Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die bekentenis van die hooftowenaar

98 Ons RafaEl sê: “Op jou growwe aardse materiële manier kan jy wel gelyk hê; want groot en sensasionele vertonings trek selfs die aandag van die diere uit die bos, wat uit angs daarvoor wegvlug. Dus moet julle groot towerspektakels des te meer op julle volk inwerk, omdat die volk julle taal en spraak verstaan; want kon julle mense self die taal praat en dus ook julle misleidende toesprake verstaan, dan sou hulle by julle skynbaar godsdienstige, met veel bombarie omgewe towerhandelings duidelik netsoos die diere op die vlug geslaan het en uit vrees en angs weggekruip het in die gate, ravyne en gate van die aarde. Maar ek sê nogmaals aan jou dat julle volgens julle blinde idee gelyk mag hê.

[2] Maar waarom het julle uit julle land hierheen gereis om vir ons, wat tog beslis nie op ons agterhoofde geval het nie, julle oerdom wonders en bedrieglike truuks te vertoon? Wat wil julle dan daarmee by ons bereik? Moet ook ons julle dalk uiteindelik aansien as magtige bemiddelaars tussen God en die mense, en glo dat julle waaragtige gode is?! Tuis in julle land, wat groot genoeg is, kan julle tog al sonder meer doen wat julle wil, en julle deur jul blinde volk laat aanbid; maar wat dryf julle na ons, wat wil julle hier met julle bedrieëry bereik? Vir goud, silwer, pêrels en edelstene het julle nie hierheen gekom nie, want sulke skatte het julle immers al in oorvloed. Wil julle ons dalk ook bekeer en laat glo dat julle waaragtige afgesante van God is? Ja, ja, kyk, dit is heimlik julle plan, omdat julle beslis die hele aarde veel liewer het as maar net julle Indië! Maar ek sê vir julle dat julle met die heimlike bedoeling by ons nooit `n voet op die grond sal kry nie, maar dit baie gou swaar te verduur sal hê. Gaan daarom vir hierdie keer nog ongestraf na julle land terug, en waag dit nooit weer om met so `n plan hierheen te kom nie, en maak dit ook tuis nie te bont nie, anders sou ons enigste ware, ewige God en Vader Sy geduld en lankmoedigheid wel eens met julle kan verloor en julle in Sy teregte toorn straf! - Dwase towenaar, het jy my begryp?”

[3] Die towenaar sê: “Lieftallige, wyse jong man! Ons erken dat jy heeltemal gelyk het en dat ons Indiërs baie in die duister lewe; maar daarby is ons tog `n baie gelukkige volk, omdat ons alles het wat die mense op hierdie aarde gelukkig kan maak. Die volk het deur sy vaste geloof nog die voorreg dat dit geen dood verwag en dus ook nie daarvoor bang is nie. Hulle is maar net bang vir `n hoogs ongelukkige toestand van die siel na die dood van die liggaam, wat hulle in die vooruitsig gestel word, indien hulle dit, deurdat hulle hulleself nie aan die wette gehou het nie, verdien het. `n Bewys daarvan dat die volk dit glo en die toestand na die dood vrees, lewer die buitengewone boetedoenings van die Indiese volk, wat dit vir sy moontlike sonde verrig.

[4] Die volk is derhalwe volkome gelukkig as hulle hulleself maar by die voorgeskrewe wette hou. Maar as, volgens ons beste wete en gewete, die volk in natuurlike en geestelike opsig gelukkig is en ons bedrieëry juis daartoe bydra, kan `n moontlike waaragtige, groot, wyse en almagtige God dus nie vir ons kwaadword en Sy toorn oor ons laat kom nie; want Hy kan immers nooit wil dat die mense op hierdie aarde so ongelukkig moontlik lewe nie. Sou Hy egter die manier nie goedkeur waarop ons deur ons slimheid en bekwaamheid die hele volk gelukkig maak nie - en dit vir alle tye, - dan sal dit vir Hom tog nie onmoontlik wees om ons te kenne te gee hoe Hy die Indiese volk gelei en bestuur wil hê nie.

[5] Dat ons by tyd en wyle egter ook ander lande bereis het, het vir ons `n meervoudige goeie doel. Om goud en ander skatte te verdien, reis ons beslis nie, omdat ons ons akkers tuis met goue ploeë bewerk! Julle yster sou vir ons veel waardevoller wees as al ons goud. Ook was ons nie deur `n bepaalde drang gedryf om ons kunste elders te vertoon nie; want ons het genoeg vereerders tuis. Ons wil dus niemand in vreemde lande vir ons godsdiens wen nie; want ons reis nooit as priesters nie, maar as towenaars en wyses uit die verre môreland. Maar ons soek in vreemde lande, omdat ons heimlik by onsself baie goed merk wat ons mis, naamlik maar net daardie Een wat ons priesters self mis.

[6] Ons vermoed wel dat daar êrens `n baie wyse en almagtige God moet wees, deur wie se wil alles wat ons met ons sintuie waarneem, geskape of gemaak is. Ja, ons het selfs deur ons ou wyses te wete gekom dat daar in die verre weste wat die son, die maan en alle sterre opneem, `n volk homself bevind wat voortdurend net met die enigste ware God in verbinding staan, Hom daardeur goed ken en ons sekerlik iets meer oor Hom sou kan en wil vertel. Ons het nou egter al baie ver na die weste deurgedring met ons geheime doel, maar daardie gelukkigste volk van die aarde het ons nog nie gevind nie. Ons ontdek self met ons vermoede dat daar `n God moet wees en met ons truuks, wat jy, lieftallige jong man, hulle noem, tog altyd nog beter daaraan toe is as alle wyses van die vele lande waar ons al deur getrek het.

[7] My allerliefste jong man, ek beken aan jou baie openlik dat ons onder al die duisende en nogmaals duisende wyses waarmee ons al kontak gehad het, nog niemand aangetref het wat wyser was as jy nie. Jou ag ons in staat om werklik kennis te hê oor die enigste ware God, en ons sou dit daarom baie op prys stel as ons van naderby gedagtes met jou kan wissel; want jy was tot op hede nog die enigste wat ons wonders gesien het vir wat hulle eintlik is. Jy het ons in jou jeugdige ywer weliswaar hard aangevat en daartoe het jy ook die volste reg gehad; maar ons het deur die drie tekens wat ons gedoen het, waarmee ons `n proef vir julle afgelê het, en wat aanleiding vir jou was om ons as bedrieërs uit te maak, tog ons geheim gehoue doel bereik, en so was ook ons valse wonders uiteindelik tog êrens vir iets goed.

[8] Mog ons hier in jou die lang en moeisame gesoekte gevind het, dan gee ons jou die volledige versekering dat ons in geen enkele vreemde land meer skynwonders sal doen nie. As dit egter by jou ook nog nie die geval is nie, dan sal ons weer op ons eie manier dit wat vir ons verborge is, waar ookal, verder moet gaan soek, en ons dink dat niemand dan aan ons sal kan sê dat ons verkeerd handel nie. Verkeerd is ons nie, maar verstandig, en dit lê in ons manier van doen dat ons dit in ons soeke meestal ook vind as dit moontlikerwys êrens te vinde is. Lieftallige, wyse jong man, wees nie boos vir ons nie, en veroorloof ons dat ons jou môre weer, maar nie as towenaars nie, maar as soekers na God mag opsoek!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205