|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 17
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die oerstowwe van die skepping
17 Maar toe alle gaste verdwyn het, vra ons vriend Lasarus aan RafaEl: “Luister, mensgees vol van God se heil, jy het so pas gesê dat daar in die lug `n ontelbare hoeveelheid van allerlei oerstowwe en substansies in vry swewende en ongebonde toestand is, wat deur die wysheid en deur die wil van `n volmaakte gees as sodanig herken en tot `n vaster liggaam saamgetrek en gebind kan word! Deur die voorbeelde wat aan my gegee was, moes dit wel vir my duidelik geword het, maar daarnaas kom daar by my nog `n heel ander baie belangrike vraag op en wel die volgende: Kyk, die oerstowwe en substansies sal in elk geval wel so in die lug van hierdie aarde aanwesig wees, netsoos jy my dit heel oortuigend aangetoon het. Maar wat is hulle oorsprong nou? Hoe kom hulle in so `n ontelbare verskeidenheid in die lug van ons aarde en waarskynlik ook in nog groter verskeidenheid in die lug van die ontelbaar vele andere aardes en wêrelde, wat die Heer vir my en vele ander leerlinge self deur Sy barmhartigheid laat ken het? Lê my dit tog ook nog uit!”
[2] RafaEl sê: “Wel, wel, dat jy nie self daarop kan kom nie! Is daar dan buite God iets wat nie uit Hom sou ontstaan het nie? Is alles wat van ewigheid die oneindige ruimte vul, nie Sy gedagtes, Sy idees, Sy wysheid, Sy wil nie?
[3] Kyk, Sy gedagtes, wat in `n onuitputlike, eindelose stroom eeu in en eeu uit steeds maar deurgaan, is die eintlike oersubstansies en die oerstowwe, waaruit alles wat op aarde en in die hemel gemaak is, deur die ongedeelde, ewige mag van die goddelike wil bly bestaan. Geen enkele gedagte en geen enkele idee kan as sodanig in God sonder Sy wil ontstaan en voortbestaan nie. Omdat elke gedagte en elke idee, wat uit die hoogste intelligensie van God deur Sy wil ontstaan, ook as sodanig as heilige intelligensie die ooreenkomstige deel van die goddelike wil in homself dra, kan ook elke op homself staande gedagtes van God, wat God se wil in hom dra, of net so `n soortgelyke groter idee van die Heer, wat netso min as God Self, ooit `n einde het nie, omdat Hy `n eenmaal opgekome gedagte en `n nog dieper opgevatte idee binne die sfeer van Sy allerhelderste selfbewussyn nooit kan vergeet nie. Omdat dit by God egter suiwer onmoontlik is om `n gedagte, wat eenmaal by Hom opgekom het of `n idee wat Hy eenmaal opgeneem het, te vergeet, bly ook elke nog so geringe gedagte en `n nog so onbetekenend skynende idee van God vir ewig onverwoesbaar in sy oergeestelike staat.
[4] Omdat egter verder - netsoos reeds vroeër aangedui - elke gedagte en elke idee van God ook vir `n deel as goddelike vonk van Sy intelligensie, noodsaaklikerwys ook die goddelike wil in hom dra en moet dra, omdat dit sonder die wil nooit gedink sou gewees het nie, daarom kan dan ook elkeen van die gedagtes, wat op homself staan en elke idee van God wat op homself staan, hetsy op homself of as `n aantal met mekaar verenigde gedagtes - wat dan `n idee is - homself as iets selfstandig op sy eie manier en binne sy eie sfeer vorm, hom in en vir homself vervolmaak as dit wat hy is, hom tot in die oneindige vermeerder en deur hulle saamgaan met ander oerstowwe en substansies ook edeler en meer volmaak word.
[5] So is `n son in wording eers `n suiwer, flou liggewende ligeter of `n saamgaan van talloos vele gedagtes en idees van God ten gevolge van die aan hulle uitdruklik ten grondslag lêende en ooreenkomstige wilsaandeel uit God. Deur hierdie wil van God wat hulle ten grondslag lê, trek hulle die wat aan hulle gelyk is, voortdurend uit die eindelose eter na hom toe en so word die aanvanklike flou liggewende eter steeds digter en kry langsaam maar seker die digtheid van die lug van hierdie aarde. Dit verdig homself langsamerhand ook steeds meer en daar sal water te voorskyn kom; maar ook dit verdig homself langsaam maar seker en daaruit kom modder, leem, klip en dus ook `n vaster bodem voort.
[6] Die nou dus steeds vaster met mekaar verbonde, oorspronklike geestelike oersubstansies en oerstowwe, begin hulleself in so `n onvrye toestand steeds onbehaagliker te voel, word baie aktief om hulle vryer te maak en dan begin dit in so `n hemelliggaam veral in die vaste en swaar dele baie vurig te word. Deur hierdie vurige aksie van die onder druk staande, oorspronklik vrye oersubstansies en oerstowwe, word die vaster dele van so `n nuwe hemelliggaam verskeur, ja, die binneste word die buitenste en omgekeerd die buitenste die binneste, en eers na baie sulke gevegte word so `n nuwe hemelliggaam `n bietjie rustiger en die daarin gevange oergedagte en oeridees van God vind dan `n ander weg om hulle vry te maak van die groot druk en om hulle daarvan te ontdoen.
[7] En kyk, weldra ontstaan daar dan allerlei plante en diere en dit gaan so deur tot en by die mens, waarin dan baie van die oergedagtes en oeridees van God, eers volledige bevryding uit hulle ou oordeel vind. Eers dan herken hierdie vir God as die oergrond van alle bestaan en alle lewe en hulle keer dan tot Hom terug as selfstandige, volledig vrye wesens - dit wil sê as hulle volgens Sy herkende wil geleef het.
[8] Maar hierdie suiwer vrye, selfstandige, geestelike ommekeer op die ontelbare, baie uiteenlopende hemelliggame, is ook net so verskillend as die hemelliggame onderling en in hulleself is. Die mees volmaakte terugkeer vanaf `n hemelliggaam na God is en bly egter die vanaf hierdie aarde, omdat elke mens hier in sy siel en in sy gees volkome aan God gelyk kan word as hy dit maar wil; want wie hier na God streef, sal ook by God kom. Begryp jy hierdie dinge?”
[9] Lasarus sê: “Dit begryp ek nou goed, omdat ek met betrekking tot die hele bou van die wêrelde al heel belangrike voorkennis van die Heer besit, maar veel bly tog nog onbegryplik vir my, sodat ek dus nog baie vrae het.”
[10] RafaEl sê: “O, my beste vriend, dit is ook by myself die geval! Want daar lê in God nog eindeloos veel verborge waarvan ons, wat na God die hoogste en suiwerste geeste is, self niks weet nie; want God het vir die goeie en suiwer geeste ewig `n dermate groot voorraad, dat Hy hulle ook ewig met nooit vermoede nuwe skeppings uit Sy Liefde en Wysheid onuitspreeklik kan verras en daardeur hulle geluk steeds kan vermeerder en verhoog. En kyk, dit sou gebeur dat jy my weldra die een en ander sou vra waarop ek jou dan geen antwoord sou kon gee nie!”
[11] Lasarus sê: “O ja, dit glo ek graag, maar wat my nog baie beperkte menslike verstand jou kan vra, kan jy my tog beslis wel uitlê!
[12] Kyk, so lees ek eens `n ou boek met die titel “Oorloë van JaHWeH” en daarin is, weliswaar in `n heel mistieke taal, sprake van die val van die oergeskape engele!
[13] In die begin moes God - natuurlik eindeloos lank voordat daar wêrelde geskape word - sewe groot geeste geskape het, ooreenkomstig die sewe geeste in God. Hy het hulle groot mag gegee en `n netso groot wysheid, sodat hulle daardeur ook, netsoos God, kleiner, volledig aan hulle gelyke geeste in oneindige aantalle kon skep en die ewige ruimte was so met ontelbare leërskares van geeste gevul.
[14] Die grootste en magtigste van hierdie sewe oergeskape geeste, was volgens die ou geskrif duidelik Lucifer. Hy word egter trots op sy mag en grootte, wil nie net aan God gelyk wees nie, maar selfs bo God staan en heers. Toe word God toornig, gryp die verraaier en stoot hom vir ewig van Hom af in die oordeel. Die ses groot geeste bly egter met hulle ontelbaar vele ondergeskikte geeste by God en dien Hom alleen, van ewigheid tot ewigheid, terwyl die ondergeskikte geeste van Lucifer as boosaardige duiwels vir ewig, as deur God verworpe wesens, met Lucifer in die ewige vuur van die toorn van God brand en steeds sonder enige versagting die grootste pyne moet ly. Wel, wat dink jy, jy wat beslis ook so `n eerste engel van God is, daarvan?”
|
|
|
|
|