|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 105
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Verklaring van die drie laaste tekens van die diereriem
105 "Na die tyd van die Weegskaal kom daar `n, sê maar, heel onaktiewe periode. Die kuddes begin meer en meer rus, dit wil sê hulle wei wel, maar spring op die plekke waar hulle wei nie meer so dartelend rond soos in die voorjaar nie. Ook die vrugtebome vertoon nie meer die groeikrag soos in die voorjaar die geval was nie. Die landerye lê braak, en dus het die mense ook `n sekere rusperiode gehad. Hulle sou nog meer van die aangename niksdoen geniet het as die Heer van hemel en aarde hulle nie juis in hierdie rustyd ietwat geprikkel het nie met `n uiters lastig insek wat vernaamlik in Egipte leef.
[2] Direk as hierdie periode begin, sien mens oral die skerpioene te voorskyn kom en teen die middel van hierdie gezapige tyd vermeerder hulle hulself soos vlieë in `n eetsaal. Soos bekend, is `n steek van die stert van hierdie insek nie slegs baie pynlik nie, maar ook baie gevaarlik as mens nie direk na die steek die regte teengif byderhand het nie.
[3] Omdat die ou Egiptenare sowel die skadelikheid as die lastigheid van hierdie diertjie maar al te gou moes leer ken het, kon dit nie uitbly dat die mense na middele soek om hierdie wese ten minste enigermate baas te raak nie. Allerlei bestrydingsmiddele word probeer, maar dit help alles weinig. Uiteindelik ontdek die mense dat die bas van `n struikgewas langs die Nyl, as dit gekook word, deur die damp daarvan die kamers bevry van hierdie stekende parasiet. Ook natgemaakte bas van genoemde struikgewas hou die stekende ongedierte op ‘n afstand van die beddens en die vloer, en dood dit selfs.
[4] Die insek, wat vroeër geen naam gehad het nie, noem die mense toe na hierdie insekverdrywende middel SCORO (bas) PI of PIE (drink) ON (hy).
[5] Met hierdie naam maak die mense die nakomelinge soos met `n resep daarop attent met watter middel mens hierdie plaag die beste bestry. Nog heden ten dage kry ons sowel uit Egipte as uit Arabië en uit Persië `n poeier waarmee mens sonder om die menslike gesondheid ook maar op enigerlei wyse te skaad, nie slegs skerpioene nie, maar vrywel alle ander lastige insekte kan verdelg. Die poeier word, afgesien van enige toevoegings, hoofsaaklik gemaak van die bovermelde bas. - En nou maar weer verder met ons onderwerp!
[6] Sodra die skerpioen hom tydens hierdie rusperiode begin te manifesteer, kom die son onder `n nuwe sterrebeeld van die groot sirkel te staan, en die mense gee dit die naam van die lastige insek wat hom juis in dié tyd die meeste vermeerder en mens en dier se lewe versuur. Hierdie teken word tot op hede nog die minste vereer, behalwe dat die mense dit in ‘n sekere sin eer gee vanweë die werksaamheid van die ou resep teen die lastige insek.
[7] Nadat die skerpioene verdelg is, loop die periode van niksdoen ten einde, en daarby kom ook `n einde aan die onweer/onweders wat in hierdie tyd in Egipte baie voorkom, waarvoor die Egiptenare altyd baie respek gehad het. Hulle sê dan ook: 'Die pyl van Zeus is vinniger en tref sekerder as die miserabele pyle van die mense!'
[8] Na die skerpioentyd begin daar allerlei wild van die berge na die dale af te sak, waaronder ook allerlei soorte roofdiere, hoewel nie die gevaarlikste soorte nie.
[9] Hierdie verskynsel noop die mense, en by name die mans, om die boog te span en op jag te gaan op wild. Konyntjies, hase, gaselle, klein bere, dassies, jakkalse, luiperds, `n aantal giere en adelaars, ook die krokodil en die nylperd/seekoei (Hippopotamus; oud-Egipties: Je pa opata mos = die nylperd begin sy krag te ontplooi) begin hulle te roer en daarom moes die mense noodsaaklik op jag gaan. Daar word ook `n aansienlike premie geplaas op die verdelging van soveel moontlik krokodille.
[10] Dit is hier verder gladnie ter sake om te weet hoe al die jagpartye verloop het nie, maar dit is voldoende om te weet dat omstreeks dié tyd in Egipte alle soorte jag bedryf word, meer is vir ons nie belangrik nie.
[11] Omstreeks hierdie jagperiode kom die son weer onder `n nuwe sterrebeeld in die groot zodiak en dit noem die mense die 'Boogskutter', omdat hierdie tyd die skutters die meeste werk verskaf. Die Boogskutter kry in die loop van tyd ook `n soort goddelike verering, maar dit stel nie baie voor nie, ten minste as mens Apollo nie daarby betrek nie, wat ook as god van die jag vereer was. -
[12] So het ons die Boogskutter nou dus ook gehad en kom ons by die hemelteken wat eintlik die seldsaamste van die groot zodiak is! Kyk nou, `n 'Steenbok', die bewoner van die hoogste rotspunte, glinster in die suidelikste deel van die groot sirkel! Hoe kom hierdie bewoner van die hooggebergte in die groot sterrekring? Ek sê vir julle, net soos alle vroeëre op `n heel gewone manier!
[13] In hierdie laaste periode van die jaar soek al die wild `n keer die dale op om daar `n bepaalde soort voedsel te soek waar hulle natuur behoefte aan het.
[14] Die steenbok was vir die Egiptenare te kosbaar om hom so sonder meer sy stoutmoedige besoek aan die dal toe te staan! Kortom, daar word allerlei wagte uitgesit teen die tyd dat die mense die dier in vroeëre jare dikwels op die eensame weivelde vretend en rondspringend waargeneem het. Sodra daar êrens ook maar één ontdek is, kom, ná die ontvangsein, alles wat maar kon loop op die been.
[15] Dit was egter geen maklike taak om so `n steenbok te vang nie, en dikwels gaan daar `n steenbokseisoen verby sonder dat die mense één in die hande gekry het. As in `n gunstige seisoen egter `n aantal steenbokke gevang is, was dit letterlik `n triomf vir die hele Egipte! Want van so `n steenbok gebruik mens alles as `n wonderbaarlike geneesmiddel, en `n minimale hoeveelheid was al voldoende om alle siektes te genees. Die koning van Egipte beskou die horings as die grootste en kosbaarste sierade, nog waardevoller as goud en edelgesteentes. Ja, in die oertyd is die rykdom van `n Varaon/Farao selfs afgemeet aan die aantal steenbok horings. Later dra ook die opperpriesters vergulde horings as teken van hul buitengewone wysheid.
[16] Omdat die steenbok dus by die Egiptenare so `n groot aansien het, waarvan mens jouself in hierdie land nog heden ten dage kan oortuig, is dit baie verstaanbaar dat die ou Egiptenare hierdie periode waarin hulle besoek van die steenbok kry, in die eerste plek opdra aan hierdie kosbare dier en ook daarna vernoem, asook die sterrebeeld waaronder die son in hierdie periode te staan kom.
[17] So het ons dus nou al die twaalf tekens van die groot zodiak deurgegaan en nêrens iets anders as natuurlike gegewens gevind nie. Daarbenewens het ons ook gesien hoe en op welke wyse al die heidense gode ontstaan het, en dat daaragter slegs maar heel natuurlike sake steek, wat ons nou ken.
[18] Hopelik sal dit verder geen moeite meer kos om die egte God slegs in die regte en ware lig te herken nie. Nooit het die een of ander aan die fantasie ontspruite god iets van al die wonders gedoen wat die mense hom toedig nie. Die weinige, wysklinkende woorde wat die gode by tyd en wyle tot die mense sou gespreek het, is deur die ou wyses die nie-bestaande gode in die mond gelê omdat hulle dit belangrik vind.
[19] Híér is egter dade te sien en woorde te hoor wat niemand vroeër beleef het nie, - en daarmee het ons eindelik `n plek gevind waar ons die ware God deur en deur kan leer ken. Helena en ook u, ou Ouran, sê my nou eers of my uitleg oor die zodiak duidelik was of nie!"
|
|
|
|
|