|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 64
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die goddelike orde en ons aardse verstand
64 Hebram sê: "Ja en nee! Volgens die gedagtegang van `n mens van hierdie aarde het jy na my mening seker wel gelyk, maar uit suiwer goddelike standpunt gesien, het jy baie ongelyk en is jy dus tog op `n dwaalspoor, want God se planne sien daar heel anders uit as die van ons. Kyk, as ons die sterre aan die hemele sou geplaas het, sou ons dit seker reëlmatiger verdeel het. Maar God, die Almagtige, het dit daarenteen as `n warhoop van liggies aangebring! Waarom het hy die manier verkies?
[2] Bekyk die gras op die velde eers en sien dan hoe die kruie daar deurmekaar heen staan! Waarom is daar geen orde waaraan ons simmetriese gevoel `n wiskundige plesier sou kon hê nie?! Oral waarheen jy jou sintuie kan en wil wend, sal jy by al die geskapene baie meer chaotiese, as op simmetriese wyse geordende sake aantref! En tog moet die Skepper ook `n juiste begrip van die simmetrie hê, want daarvoor vind ons allereers in ons menselike vorm al die oortuigende, duidelik aantoonbare bewyse. Maar as die goeie Skepper sekerlik in staat is om in één opsig die grootste simmetrie te handhaaf, egter andersyds nie die minste rekening daarmee skyn te hou nie, dan moet vir ons, stofwurms, `n totaal onbekende rede daaragter verskuil lê wat maak dat die Skepper aan die een kant die grootste simmetrie, en aan die ander kant die absolute teendeel daarvan aanwend! Waarom is die een jaar dan nie gelyk aan die ander nie, waarom nie die een dag net soos die ander nie?
[3] Kyk, as jy die sake so beskou, moet die sogenaamde simmetriese gesonde menseverstand baie vind wat dit met die behoorlike skerpte van sy heldere verstand sou kon kritiseer. Maar dan kom die groot Heer Self en sê: 'Skoenmaker, jy kan slegs oordeel sover as jou lees strek - maar nie hoër nie!'
[4] Soos wat ons nou in God se groot skepping oral sien dat `n skynbaar ongelooflike, chaotiese wanorde verbonde is met die grootste orde, so sien ek dit ook by die verskillende openbarings van God aan die mense van hierdie aarde. Hy, as die enige Skepper, weet die beste wat in die verskillende tye en vir die verskillende volke die mees geskikte is vir hul geestelike ontwikkeling.
[5] Hy het sekerlik heel wyse redes daarvoor om in die loop van die tyd `n eens gegewe leer net so te laat verwelk soos die tallose kruie en blomme op aarde. Maar die saad wat hom uit die blom ontwikkel, net soos die suiwer, lewende waarheid, verwelk nie, maar leef altyd voort.
[6] As ons egter sien dat die Skepper by al die aan ons bekende, lewe-draende dinge al die tydelik benodigde, en mooie uiterlike na verloop van tyd laat vergaan en uiteindelik alle sorg bestee aan die ontwikkeling van die innerlike lewe, moet ons onsself dan verbaas as ons dit ook sien gebeur met die openbarings?
[7] Sonder `n aardse gesproke woord kan `n nog so `n suiwer leer ons nie bereik nie. Die gesproke woord is egter stoflik en moet uiteindelik wegval as die innerlike, suiwer gees hom ontwikkel het. En so gaan met die verloop van die tye met die uiterlike godsdienste ook die uiterlike glans altyd oor in iets bedenklikers, maar in die plek daarvan ontwikkel daar op die agtergrond stadig maar seker `n suiwer, geestelike krag en waarheid van `n vroeëre openbaring van God aan die mense. - Is dit nie so nie, vriend Risa?"
[8] Risa sê: "Broer Hebram, ek bewonder jou! By God, jy het nou met jou besondere wyse woorde my hele manier van denke verander, en daarvoor is ek jou werklik dankbaar! Dit is soos wat jy dit nou vir my uitgelê het. Hoe ek ookal daaroor nadink, word die geheel nou vir my steeds duideliker! Kortom, jy het alle opsigte van my verstand gewen! Daarvoor is ek jou baie dank verskuldig. "
|
|
|
|
|