|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 195
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die gelykenis van die koning en sy bruilofsmaal
195 (Die Heer): “Die hemelryk of ryk van God, is soos `n koning wat vir sy seun `n bruilof aangerig het. Hy stuur sy knegte en dienare daarop uit om vele vername gaste uit te nooi vir die koninklike bruilofsfees. Maar die genooides sê by hulleself: “Waarom sou ons na `n koninklike bruilofsmaal gaan? Tuis het ons dit beter en is dan niemand dank verskuldig nie!” En daarom wil niemand van die genooides na die koninklike bruilofsfees kom nie.
[2] Toe die koning die berig ontvang dat, die as eerste uitgenooide gaste nie wil kom nie, stuur hy nogmaals ander knegte daarop uit, terwyl hy hulle soos vantevore sê: “Sê vir die gaste: kyk, my bruilofsfees het ek voorberei! My osse en gemeste vee is geslag en alles is klaar; kom daarom almal na die bruilofsfees!”
[3] Die knegte vertrek en bring dit getrou oor aan die gaste wat hulle moes uitnooi. Maar die genooides gaan daar wederom nie op in nie, maar versmaai dit. Die een gaan na sy akker, die ander gaan aan met `n ander werk en weer ander gryp die knegte beet, bespot hulle en maak daar selfs enkele dood.
[4] Toe die koning dit hoor, stuur hy in sy geregverdige toorn dadelik sy leërs daarop uit en bring al hierdie moordenaars om die lewe, steek hulle stad aan die brand en laat dit met die grond gelyk maak.
[5] Daarop spreek die koning nogmaals tot sy knegte: “Die bruilofsmaal is weliswaar goed toeberei, maar die genooide gaste was dit nie werd nie; gaan daarom nou na alle gewone strate en stegies en nooi elkeen wat jy teëkom uit vir die bruilof!”
[6] Die knegte gaan en bring elkeen wat hulle maar vind saam, slegtes sowel as goeies. En kyk, die tafels was volledig beset.
[7] Toe die tafels nou op hierdie manier vol was, kom die koning die groot eetsaal binne om die gaste te sien. Daar sien hy iemand wat in die verste verte nie vir `n bruilof gekleed was nie, terwyl tog alle ander, toe hulle uitgenooi was, vinnig huiswaarts gegaan het om hulle vinnig so goed as moontlik mooi te maak vir die bruilof.
[8] Toe vra die koning aan die knegte: “Waarom het die man daar, hom nie mooi geklee vir die bruilof, om my oë te verkwik en die vele ander gaste geen ergernis te gee nie?”
[9] Maar die knegte sê: “O magtige koning, hy is van diegene wat eers uitgenooi was en nie wou kom nie. Toe ons nou vir die derde keer mense gaan uitnooi, tref ons hom ook op straat aan, nooi hom nogmaals uit en raai hom aan om hom ook mooi te klee vir die bruilof. Maar hy sê: “Ag waarom! Ek gaan vanweë die bruilof nie alle moontlike moeite doen nie, ek gaan daarheen netsoos ek is.” En netsoos ons hom op straat aangetref het, gaan hy dan ook met die ander gaste saam na die bruilof en ons hou hom ook nie teë nie, omdat ons van U geen reg daartoe gehad het nie.”
[10] Toe die koning dit van die knegte verneem, gaan hy na die een toe wat geen bruilofskleed aangehad het nie en hy sê aan hom: Hoe kon jy nou hiernatoe kom sonder om `n bruilofskleed aangetrek te hê? Kyk, die tafels is nou vol beset met arm mense, van wie `n deel sleg en maar `n baie klein deel goed is; maar almal het hulle so mooi geklee dat my oog nou egte behae in hulle skep! Jy was die eerste keer al uitgenooi en wou geen gehoor gee op die uitnodiging nie; en nou by die derde, algemene uitnodiging het jy jou tog daartoe laat beweeg om binne te kom, maar wel sonder om jou ook maar enigsins mooi vir die bruilof te klee, terwyl jy tog vermoënd genoeg is om `n bruilofskleed te besit. Waarom het jy my dan hierdie skande aangedoen?
[11] Na hierdie vraag word die man baie stuurs teen die koning, hy wil hom ook nie eens verontskuldig en die koning om vergewing vra nie, maar hy bly swyg en gee geen enkel antwoord nie, ofskoon die koning hom vroeër wel as vriend aangespreek het.
[12] Hierdie bose, koppigheid vererg die koning soseer, dat hy aan sy dienare sê: “Omdat hierdie man so verstok is en my groot minsaamheid en vriendelikheid slegs met boosheid, toorn en veragting beloon, moet julle sy hande en voete (liefdewil en wysheid) vasbind en hom in die uiterste duisternis (suiwer wêreldse verstand) na buite (in die materie) werp! Gehuil en geklapper van tande (wêreldse twis oor reg, waarheid en lewe) sal daar wees.
[13] Ek sê julle egter hiermee dat God deur Sy gewekte knegte ook vele van julle uitgenooi en geroep het vir die ware ryk van God, maar slegs weiniges is uitverkore; want die eerste keer wou hulle glad geen gevolg gee aan die uitnodiging nie, daarna verset hulle hulleself daarteen - netsoos dit nou die geval is, - en toe alle heidene ook vir die derde keer vir die bruilof uitgenooi word en hulle hulleself mooi maak en na die bruilof kom, kom daar van diegene wat eerste uitgenooi was, slegs één in `n kleed wat nie geskik was vir die bruilofsfees nie, en hierdie een is die beeld van julle starheid van gees, wat julle in die diepste duisternis en nood van die wêreld sal werp. En daarom sal daar onder diegene wat van die begin geroep is, slegs weiniges bevind wat uitverkore is en so sal die ware ryk van God van julle afgeneem en aan die heidene gegee word; maar julle sal in julle diepe wêreldse duisternis soek, twis en stry en sal die nou verlore en van julle gewykte ryk van God nie meer vind tot aan die einde van die wêreld nie.
[14] Die ware en lewende ryk van God kom egter nie met uiterlike vertoon en bestaan ook nie daaruit nie, maar die bevind hom in die innerlike van die mens; want vir die mens, wat dit nie in hom het nie, bestaan dit ook ewig nie en ook nêrens in die hele oneindigheid nie.
[15] En die ryk van God in die mens is daarin geleë dat hy hom aan die gebooie van God hou, en van nou af aan glo aan Hom wat in My na julle gestuur is.
[16] Waarlik, Ek sê vir julle: Wie aan My glo en handel volgens My woord, het die ewige lewe in hom en daarmee ook die ryk van God; want Ekself is die Waarheid, die Lig, die Weg en die ewige Lewe!
[17] Wie dit wel uit My mond verneem of uit die mond van diegene, wat Ek as My egte en ware getuie nou reeds uitstuur en in die toekoms nog meer sal uitstuur, en dan nie glo dat dit so is en nie anders en ook ewig nie anders kan wees nie, kom nie in die ryk van God nie, maar bly in die nag van sy eie wêreldse oordeel. Ek het dit nou aan julle gesê; geseënd is diegene wat dit ter harte sal neem!”
|
|
|
|
|