Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Alles op sy tyd. Die Heer en die liggaamlike orde

109 Hierdie woorde het alle aanwesiges opnuut in `n verhewe stemming gebring, en heimlik sê Petrus aan My: “Heer, sien tog net hoe hierdie mense na U verlang! Waarom gee U Uself nog steeds nie aan hulle te kenne nie!”

[2] Ek sê: “Ek weet wel waarom, en jy hoef jou nie daaroor te bekommer nie! Julle lyk almal nog baie soos onervare kinders, wat, lank voordat die vrug van `n boom goed ryp is, al begerig is om hom te eet. Weet jy dan nog nie dat alles op hierdie aarde sy tyd het en moet hê nie? Ek voel in Myself `n groot behoefte om My aan die drietal bekend te maak; maar die liefde in My en die ewige wysheid daaruit sê: “Nie vóór die regte tyd nie!” Want één oomblik te vroeg kan baie bederf, wat daarna eers na `n langdurige beproewing van die vrye wil weer goed gemaak kan word. Dit is al genoeg dat die swakheid van die geskape mense gereeld sondig; wat sou daar gebeur as ook die ewige Heer van die skeppende, onveranderlike orde, teen Homself in sou gaan deur buite Sy orde te tree? Glo My, dat Ek hier beslis meer voel en waarneem as jy en almal wat hier is; maar Ek ken ook My ewige orde, waarteen in `n bepaalde opsig elke mens en elke engel kan sondig, maar Ek nooit in ewigheid nie, omdat die verlaat van My ewige orde dadelik die einde van alle skepsele tot gevolg sou hê. Want as die basis van `n tempel of huis sou wegval omdat hy vermolm en verrot is, wat sou dan die gevolg wees vir die tempel en die hele huis?!

[4] Ek prys jou geloof in jou en ook jou hart, - maar met jou pyn het Ek vóór die regte tydstip niks te maak nie! Dink en voel saam met My, dan sal jou weg maklik wees!”

[5] Nadat Petrus dit van My gehoor het, sê hy geen woord meer nie en bewaar hierdie woorde diep in sy hart.

[6] Die towenaar het egter tog opgemerk dat Ek dit aan Petrus sê en hy rig hom dadelik tot RafaEl en sê: “Lieftallige wondervriend! Ek het nou `n man van eerbiedwaardige gestalte ontdek, wat baie besondere en veelseggende woorde met `n ou man gespreek het. Dit moet `n baie wyse man wees! Kan jy my nie sê wie Hy is nie? Want ek moet eerlik erken dat `n soort heimlike en onverklaarbare iets my en ook my twee metgeselle baie na Hom toe begin trek. Die Man sou ek wel vir elke prys ter wêreld van naderby wil leer ken! As jy dit vir my sou kan doen, sou ek jou graag `n groot offer bring!”

[7] RafaEl sê: “My vriend, wees geduldig; want alles kan nie so skielik gaan as met jou groot diamant nie, wat ek uit die binneland van Indië hierheen gehaal het! Want waar die vrye wil van `n mens in die gedrang is, mag geen enkele almagtige dwang die voet dwars sit nie. Wag dus maar! Ons sal nou weer dadelik na buite gaan, dan sal jy nog genoeg geleentheid kry om die Man, wat jou so opval, beter te leer ken. Maar nou moet jy alles geduldig afwag!”

[8] Daarby lê die towenaar hom neer en Ons gaan weer na buite en neem weer Ons ou plekke op die hoogte in. Vir die towenaars word daar by Ons plek gemaak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205