Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Ribar veronderstel die aanwesigheid van die Heer

76 "Kyk, die jongeling het ons, na my mening nie heeltemal sonder rede nie - doof, blind en dom genoem, en ook die esel wat hy vroeër langs ons neergesit het, laat ons eintlik dieselfde sien!

[2] Weet jy, ek glo steeds meer, en veral nou, dat juis die baie gemoedelik lykende Griek die groot Nasarener is! Ek het Hom steeds onder oë gehou en daar is vir my aan Hom nou so veel opvallend, dat ek haas geen oomblik meer daaraan twyfel dat dit Hy is nie! Alle oë, ore en harte is op Hóm gerig. Die magtige, en anders so onverbiddelike, opperstadhouer aanbid Hom letterlik. Die jongeling doen alles slegs op Sy wenk en as Hy iets sê, en wat Hy sê, is helder en vol wysheid! Daarbenewens merk ek dat Hy aan die opperstadhouer ook natuurlike geneesmiddele noem teen die te groot vurigheid van jong vroue. Kyk, dit kan maar net `n geneser doen! Bowendien moes die voordrag wat hy gehou het, so vinnig moontlik opgeskryf word en wel op die wonderbaarlikste manier ter wêreld! Plaas dit alles nou eers netjies in `n ry, dan sal jy self gewis ontdek dat ek nie heeltemal ongelyk sou kon hê nie, en die jongeling ook nie toe hy ons doof, blind en dom genoem het! - Wat dink jy daarvan en wat dink julle almal hieroor?"

[3] Suetal sê: "Weet jy, heeltemal ongelyk kan jy werklik nie hê nie, want nou begin wat dit betref, selfs by my `n liggie te brand! Maar as dit so is, dan het die jongeling ons werklik nie ongeskik behandel nie, want dan is ons werklik so blind dat ons nie die bos vanweë die bome kan sien nie! Maar wag eers, ek sal van nou af aan die Griek beter in die oog hou en dan sal ons gou genoeg sien in hoeverre jy miskien gelyk het!"

[4] Vanaf daardie oomblik hou Suetal My heel opmerksaam in die oog en daarnaas ook die doen en late van alle ander gaste, en hy sê na `n rukkie vir Ribar: "Broer, ek glo dat jy werklik gelyk het: Dit moet ongetwyfeld Hy wees! Want aan alle gesigte kan jy duidelik sien dat hulle Hom sonder meer as die leier van die hele, groot geselskap vereer en dat selfs die opperstadhouer niks durf doen sonder Sy toestemming nie! As hierdie skynbare Griek in werklikheid slegs die naaste en mees wyse vriend van die groot Heer sou wees, soos hy hom eintlik ook aan ons voorgestel het, sou die mense hom in daardie geval dan óók soveel aandag skenk!? As hy hom nie voorheen aan ons maar as `n baie intieme vriend van die groot Heer voorgedoen het nie, dan sou ek hom lankal as die groot Heer begroet het! Maar dit sou tog ook vreemd gewees het as ons die brawe man vir iets anders beskou het as waarvoor hy homself uitgegee het. Jy kan tog met reg van die so van God se gees deurdronge man aanneem dat Hy met ons, argelose Judeërs, geen speletjie sal of wil speel nie!?"

[5] Ribar sê: "Daaroor dink ek weer heel anders, want deur hom teenoor ons as die beste vriend van die groot Heer voor te doen, het Hy ons beslis geen onwaarheid vertel nie, ook al was hy dan die eintlike Heer self. Want weet jy, elkeen ken homself altyd sekerlik die beste en is daarom ook sy eie allernaaste en allerbeste vriend! As iemand nou in `n bepaalde, goeie bui so iets van homself sê, sit daar beslis geen spoor van onwaarheid in nie. Bowendien kan so `n wyse man ook nog wel `n bepaalde, verborge rede hê om homself nie dadelik heeltemal teenoor meerdere mense bloot te lê nie, en later sal ons dit seker ontdek. Kyk maar eers na die wyse Mathael, hoe hy haas elke keer as hy die Griek aankyk, trane van ontroering in die oë kry! Broer, daar is sekerlik `n goeie en belangrike rede daarvoor!

[6] So lyk dit vir my dat ook die groot liefde wat die, origens baie intelligent lykende meisie vir hierdie Griek toon, meer vóór, as téen my mening spreek. Want neem nou eers die werklik meer as hemelse skoonheid van ons jong wonderdoener! Ek dink dat daar oombliklik ontelbare vroue en meisies byna wanhopig verlief op hom sou moes raak!? En tog kyk die meisie skaars na hom, hoewel hy as jongeling talle kere mooier is as die meisie. Maar by die Griek sou sy bepaald in Sy hart wou woon! Ek sê, broer, dit is ook nie sommer nie! Die meisie moet dus `n heel ander rede hê om so verlief op hierdie skynbare Griek te wees. By nadere beskouing kom dit my voor dat die meisie slegs op die goddelike van Hom verlief is en Sy liggaam vrywel buite beskouing laat! Kyk maar eers na haar oë, wat meer van `n sekere eerbied straal as van `n sinnelike liefde, dan sien jy gou dat daar by die meisie geen sprake is van sinnelike liefde nie!"

[7] Suetal sê: "Broer, jy dra jou naam werklik nie verniet nie, want `n visser moet `n skerp oog hê! Vir my val daar nou self wel honderd dinge op waarop ek vroeër nie gelet het nie. Dit dui alles op dit wat jy beweer. Aan ons jongman val daar my nou ook iets op! Hy is nou `n paar maal deur die Griek, wat feitlik sekerlik die groot Heer is, die huis in gestuur. Ek het egter nie gesien hoe hy gaan nie, maar - hy was eenvoudig daar! Sy ‘gaan’ is net soos sy skryf: waar hy wil wees, daar is hy ook al! Broer, dit lyk vir my ook nie normaal nie! As hy nie altyd maar net dít sou doen wat die skynbare Griek hom in `n sekere sin opdra nie, dan sou ek hom haas self as die Heer beskou het. Maar omdat hy altyd maar net dít doen wat hom deur die skynbare Griek opgedra word, kan `n mens hom tog maar net as `n dienaar beskou en nie as `n meester nie! Maar dit is wel uiters merkwaardig hoe ver hierdie jong man dit in die een of ander suiwer goddelike magie gebring het!"

[8] Ribar sê: "Wat jy nou by die jongman opgemerk het, het my al vroeër by hom opgeval. Maar ek het, weet jy, persoonlik ook vroeër by die eet van sy agt visse iets heel vreemds gesien, naamlik dat hy eintlik geen vis op die normale manier met die mond geëet het soos ons nie. Hy bring die vis slegs tot by die mond, - en dit was al! Die vis verdwyn met vel en graat, en so gebeur dit ook met die brood en die wyn! Alles verdwyn op die oomblik dat hy dit by sy lippe bring! Ek het gladnie langs hom op my gemak gevoel nie! Waarlik, ek het heel ongemerk `n paar maal onder die tafel na sy voete gekyk, maar dit was altyd so gaaf en hemels mooi soos ek dit nog nooit in my lewe by `n jong meisie, laat staan by `n jongeling gesien het nie! Dit het my weer gekalmeer en ek sou, as ek my daarvoor nie in verleentheid gehad het nie, sy wonderbaarlik aantreklike, mooi voete met baie vreugde `n eeu lank steeds maar kon bekyk en bewonder het! Voorwaar, as daar nou `n engel uit die hemel sou kom, sou hy onmoontlik op nog mooier voete kon staan!"

[9] Suetal sê: "Kyk, dit is nou weer iets wat my nie opgeval het nie, maar gesien sy verdere, wonderbaarlike skoonheid, sou `n mens haas  kan sê dat hy `n hoër, geestelik wese is - want sy gestalte en sy besondere wonders skyn dit byna uit te basuin! Maar daarby doen hom weer die omstandigheid voor dat hy aan ons as jongste leerling van die groot Heer voorgestel was wat dit al so ver in die goddelike magie gebring het. Dit sê dan egter natuurlik net so veel soos: As hierdie jongste al so baie presteer, wat sal dan die ouer leerlinge nie alles kan doen nie!? By so `n logiese veronderstelling, val die gedagte aan `n hoëre wese in die jongeling vanself weg, want as hy dit tóg sou wees, dan sou die egte, groot Heer ons vroeër duidelik belieg het, en dit kan mens van so `n Man tog nie veronderstel nie! - Wat dink jy daarvan?"

[10] Ribar sê: "Ja, dit blyk wel so te wees, maar in hierdie sfeer lyk dit vir my dat die ou sluier van Isis nog nie voor ons oë weggeneem is nie! As die groot Heer egter dalk tog dít sou wees wat Mathael vroeër oor Hom gesê het, dan sou ook `n engel uit die hemele Sy leerling kon wees! - Het ek gelyk of nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205