Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Vergelykings met die wonders van towenaars

55 Suetal sê: "Amen! Dit vind ek ook! Want so iets het `n sterflike oog nog nooit gesien nie! Die towenaars ten tyde van die farao het ook wel stokke op die grond gegooi wat slange geword het, maar daar was ons nie by nie! En sou ons daarby gewees het, dan sou ons waarskynlik dieselfde kunsstuk gesien het as wat ons eens, net so, in Damaskus gesien het. `n Persiese towenaar het `n knuppel op `n wyd uitgestrekte, vlakte van stuifsand wat voor hom gelê het, gegooi. En toe die knuppel, wat op `n spesiale manier gewerp word, in die stuifsand verdwyn, sodat `n mens niks meer daarvan kon sien nie - wat natuurlik baie vinnig gebeur het - kom daar `n rot of `n muis uit die sand te voorskyn wat haastig wegvlug! Hierdie towenaar laat dit lyk asof hy uit die knuppels wat in die sand gewerp word, rotte en muise toor. Maar ek het die sand daarna ondersoek en het die gegooide knuppels onveranderd teruggevind, daarby het ek ook duidelike spore gevind dat die towenaar, waarskynlik sonder getuies, vroegtydig `n bepaalde aantal rotte en muise in die sand verborge gehou het deur op meerdere plekke spesiale voorkeurvoer in sand holtetjies wat deur hom gemaak is, te lê, waarmee die rotte en muise wat daar uitgeplaas is, heel rustig en behaaglik besig gebly het totdat hulle deur die handig gewerpte knuppel gedwing was om uit die holtetjie te spring en weg te hardloop.

[2] Die dom volk het die Persiese towenaar as `n god vereer en prop sy sakke vol met allerlei kosbare dinge. Toe ek `n paar, waarvan ek gedink het dat hulle verstandiger was, daarvan wou oortuig, het hulle my `n lasteraar genoem en ek het maar net genoeg tyd gekry om my uit die voete te maak. Ek het daardeur tot die oortuiging gekom dat sulke towenaars ten eerste baie skerpsinnige, rare snuiters is wat met hul uiteindelike kennis en opgedoende ervarings op die gebied van die natuur hulle die domheid van die talle ander mense, wat net soos vee vreet, tot nut maak. In die tweede plek het ek gesien dat sulke oerdomme mense ook, deur die beste wil van `n wyse mensevriend, nooit heeltemal op die goeie weg gebring kan word nie.

[3] En so sal alle geroemde wonderwerke van die priesters en towenaars in die hele Egipte en Persië wel daar uitsien, en die wonderdade van die Essene sal gewis net eenders wees.

[4] Maar hierdie twee wonders hier, wat die leerling van die groot Heer gedoen het, en die wonderbaarlike genesings waarvan ons gehoor het dat dit deur die groot Verlosser verrig is, is so suiwer bo al die magiese bedrieërye verhewe soos `n son met sy heldere en reine lig verhewe is bo elke nietige en bedrieglike dwaallig. Met hierdie twee wonders is, soos gesê, elke menslike wysheid uitgepraat. Daar help geen denke en toetse meer nie, daar werk die Almag van God, vir wie niks natuurlik onmoontlik kan wees nie.

[5] Maar wat vir ons oorbly, is die les daaruit dat ons juis daarom dít wat die groot Verlosser leer, des te aktiewer moet toepas, omdat deur Hom, soos ek dit nou begin te sien, miskien juis in ons tyd `n ou belofte van JaHWeH in vervulling sou kon gaan."

[6] Ek sê vir Suetal, terwyl die twaalf My nog steeds nie persoonlik herken nie: "Is jy nog enigsins oortuig van daardie mening?"

[7] Suetal sê: "Vriend, die mening wat nou by my posgevat het, word in elk geval by my `n sekerheid! Want kyk, ek het `n heel eenvoudige, maar beslis steekhoudende rede om dit aan te neem! God is te eindeloos goed en wys om `n mens so magtig op te wek en met Sy Almagtige Gees te vervul om maar net `n aantal siekes liggaamlik te genees en uit klippe brood en visse te maak. Met so `n mens, wat soos `n son ver bo Moses en alle ander profete verhewe is, het God seker ook nog `n hoër, wat vir ons nog heeltemal onbekend is, groot doel voor oë! Want vir onbelangrike doeleindes, om slegs voor die oë van die gaaplustige en op wonders beluste, blinde en domme mensemenigte allerlei wonders te verrig, het God, soos gesê, so `n Godmens nie op hierdie aarde geplaas nie! Ek is geneig om byna in Hom die groot Messias van die Judeërs, wat deur alle aartsvaders en profete verkondig is, te sien en daarvan is ek, beste vriend, haas heeltemal oortuig!

[8] As Hy dit egter tog nie is nie, dan sou ek werklik nie weet op wie ons dán nog sou moes wag nie, wat in staat sou wees om nog groter en vir God waardiger dinge te doen! - Wat dink U nou daarvan, beste vriend, vooropgestel dat u as Griek enigsins vertroud is met die Skrifte van die Judeërs?!"

[9] Ek sê: "Ja, ek deel heeltemal jou mening, want met die Skrifte van die Judeërs is ek heel goed op hoogte. Maar nou sou Ek tog van jou geselle wou hoor wat hulle oor ons goed gefundeerde mening dink! Ribar is so bietjie van `n woordvoerder vir al tien. Laat ons hom vra en sien watter mening hy daaroor wil gee. Vra jy hom dit maar!"

[10] Suetal sê: "Ons gaan dit dadelik vir hom vra, want hy sal nou hopelik tog genoeg na sy vis gekyk het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205