Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Noodlot of vryheid van wil?

52 (Die Heer): “Dink egter nie dat dit so-iets is as wat bepaalde blinde wêreldse geleerdes “voorbeskikking” noem, asof God al vir elke mens voorbeskik sou hê wat hom in sy kort of langer lewe te wagte sou staan! Om so-iets dergeliks te dink of te glo, kan vir die siel die dood beteken, omdat hierdie leer `n heimlike uitwas is van die hel en die absolute teendeel is van die ware lewensbeginsels van God vir die mense. Die mense bepaal self hulle lot deur hulle vrye wil verkeerd te gebruik en nie al sewe lewensgeeste in hulleself te wil opwek nie, waardeur hulle ook nie tot die ware aanskouing kan kom van hulle innerlike, ware en onverganklike lewenskat nie. Daardeur kom hulle op syweë en wil dan ook in die lig van die wêreld die ware, innerlike lewenslig opsoek en dan blymoedig daarvolgens handel en wandel.

[2] Maar wanneer die siel van `n mens haar eenmaal behoorlik in die donkerste nag van haar selfgeskape wêreldse waan bevind, kan ook geeneen van die engele van die hemel haar `n ander rigting gee sonder om haar innerlike vrye wil aan te tas nie, en niemand kan dan sê: “Sien, dit was dus die bestemming van hierdie mens!” nie. Ja, dit was ongetwyfeld wel `n bestemming, maar dit het nie van God uitgegaan nie, maar van die mens self.

[3] Van God uit word dit slegs toegelaat, en wel as gevolg van die volkome vrye wil van die mens. En wat Ek nou sê oor één mens, dit geld ook vir `n hele volk. Die is en bly self die skepper van sy tydelike en ewige lot.

[4] Dit sou dus `n groot misverstand wees om aan te neem dat God al van ewigheid voorbestem het dat dit alles, wat Ek julle nou deur die verskynsels getoon en mondeling voorspel het, so sou moes gebeur. O nee, dit is geensins die geval nie! Maar tog sal alles so gebeur, omdat die mense dit so wil, omdat die allergrootste en invloedrykste deel van hulle hulleself baie welbehaaglik en met enorme hardnekkigheid vrywillig in die totale nag van die hel bevind, en nou selfs na My geweldige magtige oproep nie hierdie nag van die dood wil verlaat nie.

[5] Want meer as wat Ekself nou doen, gedoen het en nog sal doen, kan onmoontlik gedoen word, sonder om die volkome vryheid van die menslike wil aan te tas nie en wie se oë dan nie oopgaan en wie hom dan nog nie daarvolgens wil rig nie, sy blindheid en onversetlike verstoktheid van hart is dan deur geen enkele middel, waarvan elkeen kan sê dat dit `n ware en goeie en sagte middel is, meer te genees nie. In so `n geval moet die oordeel dan kom en as laaste middel werk. Maar sodat die oordeel kan losbreek, moet die maat van die boosheid waardeur dit veroorsaak was, eers vol wees, wat by die volk binnekort - netsoos Ek gesê het - die geval sal wees. Dink dus nou nie al te angstig daaroor na nie, want nie Ek nie, maar die mense wat nie te bekeer is nie, wil dit so hê!”

[6] Toe sê Nikodemus: “Maar Majesteit en Heer, dan sien dit vir die mensdom tog wel ontsettend sleg daaruit! As God Self nooit sulke mense sal kan help nie, selfs nie teen hulle domme wil en eiesinnigheid in nie, wie sal hulle dan nog wel kan help?”

[7] Ek sê: “Ja, vriend, jy begryp baie aardse dinge nie, wat jy tog sien en ken, - hoe wil jy dan suiwer geestelike dinge begryp, wat jy nie sien of voel nie? Ek het tog gesê dat God die mens met betrekking tot sy innerlike, geestelike ontwikkeling nie met Sy almag leidend en sturend mag beïnvloed nie, vanweë Sy ewige ordening. Want as God dit sou doen, dan sou die mens `n dooie masjien word en nooit tot `n volkome vry, selfstandige lewe kan kom nie.

[8] Bring die ergste roofmoordenaar maar eers na My, dan sal Ek hom in `n oogwenk omvorm tot `n engel van die lig; maar dan sal sy eie ek daardeur so goed as volledig dood wees! Sodra Ek My egter weer terugtrek met die gees van My almagtige wil, word sy eie ek weer aktief, en sal die ou roofmoordenaar weer voor jou staan. Want sy liefde is roof- en moordlus en dit is dus sy lewe; neem mens dit van hom af, dan is hy volkome dood en het heeltemal opgehou om te bestaan.

[9] Maar tog kan so `n mens sy lewe nog verbeter en wel deur die baie bedenklike toestand waarin hy homself deur sy verkeerde liefde gebring het. Want die siel van die mens begin eers oor die oorsaak van haar benarde en ongeluksalige toestand na te dink, as sy haar reeds deur eie toedoen in die harde oordeel bevind; en as die siel eenmaal die oorsaak daarvan begin insien, sal sy ook gou die wens in haar voel opkom om bevry te word uit haar slegte toestand, en dan sal sy na middele gaan soek om haar uit die harde oordeel te bevry.

[10] En as die siel eenmaal die wens en wil in haar het, dan is sy ook in staat om `n lig in haar op te neem wat haar van bo af deur allerlei genoegsame middele aangereik sal word.

[11] Gryp die siel die middele wat haar aangebied word aan, dan begin haar vroeëre slegte liefde uit haar en in haarself in `n goeie en beter liefde te verander. Dit word leër en leër in haar, en sy gaan trapsgewys tot `n hoër lewensvervolmaking oor, en dit is slegs moontlik deur `n baie streng oordeel toe te laat. En bygevolg sal daar dus ook oor die Judeërs, wanneer die maat van hulle gruweldade vol is, `n baie streng oordeel toegelaat word, sowel hier as aan die anderkant, en dit sal hulle vir alle tye van die tye baie verdeemoedig, sodat hulle nooit die heerskappy oor `n volk sal verwerf nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205