Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die oorloë van JaHWeH

19 (RafaEl): “Netsoos wat die sewe geeste, of spesiale eienskappe in God, hom op daardie punt as te ware in `n voortdurende stryd bevind, sodat die een ook die andere steeds tot aktiwiteit uitdaag, so kan jy op min of meer gelyke wyse dieselfde stryd ook baie maklik in alle skepsele van God waarneem.

[2] Die liefde as sodanig is blind in haar strewe om alles na haar toe te trek. Maar in die strewe ontvlam sy en ontstaan daar lig en daarmee begrip en insig in haar.

[3] Sien jy nou nie hoe die lig teen die op haarself staande strewe van die pure liefde stry en haar tot orde en besinning bring nie?!

[4] Deur hierdie stryd of oorlog ontwaak egter die wil terselfdertyd as werkende arm van die liefde en haar lig, wat daardie een wat die lig wys georden het, ten uitvoer bring.

[5] Dan word uit die insig van die liefde deur haar lig en deur die krag van beide, die orde ook terselfdertyd te voorskyn geroep en hierdie stry verder teen al die onordelike van die lig en van die wil van die liefde, en daarin vind jy weer `n ewigdurende oorlog van JaHWeH, in Hom sowel as in alle skepsele.

[6] Dit sou so alles wel goed gewees het, as mens maar daarvoor kon instaan dat daardie een wat die vier geeste, al is hulle hoe mooi georden, ten uitvoer bring, reeds daarmee sou standhou. Maar alle werk van die eerste vier geeste, al is dit hoe pragtig, lyk nog sterk soos die spel van kinders, wat weliswaar met baie lewenslus en plesier baie dinge heel meesterlik georden ten uitvoer bring, maar na`n kort tyd geen plesier meer in hulle produk het nie en dit dan nog yweriger verniel as wat sy dit eers gemaak het. En egte vriend, so sou dit daar met die voortbestaan van al die geskapene nog heel kwalik uitgesien het!

[7] Om dit egter te voorkom, verhef daar uit die vier geeste, en wel as gevolg van die groot voldoening oor die volledige welslae van die werk, die erns as vyfde gees in God asook in Sy skepsele, en hierdie gees stry dan voortdurend teen die verwoesting en vernietiging van die eenmaal ontstane werk, net soos `n verstandige en ernstig geworde mens ook, wat byvoorbeeld `n huis vir homself gebou het en `n wingerd aangelê het, alles sal doen vir die onderhoud en die gebruik van die huis en die wingerd, maar nie om die huis en die wingerd weer byvoorbeeld so vinnig moontlik te verwoes nie, netsoos wat ek jou dit vroeër by die ontstane werk van die kinders laat sien het. En sien, dit is - netsoos reeds gesê - alweer `n oorlog van JaHWeH!

[8] Maar die geboude huis vertoon mettertyd tog nog gebreke en die wingerd wil nog steeds nie die gewenste oes oplewer nie en die bouer betreur die moeite en die erns waarmee hy ywerig aan die werk gegaan het en hy sou daarom alles wil vernietig en iets heel anders en nuuts in die plek daarvan wil opbou; maar dan tree die sesde gees op teen die erns en hy heet - netsoos reeds gesê - geduld. En kyk, hy sorg dan daarvoor dat die huis en die wingerd behoue bly! En dit is alweer `n nuwe oorlog van JaHWeH!

[9] Wel, die geduld op homself sou egter, ook al is hy verenig met die ander geeste, nóg aan die huis nóg aan die wingerd spesiale verbeterings kon aanbring, maar alles net so mooi laat soos wat dit was, maar dan kom die sewende gees, wat die barmhartigheid, die sagmoedigheid, sorgsaamheid, vlyt, liefdadigheid en vrygewigheid in homself het. En sien, die mens verbeter sy huis dan so goed, dat daar geen gebreke van enige betekenis meer daaraan te vinde is nie, en hy spit en bemes die wingerd, sodat dit baie gou `n ryk oes vir hom oplewer! En sien, dit is dan weer `n stryd of `n oorlog van JaHWeH in die mens netsoos in God en in die engel!

[10] En so is die ware, volmaakte lewe in God, in die engel en in die mens voortdurend `n stryd van die sewe geeste, wat ek jy nou laat sien het. Maar hierdie stryd is sowel in God as in die engel nie sodanig, dat één van die sewe geeste daarna streef om die ander geeste te onderdruk en werkeloos te maak nie, maar die stryd is daar ewig op gerig dat die een gees die andere steeds met al sy krag en mag ondersteun, sodat elke gees dus volkome in die ander aanwesig is. En so is die liefde in al die ander ses geeste aanwesig en eweneens die lig of die wysheid in die liefde en in die ander vyf geeste en so verder, sodat in elke gees ook alle ander volledig werksaam en aanwesig is en mekaar voortdurend in die mooiste harmonie ondersteun.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205