|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 220
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Oor glo en sien
220 (Die Heer): “Op daardie oomblik ontneem Ek die raadsheer die innerlike gesigsvermoë en hy sien geen gees meer nie. Maar toe vra hy My vol angs waarnatoe die geeste nou gegaan het, omdat hy geeneen meer kon sien, hoor of spreek nie.
[2] Ek sê: “Hulle is nog net so daar as netnou; maar jy kan hulle nou nie meer sien, hoor of spreek nie, omdat jou siel nog te veel één is met jou vlees en nog gladnie verenig is met God se Gees in haar nie. Maar as jy daarna gaan strewe om jou te verenig met die gees in jou, sal jy ook altyd die geeste wat hulle om jou heen bevind, kan sien, hoor en praat. - Het jy dit goed begryp?”
[3] Die raadsheer sê: “Ja wel, - maar dit voel vir my nou netsoos iemand wat dronk is, wat ook soms baie helder van gees is en dadelik daarna ook weer baie dom is en sê: Ek sal jare daarvoor nodig hê voordat dit vir my heeltemal duidelik sal wees!”
[4] Ek sê: “Wie ywerig soek, sal ook vind wat hy soek. Maar `n mens kan homself - netsoos dit in die algemeen maar al te gereeld gebeur - gedurende sy hele lewe afsloof en so sy liggaam en meer nog sy siel bederf; maar omgekeerd kan hy hom ook baie inspan tot ewige voordeel van sy siel.
[5] Wanneer die mense soveel oor het vir hulle liggaam, wat na `n kort tyd sal sterf, - waarom dan nie des te meer vir die siel nie, wie se bestemming dit is om ewig te lewe? Wees ook jy daarom voortaan werksamer vir die welsyn van jou siel as vir die welsyn van jou liggaam, dan sal dit wel ligter en helderder in jou word!” -
[6] Almal was tevrede met hierdie les en loof My wysheid.
[7] Cyrenius sê egter aan My: “Heer, waarom mag ook ons nie die geeste wat my raadsheer gesien en gespreek het eintlik sien en met hulle praat nie?”
[8] Ek sê: “Niemand van julle is so ongelowig soos die raadsheer nie. Vir hom was `n tasbare bewys noodsaaklik. Hy glo nou omdat hy die onteenseglike rede van sy twyfel gesien het. Maar dit is geen verdienste van hom dat hy nou voortaan nie moeisaam in homself hoef te soek na die bewys, dat die siel verder leef na die afval van die liggaam nie.
[9] Maar wie nie gesien het wat hy gesien het nie, glo wat Ek hom sê en geloof is heilsamer vir die siel as sien, omdat die siel hom in die geloof vryer beweeg as in die sien. Ek ken jou geloof en weet dat die werk wat jy My sien verrig, vir jou reeds as `n absolute bewys dien vir die algehele waarheid van wat Ek sê; en daarom sou dit geen enkele sin hê om nog vir jou die oorledenes te laat sien nie, sodat hulle jou kan vertel dat Ek die waarheid tot julle spreek.
[10] En wanneer jy deur jou inspanning vol egte geloof sal wees, sal jy ook vanself tot die ware en vrye beskouing kom, wat jou siel dan nie meer dwing nie. Sien, dit is die goeie rede waarom julle nie dit mag sien wat die raadsheer, wat vol twyfel sit, wel gesien het nie!”
[11] Toe Cyrenius en die vele ander gaste dit van My verneem het, bedank hulle My baie vir hierdie uitleg en was daarna egter bly dat hulle nie die verskyne geeste gesien en met hulle gepraat het nie.
[12] Omdat dit intussen aand geword het, word die lig aangesteek en word Ons meegedeel dat die aandmaaltyd in die groot eetsaal opgedien was. Cyrenius gaan staan om alle aanwesiges uit te nooi om aan die aandmaaltyd deel te neem. Maar sommige raadshere verontskuldig hulle deur te sê dat hulle dit tuis eers moet meedeel, omdat mens andersins met die aandete op hulle sou wag.
[13] Maar Ek sê vir hulle: “Gee gehoor aan die wil van Cyrenius! Julle familie is reeds daarvan in kennis gestel dat julle nou hier as gaste genooi is!”
[14] `n Raadsheer vra: “Wie het ons families dan in die korte tyd hiervan op die hoogte kan bring?”
[15] Ek sê: “Presies dieselfde Een wat in staat was om die storm op see te laat bedaar! Bly daarom en glo dat dit so is!”
[16] Na hierdie woorde bly almal en gaan Ons na die eetsaal. Daar was `n spesiale tafel waarop vir My, Josef en Jakobus en ook vir die Griek Anastocles baie goed bereide Judese spyse gestaan het en `n voortreflike wyn.
[17] Toe Josef die spesiale aandag vir Ons opmerk, sê hy aan Cyrenius: “Maar, hoë vriend en gebieder, waarom tog vir Ons weiniges die spesiale aandag? Ons immers ook goed tevrede gestel gewees het met die spyse wat julle Romeine neem!”
[18] Cyrenius sê baie vriendelik: “Vriend, ek ken jou nog van Ostrasine en weet dat jy jou streng hou aan julle Judese wette, en daarom was dit nou ook my plig om so vir julle te sorg, dat julle gemoed nie daardeur benoud word nie. Maar ons Romeine is gewoond aan ons spyse, wat in die aand meestal bestaan uit die vlees van diere wat julle nie eet nie; voel jou dus nie beswaard, dat ek vir julle spesiale spyse laat berei het nie!”
[19] Dit stel Josef gerus, en Ons neem plaas aan Ons tafel. En die Romeine neem plaas aan die groot tafel, maar so, dat Cyrenius baie naby naas Ons sit om tydens die maaltyd oor verskillende dinge met Ons te kan praat.”
|
|
|
|
|