Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die natuurlike son

174 “Wel, die son is ook, net soos ons aarde, `n bewoonbare en ook heeltemal bewoonde wêreld. Sy is slegs duisendmaal duisend keer groter as ons aarde, wat, soos u sien, tog ook nie klein is nie. Maar die lig wat van die groot wêreld afkomstig is, ontstaan nie op die bewoonde son-aarde nie, maar in `n luglaag wat haar heeltemal omgewe met `n spieëlgladde oppervlakte. Hierdie wek in die eerste plek, deur wrywing met die eter wat haar van alle kante omgewe, voortdurend `n onvoorstelbare hoeveelheid onnoemlike kragtige lig-energie op, en neem in die tweede plek, op haar enorme, bolle oppervlak die lig van eons* sonne op en stuur dit weer na alle kante toe uit. (*eon, -s. Onmeetlike tydruimte, onbepaalbare tydperk. VERKLARENDE AFRIKAANSE WOORDEBOEK)

[2] Deur die straling van ons son word hierdie aarde, net soos nog baie ander aardes, wat ons planete noem, verlig en verwarm. Die warmte kom egter nie tegelyk met die lig van die son op hierdie aarde aan nie, maar word eens ter plaatse deur die lig opgewek.

[3] Die lig kom wel van ver af, maar die warmte word eers hier opgewek. Dit ontstaan deurdat bepaalde natuurgeeste in die lug, in die water en in die aarde deur die lig geaktiveer word. Hierdie aktiwiteit veroorsaak dit wat ons dan warmte, en by nog groter aktiwiteit van die vroeër genoemde geeste, as hitte waarneem en ook so noem. Net soos die lig oneindig versterk kan word, so kan ook die warmte en die hitte groter word.

[4] 'Maar', sal u vra, 'wie kan dan op die son self bestaan? Want omdat die lig daar die sterkste moet wees, sal die hitte ook nie daar ontbreek nie!’ Maar dit is nie so nie. Na die inwendige van die eintlike sonhemelligaam dring nouliks `n duisendmaal duisendste deel van die hele ligsterkte van die son deur, en daarom is die oppervlak van die son nie baie ligter en warmer as hier op ons aarde nie, en die skepsele van God kan daarom ewe goed daar bestaan en lewe soos op ons aarde. Nag word dit egter nie daar nie, omdat alles op die son hom in haar eie blye lig bevind.

[5] Nag bestaan dus nie vir die sonbewoners nie, - maar hulle kan ondanks hul ewige dag tog die sterre en die planete, wat saam met ons aarde om die son draai, nog baie goed sien. Dit kom deur die baie suiwer lug wat die son-aarde oor `n afstand van 1200 uur ver na alle kante omgeef. Dit word weliswaar so nou en dan deur dik en baie digte wolke verduister, maar het daarenteen ook weer goeie wolkelose tye en streke, waarby die buitewêrelde baie goed gesien en bestudeer kan word; baie beter as vanaf enige ander planeet.

[6] Die son draai ook om haar eie as, maar nie in ongeveer vyf en twintig uur soos hierdie aarde van ons nie, maar in nege en twintig dae. Daardeur kan die sonbewoners binne daardie tydsverloop die hele sterrehemel te siene kry. Dit geld veral vir die bewoners van die middelgordel, wat volgens my mening miskien wel die mees wyse en mooiste mense van die son is. Die bewoners van die ander gordels toon meer ooreenkomste met die onderskeie planete.

[7] Oor hoe dit binne in die verskriklik groot sonhemelligaam daar uitsien, sê my gevoel my dat daar nog meer hemelliggame soos holle kegels inmekaar pas, en van mekaar geskei kan wees deur afstande van twee-, drie- tot vierduisend uur. Hierdie afstande is egter nie konstant nie, omdat hierdie inwendige sonneliggame wel baie uitsit en dan weer tot die normale grootte inkrimp. Die holle ruimte is gevul met water of ook met allerhande soorte lug.

[8] Wat die redes daarvoor is, kan ek u nie sê nie, want dit weet slegs die Majesteit en Heer van die oneindigheid, wat nou hier langs my sit. As u meer wil weet, moet u uself maar tot hierdie Enige en Enkele wend!"

[9] Cornelius sê: "Baie dankie, liefdevolle en vriendelike kind, vir wat jy my nou vertel het, wat ek van alfa tot omega selfs met my verstand baie goed kan verstaan, want ek het niks onsinnig daarin ontdek nie. Maar hoe ver moet die son dan nie van hierdie aarde verwyderd wees sodat sy vir ons, ondanks die feit dat sy so `n ontsettend groot wêreld is, so klein kan voorkom nie?"

[10] Jarah sê: "Tans het ons op aarde geen maatstaf daarvoor nie. Die Egiptenare het egter wel één daarvoor gehad, en die latere nakomelinge - in Europa en nie in Asië nie - sal weer `n maatstaf uitdink. Maar dit kan ek u wel sê, dat `n pyl, wat vanaf die aarde met alle krag na die son afgeskiet sou word, op hoogste snelheid vlieënd, ongeveer twintig jaar onderweg sou wees voordat hy op die son sou aankom!

[11] U kan dit self uitreken. Meet die tyd wat `n afgeskiete pyl nodig het om duisend treë van `n man af te lê. U sal ontdek dat die pyl ondanks sy snelheid, tog twee momente nodig het om duisend treë van `n man af te lê. `n Uur tyd bevat egter 1800 van sulke dubbele momente; `n dag tel 24 uur en `n jaar bestaan uit 365 dae, soos u wel sal weet. As u dit nou weet en u weet iets van rekenkunde af, sal u gou agterkom hoe ver die son van die aarde af staan! Meer kan ek u nie sê en meedeel nie, want ook al sou ek dit geweet het, dan ontbreek die maatstaf en die eintlike getal my tog! Stel u 40 maal 1000 maal 1000 uur voor, en dan het u die afstand van die aarde tot die son redelik noukeurig!"

[12] Cornelius se oë rek en hy sê: "Nee, dit sou ek nie by hierdie meisie gesoek het nie! Sy bereken die grootste getalle ter wêreld uit haar hoof uit, soos wat ons die klein getalle op ons vingers uitreken! Sy is Euclides, die grootste rekenmeester, al ver vooruit! Nee, so iets het my nog nooit oorgekom nie! Heer, sê U vir my of ek dit alles nou so moet glo! Vir my kom dit in elk geval voor asof die meisie die spyker waarlik op die kop geslaan het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205