|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 143
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Op die heuwel by Emmaus
143 Lasarus vra My wat Ek nou gaan doen.
[2] Ek sê: "Ons gaan nou almal na buite, en sal op die heuwel `n plek soek wat van hier af in die rigting van die môre lê; daar sal Ons vandag nog dinge beleef en meemaak, wat vir Ons, mense van hierdie aarde, buitengewoon is.
[3] Met die antwoord was almal volkome tevrede, behalwe Nikodemus, want hy wis dat daar in die middag twee fariseërs by hom op besoek sou kom.
[4] Daarom wend hy hom na My toe en sê (Nikodemus): “Majesteit en Heer, U kan in my hart sien en weet hoe ontsettend graag ek daarby sou wees en alles sou wil sien en hoor! As U nou die heuwel opgaan, wat ook nog my eiendom is - dit wil sê, solank ek leef, - dan sou ek graag wou saamgaan; maar nou moet ek vanweë die twee aangekondigde fariseërs tuis bly en sal ek vir my siel `n groot verlies ly. Heer, wat kan ek nou daaraan doen? Aan die een kant vind ek dit wel goed dat U Uself onttrek vanuit die sig van die swartjasse (fariseërs), maar dat ook my oë U daardeur nie meer kan sien en my ore U nie meer kan hoor tot heil van my siel nie, dit geval my gladnie!
[5] Ek vra daarom nog eens, wat op `n goeie manier daaraan te doen is. Moet ek miskien heeltemal nie op beide fariseërs wag en met U die heuwel opgaan, of moet ek hier bly om te wete te kom wat die rede van hulle koms is? Die laaste lyk my egter nie nodig nie; want aan U, o Heer, is immers alles bekend en U weet dus ook wat beide fariseërs vanmiddag na my voer. Mag dit om iets onbelangrik gaan, dan sou ek die twee fariseërs laat kom - en ook weer laat vertrek! Gaan dit egter oor iets wat op U betrekking het, dan sou dit tog weer goed wees om tuis te bly. - Wat sê U, o Majesteit en Heer, daarvan?”
[6] Ek sê: “Jy gaan met Ons saam; beide fariseërs sal wel hoor waar Ons heengegaan het en Ons dan dadelik agterna kom! Ter plaatse sal hulle wel ervaar hoe dit met dit wat op My betrekking het, sal staan; want Ek wil juis dat hulle sien wat daar alles buite op die heuwel gebeur, en hulle lippe sal op `n baie besondere manier verseël word. Ekself sal weinig of niks daar doen nie en Ek sal beide slegs deur die hulle reeds bekende Romeine, deur RafaEl en deur die sewe manne uit Opper-Egipte laat bewerk, en die tweetal sal swyg soos die graf. My sal hulle egter nie herken nie en hulle sal ook weinig na My vra; want te midde van `n paar honderd mense is iemand nie so vinnig te vinde nie.
[7] Jy hoef nie eens `n berig tuis by jou huisgenote agter te laat waar jy heengegaan het nie; hulle sal in die dorp baie vinnig van die kinders, knegte en meisies hoor waarheen jy gegaan het en hulle sal jou baie gou agtervolg. Maar jy hoef absoluut geen angs vir hulle te hê nie; hulle sal jou egter nie verraai nie! Aan diegene wat in My plek sal spreek en handel, sal wel ingegee word wat hulle moet sê en wat hulle moet doen, laat nou dus alle vrees en sorge weg en gaan gemoedelik met Ons saam na die mooi heuwel, wat Ek netnou aangetoon het!”
[8] Nadat Nikodemus dit van My gehoor het, klaar sy gesig op en gee hy sy mense opdrag om oor ongeveer drie uur voldoende brood en wyn na bo te bring.
[9] Lasarus vra wat daar intussen met die jongelui moes gebeur.
[10] Ek sê: “Ook hulle gaan saam met Ons na die heuwel; want Ek wil dat hierdie jongeres nou ook hoër ervarings opdoen, dus moet hulle ons ordelik volg!”
[11] Toe was alles gereed vir die vertrek en Ons staan op en gaan, slegs deur enkele kinders opgemerk, na buite en na die genoemde plek, wat ons baie gou bereik, omdat dit nie ver van die plekkie af lê nie.
[12] Die heuwel was in geheel net ongeveer dertig manshoogtes hoër as die gehuggie Emmaus en het boonop `n groot, oop plek, wat ryklik met gras begroeid en in noordelike rigting ietwat bebos was. Bykans in die middel van die oop ruimte bo-op die heuwel verhef hom enkele rotsblokke bo die grasbodem, wat één tot twee manslengtes hoog en van alle kante goed te beklim was. Bo-op hierdie rotsgroep het Nikodemus `n na die smaak van die tyd en die plek baie sierlike, ruim hut laat bou, van waaruit mens netsoos op die Olyfberg, `n baie mooi vergesig het.
[13] Ek betrek weldra met sommige van My leerlinge die genoemde hut, wat na alle kante vry uitsig gee; alle ander groepeer hulleself om die rotsgroep en let goed op alles wat daar uiteindelik sou of kon gebeur, of wat Ek uiteindelik sou doen of sê.
[14] Na `n kort tyd, toe alle aanwesiges geleidelik om die rotse `n plekkie gevind het, roep Ek Nikodemus na My toe en sê aan hom: “Let nou goed op; want beide aartsfariseërs sal, begelei deur twee Leviete, nou ook dadelik by Ons wees! Wat jy, Lasarus, die Romeine, RafaEl en die sewe manne uit Opper-Egipte te sê en te doen sal hê, sal in julle hart en julle mond gelê word, maar sê voorlopig niks aan die blindes oor My nie!”
[15] Daarop gaan Nikodemus weer na sy plek, wat hy met Josef van Arimatea, Lasarus, die Romeine, RafaEl en die sewe manne uit Opper-Egipte deel, en wag op die aangekondigde mense, wat nou ook al in `n grimmige stemming op die vlak deel van die heuwel aangekom het.
|
|
|
|
|