Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

`n Fariseër sit sy wêreldbeskouing uiteen

189 `n Fariseër, wat homself as `n baie wyse man beskou, sê: “Wel, deur hierdie woorde van Jou, sien ek nou eers egter in, dat Jy staan te praat soos `n waansinnige wat van die ware wese van God, van Sy eindelose wysheid, mag en grootheid en van die wyse waarop Hy die omstandighede van hierdie wêreld en haar skepsele ingerig het, absoluut geen begrip het en ook nie kan hê nie. Want kyk, Jy beweer dat die ewige lewe van die siel van `n mens slegs afhang van die volle geloof aan Jou, aan Jou woord en aan Jou leer, en dat elke siel wat dit nie doen nie - wat meestal die geval is, omdat hulle buite haar skuld, niks van Jou weet en ook nie kan weet nie - die ewige dood kan verwag. Nou, dan is Jy en ook die God wat jou in hierdie wêreld gestuur het, die mees onwyse en onregverdige almagtige wese wat `n verstandige mens hom maar kan voorstel!

[2] Wat kan die mense daaraan doen, wat honderde en duisende jare vóór ons geleef het en onmoontlik ooit iets kon gehoor het oor Jou leer, wat as enigste alle siele tot lewe strek? Die arme mense bevind hulle dus volgens Jou woord sonder uitsondering in die ewige dood!?

[3] En verder, - wat kan die tallose volkere daaraan doen wat êrens op die groot aarde lewe en voortbestaan en in duisend jaar miskien nog geen lettergreep van Jou leer sal gehoor het nie?! Van die arme mense moet mens dus ook aanneem dat hulle vir ewig dood is?!

[4] Dan sou Jou God met al sy ondeurgrondelike diepe wysheid en goedheid met al wat Hy geskape het, uiteindelik die grootste vreugde en Sy grootste welbehae beleef aan die feit dat Hy al Sy skepsele, wat Hy so uiters wys uitgerus het, na `n kort bestaan weer doodmaak en totaal vernietig!

[5] Waarom het daar dan `n Moses gekom en al die ander profete? Waar was die altyd moeilik te houe wette van Moses dan goed voor? En waartoe dien telkens die vele plae wat God oor die Judeërs en ander volkere laat kom, wanneer hulle nie volgens Sy geopenbaarde wil handel en leef nie?

[6] Ek bedoel: vir die verkry van die ewige lewe van die siel na die verlaat van die liggaam, sou welhaas elke hondelewe goed genoeg gewees het. Waarom sou Jy mense opvoed daarvoor en geestelik oplei?! Vir die verkry van die sekere ewige dood van die siel van `n mens, na die dood van die liggaam, het die mens niks anders nodig as dat hy, netsoos die diere, sy daaglikse ete het. Waarom sou Jy hom dan leer dink, oordeel en redeneer? Dit vergal immers onmiskenbaar sy miserabele bestaan! Alle nou helaas geestelik gewekte mense sou selfs alle kinders onmiddellik na hulle geboorte moet wurg, sodat hulle later, wanneer hulle volwasse, en denkende, van hulleself bewuste mense is, nie meer met allerlei sake gepla word nie en ook nooit meer hoef te vrees dat hulle die gereeld, tog soet smakende lewe, uiteindelik vir ewig moet verloor nie.

[7] Ek beken hier openlik dat ek, volgens Jou leer, in geen enkele opsig enige dank verskuldig is aan die deur jou gepredikte God nie; Hy het my immers nie op hierdie wêreld gesit vir een of ander blywende geluk nie, maar slegs vir die grootste ongeluk, wat ek gedurende my hele lewe bitter aanvoel. Hoe vroeër Hy my weer vernietig, des te groter is die weldaad wat Hy my bewys!

[8] En eerlik gesê: `n ewige lewe van die siel, wat ek by wyse van uitsondering sou verkry deur nou aan Jou, aan Jou woord en Jou leer te glo, sou ek gladnie wil nie, omdat ek as ewig voortlewende siel daaraan sou moes dink dat skares mense heeltemal onskuldig deur jou God vir ewig vernietig is! Dan het ek tog eindeloos veel eerder `n ewige nie-wees as `n ellendige ewige wees!

[9] As Jy ook maar tot één gesonde gedagte in staat is, sal Jy saam met Jou blinde leerlinge deur my woorde insien, dat Jou leer nog veel minder geskik is vir die ware geluk van die mense, as die leer van die Sadduseërs, wat hulle leer in ooreenstemming gebring het met die van die Griekse wêreldse filosoof Diogenes. Die leer is veel troosvoller vir alle mense as Jou leer, volgens welke mens slegs deur die glo aan Jou, die ewige lewe van die siel kan bereik. Werklik, vir die leer van Jou sal geen ware mensevriend Jou ooit dankbaar wees nie! En nou moet al die volk in die tempel en ook buite die tempel oordeel of ek ook maar één enkel onjuiste woord aan Jou gespreek het! - Antwoord my, as Jy dit kan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205