|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 107
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die openbaring in Indië
107 Toe sê Agricola aan My: “Maar Majesteit en Heer, ek dag dat Indië `n land was van wonderwerke en hoë beskawing, op die wyse van die ou Egiptenare, `n ryk waar dit moet wemel van kuns en hoër kennis. En nou blyk dit dat daar die absolute teendeel heers as dit wat ek my van die groot Indië voorgestel het! O Heer, wanneer sal die volk dan wel tot die lewenslig kom?”
[2] Ek sê: “Ook vir daardie volk sal gesorg word; maar hulle is nou nog lank nie daarvoor ryp nie. Die gewone volk is egter baie gehoorsaam en ook baie geduldig en op sy manier vroom en hulle het `n vaste geloof. As mens dit nou van hulle sou afneem, sou `n mens dit dood en dit sou sleg wees vir die siel van die volk. Dit is daarom nou nog raadsaam, om Indië nie te veel te verlig vóór die regte tyd nie, wel moet dit van tyd tot tyd druppelsgewys gevoed word en dit is ook al gevoed, waarom mens daar ook baie spesiale wyse manne en sieners sal vind, netsoos wat die eintlike Judeërs hulle nou nie meer het nie. En hierdie wyses en sieners versprei ook al `n baie goeie skemerlig by vele mense. Sonder so `n skemerlig sou hierdie drie nie die verre weg hierheen gevind het nie.
[3] Toe Ek in hierdie wêreld in Bethlehem in `n skaapstal gebore is, het uit daardie selfde môreland ook drie wyses gekom, wat My as eerste `n groet gebring het en aan My goud, wierook en mirre geoffer het, waarna hulle weer na hulle land teruggekeer het; en `n tyd gelede het hulle nogmaals gekom, en hierdie herbergier en buurman van Lasarus het hulle gesien en gehuisves. Daar was dus ook al wyses, maar nie veel nie!
[4] Bowendien is die Indiese priesters, ten opsigte van wyses en sieners, wat hulle ietwat op die agtergrond hou, nou nie meer so streng soos hulle honderd jaar gelede was nie en nog baie strenger was drie-, vier-, vyf honderd jaar gelede; want `n aantal groot epidemies, wat die sieners voorspel het, waarvan die Indiërs en veral die grotes en maghebbers tweederdes van die slagoffer geword het, asook groot aardbewings, storms en oorstromings het die priesters en die konings ietwat sagter en verdraagsamer gemaak, alhoewel hulle in die algemeen met dieselfde ou grondbeginsels van onverdraagsaamheid en barbaarse straf aanhou. En daarom sal dit vir die wellustige volk nog `n lang tyd duur, voordat hulle volledig ryp sal wees vir `n hoër lig.
[5] RafaEl het die drie towenaars heeltemal volgens My wil bewerk en hy het hulle op die wyse ook gou gewen, en dit was goed; maar vóór môre mag julle My nie heeltemal aan hulle bekend maak nie. - Daar kom Lasarus en RafaEl al terug; hulle sal ons dadelik vir die aandmaaltyd uitnooi. Maar daarna sal ons weer hierheen kom om die skepping te beskou.”
[6] Nadat Ek dit gesê het, was Lasarus al by My en nooi ons uit vir die aandmaaltyd en RafaEl neem die drie towenaars saam. Toe Ons in die huis op Ons ou plekke aan tafel sit, verbaas die towenaars hulle oor die skitterende ingerigtheid van die groot eetsaal, maar nog meer oor die tafel wat spesiaal vir hulle gedek was, wat pragtig was in sy egte Indiese oorvloed, en waarop die kosbaarste Indiese aandspyse op was.
[7j Die hooftowenaar staan op en sê aan Lasarus: “Maar edele vriend, waarom al die verkwisting vir ons drie? Vir daardie geld kon vele arm mense immers jare lank goed versorg word! Het julle dan geen armes in julle land en in hierdie stad nie?”
[8] Lasarus sê. “O ja, die het ons genoeg en ekself versorg vele! Kyk, aan die lang tafel daar, langs die breë wand van hierdie saal, sit daar al minstens sewentig, en op my vele ander besittings vind vele `n onderdak, passende werk en versorging! En as daar nog meer armes na my toe kom, kry hulle in al my huise `n oop deur. Wees daarom nie besorg oor die klein eer wat ek julle as vreemdelinge bewys, deur julle op julle eie wyse te bedien nie! Eet en drink nou na hartelus!”
[9] Die drietal doen dit toe ook en verwonder hulle uitermate oor die buitengewoon goeie smaak van die spyse en die wyn, en hulle verseker aan één stuk deur dat hulle nog nooit so-iets kosbaars geproe het nie.
|
|
|
|
|