Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Vraag en beloning

173 Jarah gaan daarmee akkoord en Cornelius pynig sy verstand, maar kan nog steeds niks geskik vind nie.

[2] Na `n verposing val iets hom uiteindelik by en hy sê dan vir Jarah: "Ja, nou het ek tog iets gevind. Ek wou van jou weet wat die son nou eintlik is, en uit watter elemente sy bestaan, omdat sy so `n baie sterk lig en so `n ongelooflike hitte op die aardbodem versprei! Liewe Jarah, as jy my iets daaroor sal kan vertel, sal ek jou, as jy dit wil aanvaar, koninklik beloon!"

[3] Jarah sê `n bietjie ironies: "Weet u, geëerde gebieder, so haal `n mens die verrotte vis uit `n waterpoel, wat `n mens probeer om te suiwer omdat die verrotte vis die water stinkend en onrein en daarom ook ongesond maak! - Is dit duidelik, geagte owerste Cornelius?!

[4] As u te veel skatte het, dan sal u, veral hier in die stad wat deur die vuur verwoes is, baie, baie armes vind wat u nou `n koninklike ondersteuning ten dele kan laat val! Maar ek het van niemand op hierdie aarde watter loon ookal nodig nie, want ek besit alle liefde van die Heer en dit is ook my enigste en grootste loon!

[5] O ja, ek sal u vraag wel beantwoord, ek sal u niks skuldig bly nie. Maar daarvoor laat ek my beslis nie deur u beloon nie, - en op aardse manier glad nie! Dit sou ek werklik één van die grootste sondes vind. Ten eerste sou ek dit van die werklik hulpbehoewende armes afneem, en ten tweede sou ek u die geleentheid ontneem om werklik iets goeds te kan doen, te meer omdat ek self sekerlik geen arm aardse kind is nie. Ek besit miskien selfs stoflike skatte wat u met u hele keiserryk nie sou kan koop nie! Maar dit het ek eintlik net so min nodig as u aangebode koninklike beloning.

[6] Moet egter nie glo dat `n bepaalde hoogmoed hier uit my praat nie, dit is die suiwer en eenvoudige waarheid. Want as ek ook maar die kleinste spoortjie trots sou besit, sou ek nie op hierdie plek langs die God van alle God en die Heer van alle meesters, gesit het nie! En jy, my origens beste vriend Cornelius, sit dan ook langs Hom!

[7] Kyk, mense soos ek, wat `n bepaalde barmhartigheid van die Heer ontvang het, ook al is dit dan altyd en immer onverdiend, moet baie anders as die eintlike natuur- en wêreldmense beoordeel en behandel word!

[8] U dink dat ek as `n jong, nouliks veertienjarig meisie, net so `n ydele aard sou hê as die ander wêreldse meisies, en miskien wel die grootste behae daarin sou skep om koninklike kleding te kan dra. Maar ydelheid lê verder van my verwyder as die kleinste ster, wat u oog vanaf hierdie aarde êrens aan die uitspansel kan ontdek, en dit is tog behoorlik ver weg! Neem daarom u belofte van beloning wat u aan my gemaak het, maar vinnig terug, anders beantwoord ek verseker nie u vraag nie!"

[9] Cornelius sê: "Nou dan, omdat ek met my voorstel so ver misgesit het, neem ek dit ooreenkomstig jou wens graag terug, en dit wat jy my aangeraai het, sal ek doen. Maar gee jy dan uit vriendskap antwoord op my vraag wat ek aan jou gestel het!"

[10] Toe konsentreer Jarah eers goed en sê: " U wil dus nou van my af weet wat die son is en uit watter elemente sy bestaan, omdat sy in staat is om so `n onvoorstelbare sterk lig, en so `n geweldige warmte en hitte op die aardbodem te versprei?

[11] Wel, dit kan ek u heeltemal volgens waarheid uitlê, maar wat sal u daaraan hê?! U kan my glo soos `n blinde iemand glo wat hom van `n blom vertel wat wonderbaarlik mooi rooi is. Sal die blinde ooit in staat wees om homself daarvan te oortuig dat die blom werklik so wonderbaarlik rooi is? Dit sal in die lewe wel moeilik gaan, en in die ander lewe sal die vrye siel hom beslis weinig daaroor bekommer, want daar sal sy sonder meer in één oomblik meer kan aanskou as wat sy hier in vyftig moeitevolle deurleefde jare met alle vlyt geleer kon word."

[12] Cornelius sê: "Liewe meisie, daarmee het jy volkome gelyk! Ek sal my Ad personam meam (persoonlik) wel nooit daarvan kan oortuig van die waarheid van jou uitsprake oor die son, en of dit wel heeltemal klop nie. Maar ek weet nou ook dat jy my in feite nooit iets wys kan maak nie, omdat jy dit wat jy weet, alleen maar deur die Heer weet en kan weet. Daarom kan ek tog alles wat jy my ook maar oor die son sal en kan sê, as `n volkome en onbetwisbare waarheid aanneem!"

[13] Jarah sê: "Wel, goed dan! Ek is egter benoud of u nie tóg u skouers sal ophaal nie! Luister dan!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205