|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 133
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die bedelende kinders uit Emmaus
133 Toe ons vlakby die ingangspoort kom, kom sewe bykans naakte kinders van ses tot elf jaar Ons uit hierdie plek tegemoet, wat Ons om brood vra, omdat hulle baie honger was.
[2] Maar Ek sê aan hulle: “Ja, My beste kinders, waar moet Ons dan sommer op straat brood vandaan kry om julle te gee?”
[3] Die oudste kind, `n jong man, sê: “O, beste goeie vader, as U Uself maar oor ons wou ontferm, dan sou U ons ook wel hier brood en klere kan gee! In die stad is brood in oorvloed; maar as ons na iemand toe gaan en om brood vra, jaag die mense ons met stokke weg en gee ons geen brood nie. Maar U en die mense wat by U is, sien so vriendelik daaruit en daarom vra ons U om aan ons brood te gee!”
[4] Agricola sê: “My liewe kinders, het julle dan geen ouers wat vir julle brood kan gee nie?”
[5] Die jong man sê: “Ons het wel ouers, `n vader en ook `n moeder; maar hulle is albei baie siek en kan niks verdien nie en daarom moet ons vir ons en vir hulle gaan bedel om te sorg dat ons en hulle nie heeltemal verhonger nie. O beste vaders, dit is wel baie droewig om so arm te wees! Geen huis, geen brood en geen klere nie!”
[6] Agricola sê: “Waar is jou siek ouers dan, as julle geen huis het nie?”
[7] Die jong man sê: “Daar, aan die anderkant van die stad staan `n ou skaapherdershut, wat aan `n burger van hier behoort; hy gebruik hom nie meer nie, omdat hy `n nuwe gebou het, en hy het ons toegestaan in die oue te woon. Kom u maar met ons saam en oortuig uself van ons groot nood!”
[8] Agricola sê toe: “Maar hier woon tog `n sekere Nikodemus, wat `n goeie vader moet wees! Was julle nog nooit by hom gewees nie?”
[9] Die jong man sê: “Ja, hom ken ons goed en ons het al baie goed van hom gehoor; maar ons durf nie daarheen gaan nie, omdat hy `n veel te hoë en groot meester is. Daar is nog meer sulke groot meesters hier, wat beslis ook baie goeie vaders sal wees; maar van hulle kry ons niks nie, omdat ons nie na hulle toe durf gaan nie.”
[10] Agricola sê: “Ja, maar ons kan ook groot meesters wees, en tog durf julle om ons aan te spreek!”
[11] Die jong man sê: “Daartoe dryf die honger ons en u sien baie vriendelik en barmhartig daaruit! As ons maar vir Nikodemus `n slag op straat kon aantref, dan sou ons hom ook aangespreek het; maar hy is immers meestal in die stad en daar ken ons nie sy huis nie en ons durf ook nie sonder klere in die stad kom nie, want daar sou ons wel iets kon oorkom.”
[12] Ek sê aan die kinders: “Wees gerus, My kinders, julle sal gehelp word! Bring Ons maar na julle siek ouers! Ek sal hulle help en Ons sal ook vir brood en goeie kleding sorg!”
[13] Alle kinders sê: “Ons het elke dag tot God gebid om ons te help en toe ons vanmore weer gebid het, lyk dit asof ons `n stem hoor wat sê: “Vandag nog sal julle gehelp word!” Dit het ons aan ons siek ouers gesê en hulle sê: “By God is alles moontlik; maar by ons sal slegs die dood die sekerste help!” Ons het ons arme ouers so goed ons maar kon getroos en weggegaan om te bedel. En sien, beste goeie vaders, ons het nie verniet gebid nie, want die groot, heilige en liewe Vader in die hemel het u na ons toe gestuur! O, ons moet nou dadelik, voor ons nog `n stap terugwaarts na ons ouers neem, die liewe Vader in die hemel dank dat Hy Hom so barmhartig oor ons ontferm het!”
[14] Toe kniel die kinders neer en bid met hulle hande opgehef na die hemel: “O groot, liewe, goeie, heilige Vader in die hemel, ons dank U dat U ons uit ons groot nood gehelp het, deur vir ons hierdie vaders te stuur! Neem ons dank barmhartig aan, liewe, goeie, heilige Vader!”
[15] Toe staan hulle op en vra Ons om hulle te volg.
[16] Diep ontroerd deur die kort dankgebed van die kinders, gaan Ons agter hulle aan en bereik weldra die vroeër genoemde hut, wat hom onder `n ver oorhangende rots bevind. Daar aangekom, tref ons die twee ouers aan, gehurk teen mekaar leunend, op die kaal grond en byna tot op die been vermaer.
[17] Toe Agricola die groot ellende sien waarin hierdie twee mense hulle bevind, sê hy verontwaardig: “Nee, so-iets vind jy nie by ons heidene nie, wat die naam het om hard en onbarmhartig te wees! Het die trae Judeërs dan nie eers die tyd om so nou en dan net om hom hulle heen te kyk of daar geen mense is wat in die ellende sit en hulp nodig het nie? Daar is tog ook herders in die omgewing; kan hulle dan nie `n slag kyk hoe dit hier met die mense gaan nie, want hulle moet hierdie kinders tog gereeld genoeg in en uit sien gaan? Ag, soveel gebrek aan gevoel het ek nog nooit meegemaak nie!”
[18] Ek sê: “Weet jy, vriend, Ons sal hierdie mense nou eers help en dit dan eers verder bespreek!”
|
|
|
|
|