Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Miga oor die liggaamlike aanwesigheid van die Heer

128 Miga sê: "Dit is ook gladnie nodig nie! Laat ons bly wees dat ons is wat ons is, en dat ons uiteindelik die Een in al Sy oneindige werkingsbereik liggaamlik by ons het, waarvoor die oudstes tevergeefs een of ander houbare begrip probeer bedink, maar daarmee ook altyd in die mis verdwyn!

[2] Kyk na Moses en al die profete, neem die geleerdes van Egipte en Griekeland nog daarby, maak `n samevatting van hul ongekende mistieke, geestelike begrippe oor die wese van God, en dan het jy nog niks die grootte van `n sandkorreltjie van Diegene wat ons hier meer as tasbaar liggaamlik voor ons het nie!

[3] Moses, die grootste profeet, wou op die berg Sinai vir God sien, maar kry uit `n vurige wolk met donderende stem, waardeur die aarde beef, slegs te hore: 'Niemand kan God sien en bly lewe nie!' Maar ons sien nou dieselfde God, ons praat met Hom, Sy gerustheid getuig van Sy Wysheid en Almag, en lewe tog baie goed en aangenaam! As dit die brawe Moses wel ietwat angstig gemaak het op die berg, veral toe daar om sy hoof duisend maal duisend geweldig krakende bliksems onophoudelik hul spel gespeel het, is dit baie goed te verstane. Maar as ons hier oor `n spesiale, onheilspellende sfeer praat in die teenwoordigheid van die buitengewoon goeie en baie gemoedelike God, dan is ons werd om flink uitgelag te word!

[4] Het ons vadere nie met `n heilige Vader in die hemel gedweep, terwyl hulle hom tog nooit kon voorstel nie!? Ons het nou dieselfde heilige Vader as `n tasbare waarheid by ons op hierdie aarde, wat nou die hemel van alle hemele is, en ons voel ons nie op ons gemak nie!

[5] Dit is waar dat `n mens hier baie vreemd en anders moet voel as `n kind tuis by sy los speelgoed, maar daarteenoor staan dat ons onsself nou ook in `n baie merkwaardige lewenskool bevind! Wanneer `n kind vir die eerste keer op skool kom, sal hy sekerlik ook nie so op sy gemak voel as by sy speelgoed in die ouerhuis nie, maar as hy die skool `n jaar lank besoek het, sal hy hom ook net so vertroud daarin voel as tuis by sy speelgoed.

[6] Maar hoe Hy, ons God, Heer, Majesteit en Vader met Sy almagtige wil in die hele oneindigheid alles van die grootste tot die kleinste doeltreffend deurdring, en Hom tewens duidelik aanwesig bewus is van al Sy eindelose, en tallose talle skepsels van die grootste tot die kleinste, dit, broers gaan ons verder gladnie aan nie. Ons hoef beslis nie meer te weet as dit wat ons weet nie, en waarvan ons besef dat dit so is en moet wees, omdat alle dinge andersins sekerlik oombliklik hul objektiewe bestaan sou verloor.

[7] Laat ons maar geduld hê! Vandag weet ons dit, more sal ons seker meer weet, en binne `n jaar sal ons wel baie meer kan weet as nou aan die begin van ons geestelike ontwikkeling, waarin ons egter tog al baie verder gevorderd is as Moses en alle beroemde profete vóór ons. Die het in hul mees heilige visioene nouliks geestelik vermoed, en vervolgens in heel mistieke woorde en tekens opgeskryf, wat ons sonder enige mistiek kan betas. As ons onsself dit nou lewendig voor oë kan hou, sal ons skielik baie minder ongemaklik voel as wat Saul hom eertyds by die profete gevoel het!"

[8] Die ander sê: "Ja, ja, jy het volkome gelyk, en ons voel almal al baie meer op ons gemak! Wat `n verstandige woord tog alles tot stand kan bring!"

[9] Sahr, wat tot nou toe nog altyd geswyg het, maar origens innerlik baie blymoedig was, sê: "Dit is om van te lag wat se domheid die skranderste manne wel uitkraam! Hoewel Miga die minste van ons is, het hy nieteenstaande dit, tog die verstandigste mening te berde gebring! Hoe kan dit iemand hier nou ook maar enigermate vreemd en beangstigend voorkom? Die teendeel is waar! Nou is ons eers op die plek waar ons moet wees! Ons is by God, ons ewige Skepper en Vader. Daar waar ons vandaan gekom het, en nou het ons weer so dig moontlik daarby teruggekeer; wat se gepraat is dit oor 'sy-vreemde-gevoel'? Juis hier voel ons onsself eers heeltemal tuis! Nee wat, wat se rare opvattinge het broer Rob en Bos tog! - Mathael, wat dink jy daaroor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205