Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die arbeidsveld van die apostels en die kinders van God aan die anderkant

129 In die tente rus Ons almal goed uit, en die nuwe dag begin met `n helder oggend. Ek en Petrus, Johannes en Jakobus staan al ruim `n halfuur voor sonsopgang op en aanskou die natuur wat uit haar slaap ontwaak. Die voëls was al druk besig en begroet die weldra opgaande son met hulle veelsoortige gesang; in die ooste pryk rosige wolkies met goue rande; die toppe van die hoë berge gloei, en uit die dal van die Jordaan styg wit newels geleidelik aan op. Ook `n swerm baie ordelike vinnige kraanvoëls kom uit die rigting van Galilea, maar buig weldra na die weste om; want die geur van die Dooie See, wat nog geweldig damp, dwing die skerpsinnige lugdiere om na die weste te vlieg, in die rigting van die see. En so was daar nog `n aantal taferele en verskynsels wat `n mooi herfsmôre begelei, waarvan die laatslapers niks gesien het nie, omdat hierdie dinge gewoonlik net te sien is voordat die son opkom.

[2] Johannes sê opgetoë oor die pragtige môre: “Heer, sal daar eendag in U hemel ook sulke pragtige oggende wees?”

[3] Ek sê: “Wel nie sulke nie, maar daar sal die oggende nog onnoemlik heerliker wees en langer duur; want hierdie oggend kan jy nie verleng nie, - maar die hemelse kan en sal dit `n ewige wees. Want Ek sê vir julle wat Ek julle al gereeld gesê het: Geen vleeslike oog het ooit gesien en geen hart het ondervind wat God alles vir hemelse vreugde berei het vir hulle wat Hom liefhet nie. Julle sou in hierdie aardse toestand nie in staat wees om ook maar die geringste daarvan te verdra nie; maar as My Gees julle eenmaal heeltemal deurdring het, dan sal julle wel in staat wees om ook die oggend van My hemel met uitbundige geluksaligheid te verdra!”

[4] Johannes sê: “Heer, sal ons ook in die hemel hierdie aarde te siene kry?”

[5] Ek sê: “Nie net hierdie een nie, maar nog eindeloos veel ander; want julle, as My kinders en liggaamlik gesien My broers, gaan die hele oneindige skepping saam met My regeer en sal natuurlik moet sien wat jy regeer!”

[6] Johannes sê nog: “Heer, watter geeste regeer dan nou in U opdrag die oneindigheid van U skeppings? Dit is duidelik dat U die hoof- en oerregeerder is; maar aan U sy staan, netsoos onse RafaEl, tallose legioene baie magtige engele. Hulle is die, wat U by die versorging van U eindelose skeppings volgens U wil dien, of is daar nog oneindig veel meer? Wat sal hulle dan doen as ons eenmaal die barmhartigheid ontvang om aan U sy die oneindige skepping te versorg?”

[7] Ek sê: “O My liewe Johannes, jy weet nog maar weinig van die dinge van God se ryk en jy is nog eg kinderlik daarin! Is die gees van My Vader wat in My is, dan nie die regeerder van ewigheid tot ewigheid nie? Alle engele is vervul met hierdie gees, wat oral alles in alles is en moet wees! As julle volmaak is, kan julle dalk deur `n ander gees as die van Myne volmaak word?

[8] Kyk, daar is wel oneindig veel geskape siele; maar alle volmaakte siele word slegs deur één gees deurdring en het daardeur die ewige lewe, die wysheid, liefde, mag en krag en kan daardeur dan netsoos Ek werksaam wees in die hemel en ook as medebestuurders van die wêrelde en hulle skepsele in die stoflike en oneindige ruimte.

[9] Maar dit alles en nog eindeloos veel ander dinge sal jy eers insien en duidelik begryp wanneer jy volmaak is, wat baie gou sal gebeur, nadat Ek van hierdie wêreld af opgestyg het in My volmaak goddelike en ook in julle goddelike of na en in My God en na en in julle God.

[10] Want Ekself moet eers volledig in My, in God, die Vader van Ewigheid, wees, om My gees dan vir julle te kan stuur en gee. Eers as die sal kom, sal hy julle inwy in alle waarhede, wat vir julle nou nog onbegryplik is; en julle sal daarna dieselfde en nog groter dinge doen as Ek nou Self doen. Hoe dit egter moontlik is, sal My Gees, wat julle siele sal verlig, julle dan leer.

[11] Maar nou begin ook die ander wat hier aanwesig is, wakker te word en sal ook al gou op die been wees. Die son kom juis bo die horison, laat Ons Onsself daarom nou ietwat rustig hou en kyk na die verskynsels, wat tydens die opgaan van die son weliswaar gereeld voorkom, maar wat tog die karakter het van iets nuuts en seldsaam, netsoos bykans geen ander verskynsel in die natuur van hierdie aarde nie!

[12] Daar kom die drie towenaars ook al na bo, wat vannag, toe Ons die noodsaaklike rus geneem het, tog na benede na hulle mense in die stad gegaan het en hulle nog enkele ure lank vertel het oor alles wat hulle hier gesien, meegemaak en gehoor het. Die drie mense sal Ons vandag nog baie goeie dienste bewys by `n aantal dom fariseërs, wat vanmiddag as onuitgenooide gaste uit Jerusalem na Emmaus sal kom, en hulle sal baie goeie vriende word van die volmaakte mense uit die binneland van Agter-Egipte. Maar rus nou net so!”

[13] Ons hou Ons nou baie rustig en die ander gaste word wakker en alles word lewendiger.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205