Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die skuld van die towenaars

104 Die hooftowenaar sê: “Ja, dit begin my nou `n bietjie te pla; maar voortdurend kom die vraag by my op, waarom ons al hierdie verhewe en goddelik ware sake met instemming van die enigste, ware en beslis alwetende God nie reeds lankal as `n openbaring gekry nie. Sedert onheuglike tye smag ons reeds in ons nag en groot duisternis, en ons het dit wat ons nou gevind het, tog altyd gesoek. Ons is tog ook mense, en het God onder die veelseggende naam Delailama (skep en vernietig) ( Afr Vertaler: DaliLama) ook altyd aanbid en vereer en het nie die leer van Zorouasto aangeneem nie, en tog het ons as priesters nooit enige openbaring gekry nie. En dit was dan ook die oorsaak, dat juis ons, priesters, alle geloof verloor het, hoewel ons die volk voortdurend vas laat glo het. Wat was dan die eintlike rede daarvoor? Lê daar dan al van oudsher `n sekere geheime vloek op ons, of het ons, sonder om dit te wil, self die skuld daarvan, of was dit die skuld van ons klimaat?”

[2] RafaEl sê: “Nog die een of ander ou vloek en netso min julle klimaat, maar net julleself! Nie net éénmaal nie, maar baie gereeld en vele keer is daar by julle mense gewek om julle daarop te wys dat julle jul op die verkeerde weg bevind. Wat het julle egter met die mense gedoen? Julle het hulle as ketters van julle dom leer verdoem en as julle hulle gegryp het, was geen marteldood gruwelik genoeg om hulle as afskrikwekkende voorbeeld uit die wêreld te help nie. Die rede daarvoor lê in julle onbegrensde hoogmoed en julle onversadigbare heerssug.

[3] God, die Heer van die oneindigheid wou Hom aan julle openbaar, sodat julle dan, as julle dit sou glo, die openbaring druppel vir druppel aan die volk kon bybring, dus in één uur net soveel as wat julle in één oomblik vir `n volle millennium ontvang het. Maar God was gladnie daarmee eens nie en het julle in plaas van die lig uit die hemel die duisternis van die hel gegee, waarin julle julleself vir die allergrootste deel nog bevind. En die skuld daarvan lê by niemand anders as slegs by julleself nie!

[4] Want God is in Sy oerwese Self die hoogste en suiwerste liefde. Hy is in die allerhoogste graad vriendelik, deemoedig en lankmoedig, en vol geduld, sagmoedigheid en erbarming. Hy verag alles wat maar na wêreldse praal lyk. Die hoogmoed van die mense is vir Hom `n gruwel en die heerssug is oral aanwesig in die hel, waaroor julle die volk ontsettend baie slegte dinge voorgehou het; want ook in die hel wil elke slegte gees heerser wees, omdat die duiwels in die hel nie sonder leuens, bedrog, hoogmoed en heerssug kan bestaan en geen lewe het nie. Vra jouself nou eers af of dit by julle ooit anders was! Omdat dit egter so was, hoe kon daar dan ooit by julle `n goddelike openbaring plaasgevind het?!

[5] Julle dink weliswaar in die wêreldse blindheid van julle goeie lewetjie dat `n God Homself, as die Allerhoogste wese, maar net kan openbaar aan die ingebeelde allerhoogste heersers van hierdie wêreld; want die waarde van iemand uit die volk ag julle veel laer as die van `n dier. Maar daarmee vergis julle jul deeglik; want God is juis die deemoedigheid, die sagmoedigheid, die geduld, die ewige liefde en die erbarming Self, en is altyd maar net diegene toegedaan wat net so is as wat Hy Self van ewigheid was, en Sy ewige, heilige spreuk lui: “Laat die kleintjies en geringes na My toe kom; want vir hulle is die hemelryk, die ryk van die liefde, die wysheid, die waarheid en die ewige lewe!”

[6] En sien, dit het die geringstes uit die volk julle nog vanaf die brandende houtstapels verkondig, en julle het hulle daarvoor die monde met klip toegeslaan, of, as hulle hulleself nog in julle hande in die kerkers bevind het, het julle, in plaas van om na hulle te luister, hulle tonge met gloeiende tange uit hulle monde geskeur! Sê eers wat God dan nog meer vir julle moes gedoen het, as julle in julle onbegrensde heerssug so omgaan met een wat God vir julle, blindes, gewek het! Hoeveel duisende is daar nie meer as gruwelik deur julle gemartel nie, wat, netsoos gesê, God vir julle gewek het, en julle durf nog vra hoe dit gebeur het dat julle nou eers die Verborgene hier gevind het, - weliswaar tot nou toe nog maar ten dele!

[7] Lees jou geskiedenis en jy sal volkome na waarheid dit bevestig vind wat ek nou vir julle gesê het! Maar sê daarna: “O groot God, vergeef ons ons grenslose blindheid, omdat ons altyd hels teen U gesondig het! Ons alleen is skuldig aan ons langdurige blindheid! Gee ons nou U lig, sodat ons U, o Mees Heilige, mag vind!”; dan sal die Heer julle sonde vergewe en barmhartigheid vir reg laat geld! - Het julle my goed begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205