Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die eenheid van die ewige lewe

32 Mathael sê: "Hierdie lewensvoorwaardes klink ongetwyfeld minder aangenaam as die mooi verhale oor `n lentelewe fantasie, waarin die lewe rondfladder soos voëls in die lug of soos vlinders en goue eendagsvlieë, wat van blom tot blom dwarrel en uit hul kelke die soete dou opsuig. Daarom kan mens so `n wellustige lewe slegs maar `n verganklike daglewe noem, wat ten eerste nouliks van homself bewus is en daarom ten tweede eintlik ook heeltemal geen lewe is nie. Watter nut sou so `n vlinderbestaan uiteindelik vir die mens hê? Dink tog aan die duur van hierdie lewe! Sewentig, tagtig, negentig jaar is reeds `n hoë ouderdom, dan word die liggaam al swak en hulpbehoewend; slegs één ietwat bose windvlaag en dit is die einde!

[2] Vra egter: Wat kom dan daarna? Wie kan jou die regte antwoord daaroor gee, as jy voorheen gedurende jou aardse lewe nie alles gedoen het om jou hele bestaan `n volledige antwoord te laat wees nie, vóór die bose windvlaag kom?! As jy hierdie heilige antwoord egter in jouself gevind het, sal jy sekerlik ook nie meer aan niemand angstiglik vra: Wat sal hierna volg, as daar aan hierdie kort lewe `n einde gekom het?

[3] Daarom is dit noodsaaklik om nie jou lewenswater vir die liggaam maar altyd in die behaaglike koelte te laat staan nie, maar om dit na die vuur te bring om dit te kook, sodat dit in magtige dampwolke kan opstyg en hom vorm tot `n nuwe lewe. Anders is alles verniet. Laat my woorde nóg so onaangenaam vir jou wees, tog bly die waarheid ewig waarheid - en slegs dáárdeur kan `n mens die ware en volle lewensvryheid bereik, waarsonder geen egte, ewige lewe denkbaar is nie!"

[4] Nou sê Cyrenius op `n baie milder toon: "Ja, ja, beste vriend Mathael. Ek sien nou wel dat jy die volle waarheid besit oor die hele samehang van die lewe en daar is redelikerwys niks daarteen in te bring nie! Jy is in jou sfeer al volledig tuis in die lewe, maar ons is nog lank nie daar nie!

[5] `n Mens wens net dat jy jou lewensleer saamgevat sou hê in `n sekere sisteem, waarmee `n mens die kinders kon opvoed, sodat hulle langs dié weg des te makliker kan bereik wat vir die volwasse man uiteindelik tog nog ietwat te moeilik is!"

[6] Mathael sê: "Wat jy wens, het deels al gebeur en sal nog baie dikwels gebeur! Kyk, die groot en magtige Verlosser wat ons genees het, het alle moontlike voorsorgmaatreëls daarvoor getref. Ons vyf ken nou ook wel die weg, maar dit sou tog baie moeilik wees om alles te bring in `n sisteem vir algemene onderrig, maar vir mense soos jy sou ons in geval van nood dit ook nog kan opklaar! Want vir `n mens, wat hom eenmaal, met alles wat hy doen, op die weg van die waarheid bevind, is bepaald niks heeltemal onmoontlik nie omdat die eintlike, vrye lewe één geheel is, of dit hom nou in God, in `n engel of in `n mens bevind.

[7] Maar natuurlik het jy selfs in die reeds volmaakte vrye lewe nog buitengewoon groot verskille. Want `n lewe, wat nog maar pas van homself bewus geword het, het natuurlik lank nie soveel krag as `n lewe wat homself al eeue gelede waaragtig in sy hele volheid en diepte herken en verstaan het nie. So `n lewe het nou `n meester van die oneindigheid geword en alle hemelliggame met alles wat dit dra, word deur hierdie lewe regeer.

[8] Sover, vriend, sal ons dit uit eie krag ook wel in der ewigheid nie kan bring nie, maar deur die éénwording met hierdie lewe sal ons uiteindelik ook dit asof uit eie krag kan doen wat die groot Ewige Lewe van God kan. Ook is daar bepaalde, volmaakte lewenskragte wat blykbaar direk volg op die Ewige Lewenskrag van God.

[9] Die kragte staan ver bo ons as nog so vry en selfstandige, selfbewuste lewenskragte; ons noem hulle 'engele' (boodskappers). Hulle is besondere verteenwoordigers van die algemene lewenskrag van God. Tog kan ons, deur één te word met God se algemene lewenskrag, op gelyke hoogte met hulle kom.

[10] Maar soveel as wat ons deurgemaak het om dit te besit wat ons nou besit, sal jy nie deurmaak nie en tog sal jy besit wat ons besit, want die siele van hierdie aarde het, omdat hulle reeds op eie grond is, dit in alles baie makliker as diegene wat van `n volmaakter wêreld hierheen gebring is.

[11] Dit is egter nou eenmaal vir alle ewigheid deur God se oerlewe besluit dat juis hierdie nietige aarde die toneel van Sy Barmhartigheid sal word en dat die hele oneindigheid in `n sekere sin nou reeds dadelik in die nuwe orde sal binnegaan en dit daarin sal moet voeg as dit gemeenskaplik sou wou deelneem aan die eindelose saligheid van die Een Lewe van God. Daarom moet mens ook gehoorsaam wees, al kos dit wat!

[12] Helaas, as ons lyding nie hier beëindig was nie, wat ons nou egter stuksgewys en bietjies vir bietjies begin besef, sou `n totale dood vir ons ook baie, baie beter gewees het as `n nog maar enkele dae langer durende lewe waarvan die kwellinge alle beskrywings te bowe gaan, ook al sou ons daarna dadelik binne algehele godsaligheid kon ingaan!

[13] Maar, soos dit vir ons nou steeds duideliker word, het die groot Lewensverlosser ons lyding nog vóór die vasgestelde tyd beëindig en nou eers begin ons onsself meer en meer daaroor te verbly en ons sien nou in dat die Groot Gees van God tans werklik hierdie aarde tot toneel wil maak van Sy erbarming en ook sal maak. Maar helaas ook tot `n toneel van die grootste vervolginge, van hoogmoed, van pronksug en die grootste moontlike vyandigheid teen alles wat geestelik suiwer en die enigste goeie en ware is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205