Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 231

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Oor die dood van die Heer

231 "Watter uitwerking sal dit alles in Jerusalem hê? Ons ken die bose invloed van die tempel, die onbegrensde heers- en hebsug en die verborge vyandigheid ten opsigte van die Romeine. As die Heer nou miskien tog ook `n keer na Jerusalem sou gaan - wat uit baie van Sy woorde afgelei kan word- watter gesig sal die tempel en die heerssugtige en van `n luukse lewe houende Herodes daarby opsit?!

[2] Ek is van mening dat dit in alle opsigte `n ontsettende opwinding as `n onvermydelike gevolg sal hê! Dan sal daar óf vuur van die hemel moet reën óf ons sal uit die stad van die verderf moet vlug om nie skandelik gehoon te word nie! Maar sowel dit of iets anders sal baie min help! Want waar die Satan eenmaal sy nes gebou het, word geen duiwe meer uitgebroei nie; soos in die slangkuile geen kuikens uitgebroei word nie. Dan kan jy doen wat jy wil, maar die Satan sal `n Satan bly solank die laaste sandkorreltjie van hierdie aarde sal bestaan. - Wat dink julle daarvan?"

[3] Philopold sê: "Geëerde vriend, jy skyn my ietwat te ver bo ons begrip te gaan! Aan die almagtige en wyse Gees van God sal ek dink, dat dit tog wel alles moontlik sal wees en dus ook die tem van Jerusalem!? Kyk eers na die trotse stad Caesarea Philippi! Waar en wat is sy nou, die trotse, wat haar strate met goud en edelstene begin plavei het?! `n Erbarmelike ruïne sal jy daar aantref! Dink jy dat die Heer dit ook nie binnekort oor die ontugtige Jerusalem sal laat kom nie?

[4] Ek sê vir julle: Oor honderd jaar sal `n mens beslis nie meer die plek kan aanwys waar die trotse Jerusalem gestaan het nie! Laat ons, soos wat Murel sê, maar daaroor ophou, want die Heer sal wel die beste weet wat daar gedoen sal moet word!

[5] Ons sorg is net dat ons self in die lig van die Heer sal bly, die ander sal Hy alleen goed bepaal en op die regte manier reël! - Dink julle beide dan ook nie so nie?"

[6] Mathael sê: "Alles is natuurlik wel so, soos Murel en Philopold nou gesê het. Ek weet nou egter nog iets wat julle beide waarskynlik nie weet nie en dit weet ek uit die mond van die Heer Self, en omdat ek dit weet, praat ek ook op hierdie manier met julle, soos ek gespreek het.

[7] Die Heer as mens, sal eers na Jerusalem gaan, sal daar leer en groot tekens doen. Daardeur sal die tempel baie geskaad word, in groot woede ontsteek en trag om die Heer te gryp en te dood, -`n onderneming van die tempel waartoe hy nou al `n groot lus het. En luister! Die Heer sal Hom deur die tempel laat gryp en liggaamlik laat doodmaak! Dit is Sy hoogste eie woorde.

[8] Maar Hy sal slegs drie dae in `n sekere sin skyndood bly, natuurlik alleenlik liggaamlik, sal dan opstaan en eers daardeur alle kwaad en haar oordeel vernietig. Hy sal al Sy apostels eers daarna die regte mag gee en hulle voorsien van alle krag van Sy Gees, Sy Wysheid en Liefde.

[9] Sy twaalf oudste leerlinge, wat oral van Hom en Sy Wese sal getuig, sal Hy sekerlik in die hele wêreld uitstuur om Sy heilige evangelie te verkondig.

[10] Maar hoe sal dit daarna met ons gaan? Sal Hy ook aan ons iets van die barmhartigheid skenk, hoewel ons nie vanaf die begin getuig het nie? Wel, dit sal sekerlik gebeur! Maar wat sal dan met ons gebeur? Julle twee het dit makliker en kan in sekere sin lag oor alles. Maar ek moet weg, miskien môre of oormôre, ver van hier in die koue streke van die Pontus en ek sal die onbeskaafde volkere daar moet lei en regeer en voortaan nie meer getuie kan wees van alles wat die Heer nog sal leer en doen nie! Wie sal my daaroor vertel en wie sal my kan sê of my leiding van die volkere wel volkome ooreenstem met die goddelike wil?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205