|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 11
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die oordeel van Agricola
11 Toe die tempelowerste die oordeel oor homself uit die mond van die eerlike, arme vader gehoor het, bars hy in trane uit en sê: “O grote God, hoe goed is u ware kinders en hoe ontsettend sleg is ons, wat waarlik helse slanggebroedsel is! O God, straf my volledig vir die baie slegte wat ek gedoen het!”
[2] Agricola sê: “As hierdie mense jou nie veroordeel het nie, terwyl hulle eintlik die reg daartoe gehad het, dan veroordeel ek jou ook nie. Maar ek het die regter laat kom om jou en die hele tempel ten strengste te verbied om ooit weer `n doodvonnis oor iemand uit te spreek, anders sal jy en die tempel nie sonder straf daarvan afkom nie. Maar omdat hierdie knegte en geregsdienaars sonder opdrag kwaadwillig met hierdie arme man gehandel het, sal elkeen van hulle getugtig word en honderd houe met die roede ontvang, sodat ook hulle kan voel hoeveel so `n onmenslike kwaadwilligheid `n arme aandoen. Laat die soldate hulle dadelik na die tughuis bring en kasty! Dit geskied!”
[3] Toe begin die knegte en geregsdienaars te jammer en te smeek.
[4] Agricola sê: “Het hierdie arme man julle ook nie gesmeek om hom nie so te mishandel nie, en julle het nie op sy smekinge gelet nie, terwyl julle maar net beveel was om hom te bewaak. En omdat julle iets gedoen het waartoe julle nog nie eens `n skynbare reg gehad het nie, sal julle ook geen enkele slag met die roede kwytgeskeld word nie, maar die pynigers sal nog streng daarop gewys word dat elke slag met die grootste strengheid uitgevoer moet word. En vooruit nou, want vir julle is daar nóg by God en nóg minder by my enige medelye!”
[5] Toe omsingel die soldate die groep van vyftien tempeldienaars en geregsdienaars en du hulle voor hulle uit.
[6] Die tempelowerste vra egter trillend van eerbied aan die Romein: “Hoë, magtige gebieder! Wat moet ek nou eintlik met hierdie regter afspreek?”
[7] Agricola sê: “Dit het ek jou al aangegee, maar as jy dit nog nie begryp het nie, dan sê ek dit vir jou nog `n keer: Jy gaan saam met die regter na sy kantoor toe en daar sal jy van hom `n duidelike voorskrif kry hoe daar in die tempel van nou af aan met die Mosaïse straf omgegaan moet word! Elke oortreding van dié voorskrif sal streng deur Rome gestraf word! Met dié dokument wat op my bevel deur Pilatus onderteken sal word, sal jy na die tempel toe gaan en daar sal jy dit bekend maak!”
[8] Die owerste sê: “Maar wat moet ek aan Pilatus sê as hy my meer oor u vra?”
[9] Agricola sê: “Dit sal Pilatus nie doen nie, want ek was `n paar dae gelede al by hom gewees; hy ken my maar al te goed en weet presies waarom ek nou in naam van die keiser deur hierdie lande van ons reis. Ook jy kan nou gaan!”
[10] Toe buig die regter en die owerste diep voor Agricola en die regter maan die owerste om hom te volg.
[11] Maar die owerste sê: “Laat my nog slegs één vraag aan die gesant van die keiser stel!”
[12] Die regter sê: “Doen dit dan vinnig, want ons regters het dit in hierdie tyd baie druk.”
[13] Daarop rig die owerste hom nogmaals tot Agricola en sê: “Magtige gesant van die keiser! Kyk, ek is baie ryk en my skatte staan my aan! Omdat ek hierdie arme familie egter so `n ten hemel skreiende onreg aangedoen het, sou ek al my skatte aan hulle wil afstaan en daardeur die onreg soveel moontlik wil goedmaak. Kan ek nou by hierdie regter `n skenkbrief laat opstel en dit dan saam met al my skatte aan hulle oorhandig, sodat niemand hulle dan kan vra waar hulle dit vandaan gekry het nie?”
[14] Agricola sê: “Jy sal nog genoeg arme families vind aan wie jy jou lank versuimde werk van naasteliefde ten deel kan laat val, maar hierdie arme familie is al so goed as uitstekend versorg. Dus kan jy nou wel gaan! Doen in die vervolg reg en vrees God, dan sal jy nie weer so-iets oorkom nie! So is dit!”
[15] Daarop buig die twee nogmaals en gaan weg.
[16] Ons keer nou met die geredde familie terug na Ons mense, wat al vol nuuskierigheid wag om te hoor wat daar alles gebeur het. Want hulle was so ver van Ons verwyder dat hulle Ons nog goed kon sien, maar niks kon hoor van wat daar alles voorgeval het nie. Ook ons slawehandelaar Hibram het met sy metgeselle na vore gedring om te verneem wat daar aan die gang was.
[17] Maar Ek sê aan Lasarus: “Vriend, nou is dit in die eerste plek nodig dat hierdie vier mense liggaamlik versterk word, al die ander sal Ons wel boontoe bespreek, want hulle het nou al meer as twee dae niks geëet nie. Die twee ou mense was baie siek en swak, maar hulle is genees. Hierdie jong man wat baie mishandeld daar uitsien, maar origens sterk is, is die een wat gestenig moes geword het en die baie lieflike jong meisie is sy suster, en beide is kinders van hierdie arme, maar eerlike ouers. Nou weet jy dus met wie jy te doen het!”
[18] Ook Agricola sê: “En wat hulle sal gebruik solank ek hier vertoef, kom op my rekening; ook wil ek dat hulle prima aan my tafel versorg word! Daarna neem ek hulle saam na Rome. Ook sal ek die slawe alles op my rekening neem en ek sal daar in natuurlike en geestelike opsig, alle sorg aan bestee dat hulle voortaan `n goeie bestaan kry!”
[19] Lasarus sê: “Vriend, `n paar van hulle sou ek ook wel wou hou, want sien, ek het nóg vrou nóg kinders en sou graag `n paar as my kinders wou aanneem!”
[20] Agricola sê: “Daarin is jy heeltemal vry; ek laat graag soveel as wat jy maar wil, hier by jou!”
[21] Daarmee was Lasarus heeltemal tevrede en Ons gaan na bo en was baie gou ter plaatse.
|
|
|
|
|