|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 102
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die sterk vermoede van die drie towenaars. Op wonderbaarlike wyse word die diamant gehaal
102 Tydens hierdie afskeidswoorde van die towenaar kry alle aanwesiges en ook Ek trane in die oë, en Ek gee aan RafaEl en Lasarus `n teken, om die towenaars nog nie te laat gaan nie; want Ek wil nou dat hulle op hierdie aand die Verborgene vind en dit van naderby leer ken.
[2] RafaEl en Lasarus gaan nou na die drie manne toe, wat juis wou weggaan, en RafaEl sê met `n werklik hemels vriendelike gelaatsuitdrukking en stem: “Waar wil julle nou heen? Kyk, die son staan al laag aan die horison, en julle gevolg is goed in die stad gehuisves, dus kan julle eerder vannag by ons bly; want ook hier is `n goeie herberg!”
[3] Die towenaar sê: “O, beste, hemelse jong vriend! Nie net hierdie nag nie, maar nog baie nagte en dae sou ons in jou nabyheid wil bly en nog baie waarhede van jou wil hoor. Maar ons vind onsself nou veels te onwaardig in jou teenwoordigheid, wat vir ons so buitengewoon gewyd is, nog langer te verdra en jou en die hele seker ook godvrugtige geselskap, lastig te val. Maar as julle dit verlang, sal ons sekerlik met baie genoeë aan die wens gehoor gee. Wat ons sal gebruik sal ons ook sonder meer betaal, netsoos dit onder eerlike mense hoort.”
[4] Toe sê Lasarus: “By my sal die rekening maklik te betaal wees; vir julle losies sal uitstekend gesorg word!”
[5] Dit stel die drie volkome gerus, die hooftowenaar meen slegs dat een van hulle na die stad moes gaan om aan die ander mee te deel dat hulle drie hierdie nag op die berg sou deurbring.
[6] Maar RafaEl sê: “Dit is nie nodig nie, want dit het al gebeur!”
[7] Die towenaar vra: “Hoe sou dit kan? Vir sover ek weet, is daar nog geen bode na benede, na die groot stad gestuur nie, en ook al was dit die geval, dan sou hy immers nie weet in welke herberg hulle hulle intrek geneem het nie.”
[8] RafaEl sê: “Wees nie besorg daaroor nie; want vir ware vriende van die enigste ware God is daar op hierdie wêreld absoluut niks onmoontlik nie! Ekself het dit al aan jou metgeselle meegedeel, en hier het jy jou goue beker, waarvan die rand met diamante, robyne en smaragde versier is, dan kan jy wyn daaruit met ons drink! Aan die onderkant is die teken van jou naam gegraveer.”
[9] Toe die towenaar dit sien, sê hy: “Ons het ons doel bereik; want so-iets kan maar net `n God doen! Hier staan ons nog onvoorstelbaar groot dinge te wagte!”
[10] RafaEl sê: “Daarmee kan jy wel gelyk hê! Maar beskou my nie as die Een wat julle reeds so lank gesoek het nie! Hier kan julle Hom egter vind! En nou niks meer daaroor nie!”
[11] Daarmee stel die towenaars hulle voorlopig tevrede en hulle dink goed na oor alles wat daar gesê was.
[12] Toe die son vervolgens onder die horison verdwyn het, sê ons Lasarus aan die towenaars: “Beste vriende, oor hierdie verskynsels hier verwonder julle julle wel, maar ek sê vir jou, dat dit alles maar `n baie klein begin is van alles wat julle nou in hierdie goeie gemoedsgesteldheid sal meemaak. Beoefen julle nou dadelik in geduld, sagmoedigheid en ware deemoed, dan sal julle veel seën van hier af na julle verre ryk saamneem! En wat julle hier sal verteer, is reeds ryklik voor betaal.”
[13] Die towenaar sê: “Heer van die huis, wie het daar vir ons betaal?”
[14] Lasarus sê: “Vra nie daarna nie, want dit het reeds Hy betaal aan Wie alle skatte van die aarde toebehoort!”
[15] Die towenaar sê: “Ook die van ons groot ryk?”
[16] Lasarus sê: “Ja, ook die van julle groot ryk!”
[17] Die towenaar sê: “Ken u dan ons onmeetlike aardse skatte?”
[18] Lasarus sê: “Ek nie, maar hierdie jong man hier baie verseker, en iemand anders in die geselskap nog veel beter!”
[19] Toe sê die towenaar aan RafaEl: “Wanneer was jy dan by ons gewees, dat jy dit alles so presies kan weet?”
[20] RafaEl sê: “Kyk, tuis het jy `n groot diamant van onskatbare waarde, gereken na julle aardse maatstawwe, en die klip het jy so verberg dat behalwe jy, niemand in die hele Indië iets daarvan af kan weet nie!”
[21] Toe kyk die hooftowenaar hom verbaas aan en sê: “Ja, dit is waar! Lieftallige jong man, kan jy ook aan my beskryf hoe hy lyk?”
[22] RafaEl sê: “Die beste beskrywing sal wel wees as ek jou waardevolle klip dadelik hierheen bring en jy hom, netsoos netnou jou goue beker, in die hande gee! Let nou goed op, hoe lank ek vir dit doel sal wegbly!”
[23] Die towenaar sê: “Jongman, as jy dit kan, is jy geen mens meer nie, maar `n god! Want van hier na ons land is dit seker meer as sewentig dagreise, en jy wil my die klip as te ware in `n enkele oomblik hier oorhandig?! As dit moontlik is, kan dit niks anders as `n suiwer godswonder wees nie!”
[24] RafaEl sê: “Wel, hoe lank was ek weg gewees?”
[25] Die towenaar sê: “Tot nou toe nog geen enkele oomblik nie!”
[26] RafaEl sê: “Hier het jy egter tog jou waardevolle klip! Kyk maar baie presies of dit wel dieselfde is waaroor ons so pas gespreek het!”
[27] RafaEl oorhandig die klip aan die towenaar, en hy val byna flou toe hy die klip sien wat maar al te bekend was vir hom. Hy was buite homself van verbasing en kyk nou eers na die klip en dan weer na RafaEl en wis nie hoe om sy kalmte te herwin nie.
|
|
|
|
|