Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die gevolge van die sonsverduistering

83 Tydens hierdie konsternasie breek die son weer deur vanagter die ander kant van die maan, en die ou opgewektheid kom weer terug in die harte van alle aanwesiges; slegs Cyrenius en ook Julius het tydens die hele verduistering volkome rustig langs My bly staan.

[2] Selfs My leerlinge het ietwat onrustig geword, en Jarah en Josoë het haastig in My skip wat aan die oewer gelê het, gespring en het gebewe van angs. Maar hul angs was meer `n gevolg van die wilde gehuil van die skippersknegte as van die duisternis. Want Jarah en Josoë het baie goed geweet waardeur `n sonsverduistering ontstaan, maar hulle was nie op die wilde gehuil voorbereid nie en daarom het hulle in groot angs op My skip gespring en dring hulle daar so dig moontlik teen My aan. Maar Cyrenius en Julius het intussen die mooi winterse sterrebeelde geniet, wat hulle nog nooit in die somer gesien het nie.

[3] Stadig maar seker word dit steeds ligter, en die ou blymoedigheid neem weer besit van die ontstelde harte van die mense, en die skippers-knegte keer weer terug na hul drie skepe en vra die jongeling om vergifnis omdat hulle hom voorheen so hard bygedam het.

[4] Ook vir die Griek vra hulle om vergewing en die Griek sê: "Wat die geloof voorskryf, moet iemand doen as hy vir homself geen wyser teenargumente het nie. Maar van nou af moet julle geloof meer ontwikkel, dan sal julle insien dat die verhewe gode sekerlik geen mense-offers uit ons hande verlang nie, omdat hulle self tallose middele in hand het om na willekeur honderdduisende mense van hierdie aarde weg te neem. "

[5] Die skeepslui aanvaar hierdie les van ons Griek en belowe dat hulle in die toekoms by `n soortgelyke verskynsel sy wyse les volledig in gedagte sal hou en daarin sal bly. Toe vra die skippersknegte aan die Griek of hy nou sy reis verder wil voortsit of dat hy dink om hier te bly.

[6] Maar die Griek sê: "Sien julle dan nie hierdie magtige jongman nie?! Hy het my gehelp en gered uit julle blinde geloofswoede; die lewe van my en van my enigste dogter is ek aan hom verskuldig. Hy alleen is nou my gebieder, en wat hy sal sê, sal ek ook doen. Sonder sy woord en sy wil sal ek, al duur dit ook tien jaar, geen tree verder reis nie!

[7] Bowendien sê `n goeie, innerlike stem vir my dat ek op hierdie onaansienlike plek nou reeds meer gevind het as in die hele Jerusalem. Daarom bly ek hier. Ek sal nou met die opsigter van hierdie plek bespreek of ek hier kan bly. As dit hier te doen is, laat ek dadelik my lasdiere na die oewer bring en vervolgens al my saamgebringde skatte, en julle kan dan julle skepe weer laat gaan."

[8] Gedurende hierdie gesprek het Ek, Cyrenius, Julius, Markus, die ou opsigter, Jarah en Josoë al op die skip aangekom waar die Griek hom bevind het, en Markus spreek hom dadelik aan en sê: "Vriend! Jy sien, dat `n eerlike gasheer nooit gebrek het aan gaste nie. Kyk, ek is die gasheer van hierdie plek en huisves in my klein hut en in my tente al die goeie gaste wat jy hier sien, maar vir jou is daar ook nog plek as jy hier wil bly!"

[9] Die Griek sê baie vriendelik: "Vriend, ek het slegs `n reghoekige plekkie van dertig treë in die lengte en tien in die breedte nodig. Daar laat ek dadelik my drie goeie en kosbare tente deur my meegenome bediendes opstel, en meer het ek nie nodig nie. Want spys en drank het ek in groot hoeveelhede by my en ek besit baie goud en silwer om nog meer te koop, as die meegenome mag opraak. Ook het ek voer vir my lasdiere en op die wyse is ek dus goed voorsien van al die nodige. Slegs `n plek om dit alles onder dak te bring het ek nie en dit sal ek dus vir enige tyd van jou huur. Wat verlang jy per dag vir die gevraagde ruimte?"

[10] Markus antwoord baie vriendelik: "Ek weet dat alles altyd presies by julle Grieke bereken word, maar by ons Romeine en by die beter Judeërs is dit geen gewoonte nie. Jy kan hier bly solank jy maar wil, en daar sal niks anders van jou gevra word as jou egte en opregte vriendskap nie. As jy daarbenewens iets wil doen vir `n arm, hierheen verdwaalde mens, dan sal dit sonder rekening aan jou goeddunke oorgelaat word. Laat dus maar uitpak en maak dit vir jou so gerieflik soos in `n huis in jou eie stad, want solank as wat jy hier wil bly, staan jou nie slegs jou gevraagde stukkie grond nie, maar my hele nie so geringe stuk grond ter beskikking en op my tafels sal daar ook vir jou gedek wees! - Sê vir my of jy daarmee tevrede is!"

[11] Die Griek sê: "Ja, vriend, daarmee beskaam jy my, en ek bevind my nou in `n groot verleentheid as ek jou groot, baie onbaatsugtige vriendskap in `n sekere sin met niks kan vergeld nie, en ek sal dit nouliks waag om gebruik te maak van jou waaragtige grootmoedigheid!"

[12] Markus sê: "Vriend, jou vriendskap sal tog meer werd wees as alle groot, aardse skatte wat jy by jou het en wat ek nie nodig het nie, omdat ek nou miskien nog groter het as jy, maar nie soseer stoflik nie, dan wel geestelik!"

[13] Die Griek sê: "Dan het jy dus lankal die Een, wat ek en my dogter reeds lank tevergeefs in alle uithoeke van die aarde soek?"

[14] Markus sê: "Wat die hele aarde en alle sterre en die son en die maan jou tans nie kan gee en ook geen tempel en geen orakel nie, dit sal jy hier op hierdie plekkie vind. Laat dus maar dadelik uitpak, want jy is nou al op die goeie plek!"

[15] Die Griek beveel nou dadelik sy veertien dienaars om aan die werk te spring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205