Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die noodsaak van die verskeidenheid van al die geskapene

113 RafaEl sê: “Jy het goed geantwoord; want by so `n gelykvormigheid van die skepsele sou elke lewensprikkel en daarmee ook al die denke ophou. Die uiterlike denke word immers aan die gang gebring deurdat `n mens die verskillende dinge met hulle baie afwisselende en verskillende vorme met sy gesonde sintuie beskou, hulle vergelyk en oor hulle doelmatige verhoudings nadink en oordeel, op die vele verskillende vorme let en die dan ook verskillende name gee, waardeur die gespreekte menslike taal en later ook die taal van die skriftekens ontstaan het.

[2] As egter die een struik en die ander, die een boom en die ander, ook die een dier en die ander en alle mense, manne en vroue, ouers en kinders, jonk en oud volkome na mekaar sou lyk, watter prikkel sou dit dan wel op die sintuie van die mense uitoefen? Heeltemal geen! Hy sou dan baie weinig op te merk hê en nog minder om oor na te dink; ook die mondelinge en die geskrewe taal sou baie beperk gewees het en kyk, dit sou sonder meer die geval wees as die alwyse God die wêrelde en die skepsele alles volgens jou streng voorstellings van orde sou geskape het!

[3] Maar omdat God nog oneindig veel wyser is as wat ons onsself kan voorstel, het Hy ook alles in `n veel beter orde geskape as wat ons dit ooit vir onsself kon indink. Hy is voortdurend Leraar en Heer van die mense, omdat Hy in Sy skepsele so `n oneindige verskeidenheid aangebring het, sodat die mens, terwille van wie alles geskape is, alle verskillende skepsele van allerlei soorte en vorms sal beskou en hulle maklik sal herken en ook `n naam sal gee. Hy sal oor hulle nadink en kan hulle dan ook op die een of ander wyse in sy voor- of nadeel gebruik, - wat hy egter, netsoos aangetoon, volgens jou manier van orde nooit in staat sou gewees het nie.

[4] Sou jy byvoorbeeld ooit liefde vir `n bepaalde vrou kan hê as sy aan alle ander vroue so volkome gelyk sou wees soos die een huisvlieg aan die ander? Jy sou jou vrou glad nie kan herken nie, net so min as wat jy `n huisvlieg kan herken en sou kan sê: “Kyk, dit is my liefling!” Want sodra jou lieflingsvlieg tussen die ander verdwyn het, sou jy haar beslis nooit meer as joue kan herken nie, en presies so sou dit met jou vrou gegaan het en jou vrou ook met jou.

[5] Aan dit alles kan jy sien, dat juis aan die wanorde, wat volgens jou onder God se skepsele heers, veel groter en egte bewyse vir die bestaan en vir die hoogste liefde en wysheid van `n almagtige Skepper ten grondslag lê as aan die orde, wat jy al so lank soek en tog nie kon vind nie!

[6] Ek het jou al daarop gewys, dat die are wat jy in jou hande en voete, en ook by jy hoof kan sien en goed kan waarneem, nie presies in die volkome simmetriese orde onder jou huid aangebring is soos wat jy jou voorstel nie, maar jy kan sien dat hulle by jou, netsoos by elke ander mens, baie duidelik verskillende vorms het. Ja waarom dan die onordelikheid?

[7] Kyk, jy sal nie maklik ooit twee mense aantref wat volkome dieselfde daar uitsien nie! Netsoos God die Heer egter, om die duidelik aangegewe redes, die uiterlike vorm baie verskillend vorm, so vorm Hy ook die organisme van die mens verskillend en eweneens die talente van elke siel. Want as alle mense presies dieselfde talente sou gehad het, dan sou hulle mekaar baie gou glad nie meer nodig gehad het nie en naasteliefde sou `n woord sonder betekenis gewees het.

[8] Nou het jy gesien dat, wat volgens jou wanorde is, die sekerste bewys is vir God se bestaan en vir die hoogste, mees wyse en liefdevolle orde uit God. Dan kan ons nou weer terugkeer na ons gevaarlike meer!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205