur aan te spoor om op hierdie pad verder te gaan. Ook is in hierdie tyd huwelike gesluit waarby slegs rein bevonde maagde as vrou geneem kon word. `n Jong vrou wat haar maagdelikheid nie goed bewaar het nie, is van die huwelik uitgesluit, en kon in die gunstigste geval slegs `n bywyf word van `n man wat alreeds een of meer wettige vroue had - anders bly daar vir haar slegs die veragte en nederige slawestand oor. Daardeur kry hierdie periode ook weer `n belangrike betekenis, en omdat daar omstreeks hierdie tyd weer `n aansienlike sterrebeeld van die zodiak bo die son te staan kom, noem die mense dit die 'Maagd'. Maar `n paar jaar gelede gee die ydele Romeine ter ere van hul keiser Augustus hierdie periode ook die naam van die keiser. - En so weet jy, liewe Helena, nou ook hoe daar na die Leeu `n Maagd tussen die sterre tereg kom. - Maar nou verder!
[7] Ons sien hoe `n Maagd tussen die sterrebeelde van die zodiak beland, maar nou kom daar selfs `n voorwerp in, soos ons direk sal sien. `n 'Weegskaal' sien ons, soos wat die handelaars en aptekers gebruik vir die afweeg van hul ware en artsenye. Hoe kom hierdie instrument vir die vasstel van gewig tussen die sterre? Ek sê vir julle: Heel eenvoudig en weer net so vanselfsprekend as alle ander hiervoor genoemde!
[8] Kyk, na die tyd van die maagdetoets en die huwelike, waardeur die voorgaande periode vernaamlik en volgens die gewoonte gekenmerk word, kom die tyd van die afweeg van die grootste deel van die oes, van die koring - wat die oudste inwoners van die land al baie verbou het, natuurlik naas die teel van vee - en van die vrugte, soos vye, dadels, olywe, granaatappels, sinaasappels en dergelike.
[9] Iedere gemeente het sy oudste as bestuurder en leier van alle werksaamhede. Daarnaas was `n priester die geestelike leier, wat die volk op bepaalde dae onderrig moes gee, en wat by gewigtige aangeleenthede moes profeteer. Dat die aantal van hierdie priesters gou baie vermeerder, behoef nouliks enige betoog, en ook dat hierdie stand hom vrywel nie besig hou met growwe, liggaamlike werk nie, maar wel met nuwe probeersels en verbeterings van aller aard.
[10] Dit was dan ook die priesterstand wat die aardse metale bestudeer, versamel en vir gebruik geskik maak. Vir al hierdie tegniese sake was baie helpers nodig en ook goed opgeleide werkleiers, wat almal geen tyd gehad het om hulle met die landbou en veeteelt besig te hou nie. Daarom moes sulke mense deur die gemeente onderhou word. Maar hoe moes mens nou vasstel wat elke lid van `n gemeente in ooreenstemming met sy oes aan die priesters en hul helpers moes afgee?
[11] Die mense wys daarvoor die tiende aan, en elke gemeentelid moes die tiende deel van al wat geoes word aan die priesterstand afstaan. Hoe meet mens die tiende af? Heel eenvoudig: met die weegskaal! Die mense beskik oor groot en klein weegskale van die soort wat vroeër al genoem is. Iedere gemeente besit enkele van sodanige weegskale, en onder die toesighoudende oog van die gemeentebestuurder word alle oeste presies geweeg. Die mense weeg dan altyd twee gevulde skale teen mekaar af. Nege maal word die gevulde skale in die bak van die gemeentelid gelê, die tiende maal egter in die bak van die priesters. Die opperpriester was tewens ook die hoeder of herder van die hele volk, en word aangedui met ‘Vara on’ ('hy behoed' of 'hy is die beste'). Later word hierdie 'Varaonen' egte konings van die land, waarby ook die priesterdom onder hul heerskappy staan.
[12] Uit hierdie ware geskiedkundige beskrywing sien ons nou wel dat die periode wat volg op die van die Maagd hoofsaaklik bestem was vir die afweeg van die tiende-gawes wat gegee is vir die priesterdom. Omdat in hierdie periode die son weer onder `n nuwe teken gaan staan, noem die mense hierdie teken in die zodiak die 'Weegskaal'. Elkeen, wat maar enigermate met die sedes en gewoontes van die ou Egiptenare vertroud is, sal dit verstaan.
[13] Dat die mense in die loop van die tye die weegskaal allerlei ooreenkomstige betekenisse toeken, dit ook as simbool van sowel die goddelike as die wêreldlike geregtigheid gebruik, ja, dat die mense dit by enige nog baie onontwikkelde volke selfs aanbid, soos die Indiërs dit hier en daar doen met die ploeg, hoef wel skaars verder belig te word. Die fantasie van die mense aan die een kant, en die altyd groeiende hebsug van die altyd maar meer wordende priesters en volksvoorligters aan die ander kant, vergoddelik mettertyd alles wat vir hulle ook maar eerbiedwaardig en vir die hele mensdom nuttig voorkom.
[14] So het ons nou gesien hoe ook `n menslike werktuig in die groot zodiak tereg kom, en ons sal daarom maar eers verder kyk hoe die baie onaansienlike insek, 'Skerpioen', in die groot zodiak kom!"
|
|
|
|
|