Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die vermanende woorde van die Heer aan die noordse jeug. Oor die engele. Hemel en hel. Die wese van die innerlike geestesoog

169 Hierna loop Ek `n stukkie verder na die vyeboom, pluk `n aantal vye en eet dit op. Vervolgens besoek Ek die jeug, wat juis rustig besig was met die eet van brood en heerlik vrugte. Toe hulle My sien, staan almal op en betuig My op hartlike wyse hulle dank vir alle goeie gawes wat hulle ontvang het.

[2] Sommiges wil My baie presies vertel wat hulle van My lesse en dade al alles begryp het, en die sewe wat op die Olyfberg `n tydjie by My was en wat Ek die gawe gegee het om die Hebreeuse taal te verstaan en ook te spreek, begin luid te getuig dat Ek die Heer van hemel en aarde was en dat hulle dit ook al aan hulle metgeselle oorgedra het.

[3] Ek prys hulle en raai hulle aan om daardie geloof getrou in hulle harte te bewaar, en hom in die groot wêreldstad Rome, waar hulle hulleself weldra sou bevind, veral nie deur die groot wêreldse prag, die hoogmoed, die afgode en die verleidings te laat bekoor nie, maar in alles nougeset die lesse en waarskuwings van die Romein op te volg wat hulle almal, soos `n ware vader sy kinders, reeds binne `n paar dae saam na Rome sou neem. As hulle hulle in alles kuis en behoorlik sou gedra, sou Ek Self buitengewoon veel genoeë aan hulle beleef en hulle allerlei gawes gee.

[4] Maar hulle moes ook steeds voor oë hou dat Ek alsiende en alwetend is en dat Ek selfs elke gedagte ken, wat `n mens êrens nog so verborge in homself dink. Dit moes hulle altyd daarvan weerhou om iets teen die wette in van die ware lewensorde te doen; want netsoos Ek elke mens wat rein van hart is, graag allerlei moontlike gawes uit die hemel gee, moet ook elke oortreder van die wyse wette van die ware lewensorde My tugroede vrees.

[5] “Tot nou toe was julle”, sê Ek verder aan die jongeres, “so rein soos My engele in die hemel, en dit was ook die rede waarom Ek julle Self uit die harde bande van die slawerny bevry het. Bly egter ook in die vervolg so rein, dan sal My engele julle begelei en teen alle teenspoed beskerm, en hulle sal julle voorgaan en lei op die lewensweë wat na My hemel lei! - My liewe kinders, het julle dit goed begryp?”

[6] Toe sê almal, veral die sewe eerstes: “O liewe Vader en Heer, dit het ons nou baie goed begryp en ons sal ons ook nougeset daaraan hou! Maar hoe sien U engele dan daaruit en waar is U eintlike hemel?”

[7] Ek sê: “Kyk, die skynbare jong man wat julle tot nou toe in My Naam versorg het, is één van My vernaamste engele! Hy het hier terwille van die mense wel `n liggaam; maar dit kan hy oplos, sodra hy maar wil. As hy dit doen, sterf hy nie daardeur nie, maar leef as suiwer gees netsoos Ek ewig verder en skep en werk. Netsoos hierdie kragtige en magtige engel waaroor Ek spreek nou hier as die enigste is, so is daar in My hemel nog ontelbaar baie.

[8] Omdat julle egter ook gevra het waar My hemel hom bevind, sê Ek julle: My hemel bevind hom oral waar vrome, suiwer en goeie mense en geeste is. Hierdie hele sigbare ruimte, wat nêrens eindig nie, is die hemel sonder einde of begin, maar slegs vir goeie mense en geeste. Waar egter bose mense en geeste bly, daar is die ruimte geen hemel nie, maar `n hel, wat die oordeel is en die ewige dood, wat hom in hierdie wêreld vertoon as materie, welke op homself ook `n oordeel is en dus dood is.

[9] Wie derhalwe alleen aas op die skatte van die wêreld, wat suiwer materie, oordeel, hel en dood is, gaan daardeur ook met sy siel in die dood. Alle bose geeste hou hulle dan ook merendeels op in die materie van hierdie aarde; die goeie en rein geeste bewoon steeds die suiwer ligruimtes van die vrye eterruimte.

[10] Omdat julle, My liewe rein kinders, julle daarvan ook `n blywende voorstelling kan maak, sal Ek nou vir enkele oomblikke julle innerlike geestesoog open, omdat julle tog al `n besondere aanleg daarvoor het, en julle sal dan as te ware vanaf hierdie aarde in My hemel kyk!”

[11] Toe vra één van die kinders nog: “O, liewe Vader en Heer, wat is dan die innerlike geestesoog?”

[12] Ek sê: “Kyk, kinders, as julle slaap, is julle liggaamlike oog gesluit, en tog sien jy in jou helder droom allerlei wonderlike streke, mense, diere en bome, blomme, struike en sterre en nog allerlei ander dinge helderder en suiwerder as wat jy die dinge van hierdie wêreld met jou liggaamlike oë sien! Kyk, alles wat jy in jou droom sien, is geestelik, en sien jy met jou innerlike geestesoog. As jy egter wakker is, is en bly jou innerlike geestesoog gesluit, en geen gewone mens kan dit, netsoos die liggaamlike oog, na willekeur open nie, - wat Ek om `n baie wyse rede so ingestel het!

[13] Maar Ek kan, as Ek wil, by elke mens ook op elke oomblik die innerlike oog open, en dan kan hy die geestelike en natuurlike tegelyk sien, en dit sal Ek nou ook by julle doen as `n ervaring wat vir altyd in julle siele ingeprent moet bly. En dus wil Ek dat julle My hemel sal sien!”

[14] Toe Ek dit gesê het, sien almal ook reeds ontelbare engele om hulle heen, wat baie vriendelik met hulle spreek en hulle tot die goeie aanspoor. Terselfdertyd sien hulle egter ook, asof hulle deur die materie van die aarde heenkyk, `n aantal lelike, ongelukkige wesens, wat maar net daarop uit was om hulle steeds dieper in die materie te verskans en te begrawe. Ook sien hulle in die eterruimte pragtige landskappe en hier en daar selfs skitterende en wonderbaarlik mooi geboue, - waaroor hulle baie verbaas was. In die streke word hulle ook deur engele in die gees rondgelei, wat hulle baie laat sien en ook uitlê.

[15] Na `n rukkie roep Ek almal egter weer in hulle aardse bewussyn terug en vra hulle hoe dit hulle alles geval het.

[16] Maar hulle kon geen woorde vind om te beskryf wat hulle daar alles aan wonderlik moois gesien het; en veral die vroulike deel vra My of Ek hulle nog `n tydjie die hemelse skoonhede wil laat sien.

[17] Maar Ek sê aan hulle: “Solank julle nog in hierdie wêreld moet lewe - terwille van die wilsvryheid, sodat julle eers vrye en selfstandige geeste kan word, - is dit wat julle nou gesien het, volkome voldoende; want dit sal `n groot geesdrif in julle wek om volgens My leer en My gebooie te lewe en te handel.

[18] As julle heeltemal volmaak sal wees in die vervulling van My wil, sal julle in dié lewe nog die eienskap verkry, julle innerlike geestesoog en ook julle innerlike geestesoor volledig te beheer.

[19] Waaruit My leer en My wil vir die mense van hierdie aarde egter bestaan, dit het julle reeds ten dele gehoor, en eers in Rome sal julle van die Romein al die orige verneem. Wanneer julle in alles goed onderrig sal wees, dan kan ook julle die mense onderrig, wat julle sal vra watter geloof julle het en volgens welke leer julle lewe, en waarom.

[20] Nou kan julle baie gou vertrek en julle deur My engel na die dorp laat bring en wel na die herberg! Daar kan julle dan onderling bespreek wat julle nou alles gehoor en gesien het, en My engel sal julle baie uitlê van dit wat julle nog nie met julle verstand kon begryp het nie!”

[21] Daarop bedank almal My weer, en Ek gaan terug na die vroeëre geselskap wat hulle voor die heuwel bevind.

[22] Toe Ek daar aankom, vra Lasarus My wat die jongeres aan die ander kant van die heuwel nog doen, en of hulle miskien dadelik van daar af na die Olyfberg gebring kon word.

[23] Ek sê: “My beste vriend, Ek het al vir alles gesorg en hulle My opdragte gegee en daarmee het Ek jou van jou sorg onthef! Want hoewel goeie mense vir hulle naaste ook baie goed sorg, sorg Ek lank vooraf; en as Ek geen voorsorge sou tref nie, sal die hele wêreld baie gou uit sy voeë gaan. - Maar laat Ons nie verder daaroor praat nie, want daar sal dadelik iets anders homself voordoen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205