Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Maatreëls teen `n geslagtelik losbandige lewe

69 Cyrenius sê: "Heer, indien daar nog `n mens te vinde sou wees met `n gees wat nie so sterk is dat sulke bose geeste wat die liggaam van `n mens in besit geneem het, hulle voor sy wil en woord moet buig nie, is daar dan moontlike natuurlike middele om te gebruik? In elk geval in die mate dat so `n mens dan deur die krag van die woord en die wil van `n mens wat geestelik nog nie so sterk is nie, van sy kwaad bevry sou kon word?

[2] Ek sê: "Die eerste middel op natuurlike gebied is om te vas. `n Mens gee so `n mens slegs éénmaal per dag `n stuk rogbrood van `n half pond en daarby slegs één kruik water. Al om die ander dag kan `n mens hom uiteindelik `n bietjie aalwynsap, afhangende van die natuurlike aard van die besetene, gemeng met een of twee druppels bilsen sap gee. Hierdie natuurlike hulp sal goed werk, maar sal slegs volledig help in kombinasie met gebed en die oplê van die hande in My Naam. Oor die algemeen moet die regter in sulke gevalle in sy hart altyd bedink dat die misdadiger wat hy voor hom het, slegs `n baie afgedwaalde mens is en geen voltooide duiwel nie.

[4] Is `n mens egter hardnekkig in sy losbandigheid en daarby nog onontwikkeld of besete, dan kan `n mens wél `n harde tug op hom toepas.

[5] Verbeter so `n mens sy lewe, en begin hy met ware insig sy sonde te verafsku, dan kan hy ook met meer liefde behandel word. Verbeter so `n mens sy lewe egter gladnie en bly hy sigbaar sy losbandigheid koester - wat so `n geil bok nooit heeltemal kan wegsteek nie - dan kan hy, as dit iemand is wat enige opleiding geniet het, uit die gemeente verstoot word na `n verre, woeste gebied, waar groot ontbering hom wel tot besinning sal bring. As hy sy lewe verbeter, sal dit met hom wel beter gaan - so nie, sal die woeste land hom uitput.

[6] Raak dit `n mens van geringer beskawing, en as nóg die tugtiging nóg die vas iets oplewer, dan kan hy deur `n kundige arts gekastreer word en daardeur kan sy siel gered word. Daar is mense wat hulleself vermink het ter wille van die ryk van God. Derhalwe kan dit – maar slegs in die genoemde geval - nodig wees dat die plaaslike regbank tot kastrasie oorgaan, want in hierdie geval is dit beter om vermink in die ryk van God te kom, as onvermink in die hel! Nou sal jy wel weet hoe alles wat die gevolg is van die vleeslike begeerte, geregtelik behandel moet word! Ek voeg egter nog daaraan toe dat daar in die toekoms slegs so, soos wat julle dit nou van My gehoor het, in gelyksoortige gevalle regspraak gedoen moet word.

[7] Moses het vir sulke misdade steniging en die vuurdood voorgeskrywe, maar dit moet slegs in uitsonderlike gevalle, as afskrikwekkende voorbeeld, aan totaal verstokte sondaars voltrek word. Ek hef die wet van Moses nie op nie, maar gee slegs die raad om só lank in alles met mildheid te handel totdat `n te groot verdorwenheid dit noodsaaklik maak vir uiterste strengheid.

[8] Wees as regters sag en regverdig deur die ware naasteliefde, dan sal julle eendag ook `n sagsinnige en milde, regverdige oordeel ondergaan. Want met welke maat julle meet, met dieselfde maat sal julle ook gemeet word.

[9] As julle barmhartig is, sal julle ook barmhartigheid ondervind; is julle egter streng en onverbiddelik in julle regspraak en oordeel, dan sal julle eenmaal streng en onverbiddelike regters teenoor julle vind.

[10] Bedink by sulke regsake dat siel en gees van die mens heel gewillig en buigbaar is, maar die liggaam is en bly swak, en daar is niemand wat hom kan beroem op die sterkte van sy liggaam nie.

[11] In die eintlike sin van die woord kan daar nou nog geen geestelik wedergeborenes wees nie, want die mense sal eers dán tot die ware en algehele, geestelike wedergeboorte kom as die Menseseun Sy opdragte heeltemal vervul het.

[12] Onthou dit dus en handel daarvolgens!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205