|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 43
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die vraag van Agricola oor die wese van RafaEl. Die seën van die geduld
43 Toe die drietal die eetsaal binnekom, wil Lasarus ons dadelik in geure en kleure gaan vertel wat buite, naamlik by die Grieke, alles afgespeel het.
[2] Maar Ek Self sê aan hom: “Broer, bespaar jou die moeite, want sien jy, Ons weet werklik van alles! Die meer as dertig Grieke is `n goeie vangs vir Ons saak, maar hulle moet eers volledig op die regte spoor gebring word. Die harde heidense twyfelstene moet eers net so opgelos word soos wat My RafaEl die harde klippe in hulle hande volledig laat verdwyn het. Dan sal daar ook met hulle wel iets te begin wees, en sal hulle in hulle land baie bruikbare voorlopers word vir My ware leerlinge. Maar gaan nou aan tafel sit en eet en drink!
[3] Wanneer julle versterk is, sal Ons na buite gaan; dan sal julle tot middernag nog baie van die glansrykheid van God te siene kry, want nou is julle op sommige na ryp genoeg om hoër goddelike openbarings te kan verdra. Daar sal nie gou `n tweede nag kom wat so gunstig vir Ons is as hierdie nie.”
[4] Nadat Ek dit gesê het, haas almal hulle met die nuttig van die aandmaaltyd, want na hierdie woorde was almal aanwesig tog wel baie benoud oor wat daar alles nog sou afspeel.
[5] Agricola kom nou na My toe en vra: “Heer en God, sê my tog eers wie die wonderlike jong man eintlik is! Ek het U al `n keer daarna gevra en toe sê U dat ek hom wel na verloop van tyd vanself sou herken. Maar tot nou toe het ek uit myself nog nie kon agterkom wat ek eintlik van hom moet dink nie. Hy eet en drink netsoos ons, en eintlik veel meer, waarby hy dan ook `n volledige menslike uiterlike kry. Maar baie anders is hy wanneer hy spreek, werk en handelend optree, want dan laat hy beslis nie met hom spot nie en bring daarby wonders tot stand, waarvoor mens, as `n tog nie al te swak mens en wat so half en half tot die priesterstand behoort - dit wil sê, wat ons Romeine se beter priesterdom betref - heeltemal in die niet moet versink.
[6] Want ek moet juis in my werkkring as hoë staatsamptenaar vernaamlik toesig hou op die hele priesterdom in die groot Romeinse keiserryk en het my by die geleentheid ook die presiese kennis eie gemaak van alle godsdienste wat in die hele ryk voorkom, wat reeds blyk uit die feit dat ek my ook baie nougeset in die Judese leer laat onderrig het. Iemand netsoos ek, vir wie alle geheime ontsluier moet word, het dan ook al baie op hierdie aarde leer ken, en hier en daar ou en ook jong mense met baie spesiale talente en gawes gesien en leer ken, waarby my verstand, wat egter nie so gering is nie, dan ook dae lank stil staan.
[7] Maar dit was alles niks vergeleke met hierdie jong man nie, wie se meisieagtige uiterlike volgens ons Romeinse opvattings eintlik baie selde `n teken van groot geeskrag is. Die sogenaamde Adonisse en Venusse word by ons altyd gesien as die mees geeslose mense, en daar was maar weinig uitsonderings daarop. En hierdie jong man is verreweg die allermooiste wat my ooit onder oë gekom het. As hy vrouensklere sou aanhê, sou hy verreweg die mooiste meisie op die hele aardbol wees. En tog besit hy so `n groot goddelike gees, dat vir hom netsoos Uself, o Majesteit en Heer, kompleet alles moontlik is. U sien, o Heer, dat ek nou my begeerte om oor hierdie merkwaardige jong man iets te wete te kom, nie meer kan beteuel nie en daarom kan U my eindelik tog wel sê wat daar met hierdie jong man aan die gang is!”
[8] Ek sê: “Vriend, as Ek, netsoos julle mense, met een of ander swakheid behep sou wees, dan sou Ek jou ronduit sê wat daar met hierdie jongeling aan die gang is, maar omdat Ek heeltemal geen menslike swakhede besit en in My gees reeds van ewigheid goed kan insien wat vir elke mens binne die ontwikkelingssfeer van sy siel die heilsaamste is, sê Ek nooit aan iemand `n woord waaraan Ek My `n paar dae later nie meer sou wil hou nie, en dus bly dit daarby dat jy hierdie jong man uit jouself nog baie goed sal leer ken.
[9] Jy het immers gehoor dat die geduld ook `n oergees van God in die mens is en netsoos al die ander ses geeste versterk en gevorm moet word, as `n mens tot die ware, innerlike lewensvoleinding wil kom. En dus wil Ek ook hier by jou hê dat jou geduld jou gereeld te eensydig oordrewe erns en ywer ietwat sal matig. En kyk, om hierdie baie gegronde rede sê Ek vir jou dan ook nie wat jy nou so vreeslik graag sou wil weet nie, want die geduld is vir die mens, wat `n milde reën vir die aarde is. Dit kalmeer die brandende begeertes in die hart van die mens, sodat hulle nie in wilde, stormagtige en gereeld alles verwoestende hartstogte ontaard nie. As jy dit heeltemal begryp, word dan wys deur die geduld, dan sal alles jou wel ten deel val waarna jy `n edele dors in jou siel voel.”
[10] Die Romein sê: “Ja Majesteit, Heer en God, teen U kan ook die mees wyse van alle mense van die hele aarde niks inbring nie, omdat U die ewige Liefde, Wysheid en Waarheid Self is, en dus het U ook hier gelyk; want `n God wat met Hom sou laat onderhandel soos `n Griekse vrugteverkoper, sou geen God wees nie, maar ook slegs `n swak en wispelturige mens - en wie sou hom nou kan verlaat op die belofte van `n swak God?!”
[11] Ek sê: “Sien, nou het jy weer volledig waar gespreek! Bly daarby en beoefen jouself in die korrekte geduld, dan sal jy die lig van die innerlike lewe die gouste bereik! Julle Romeine het tog ook van oudsher `n goeie spreekwoord, volgens welke mens hom langsaam moet haas* en wat beteken soveel as “hom in die geduld te oefen”. Maar nou gaan Ons almal na buite, waar julle veel te siene sal kry!” *Latyn: festina lente
|
|
|
|
|