Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Beide Romeine herken die Heer. Die Heer waarsku om Hom nie voortydig kenbaar te maak nie

139 Nou kom beide Romeine ook, wat Agrippa en Laius heet, begelei deur Agricola, na My toe, buig diep, en Agrippa, ook `n vooraanstaande Romein, as te ware van koninklike afkoms, sê aan My: “Heer, ons het `n baie vreemde vermoede gekry toe ons die lofprysing hoor wat die ons welbekende manne uit die verre Opper-Egipte U gebring het! Regtig, as die ander Egiptenare sou wees soos juis hierdie, wat ons `n aantal jare gelede gunter in hulle baie sober land leer ken het, dan kon ons die gedagte gehad het - want om die mense op aarde te mislei is ook baie goed moontlik, - dat U hulle êrens al vroeër ontmoet het en hulle nou teen `n ruim vergoeding hierheen laat kom het om ten gunste van U te getuig! Maar met hierdie mense sou `n dergelike afspraak onmoontlik gemaak kan word; want hulle is heersers oor die natuur, wat hulle alles moet gee wat hulle nodig het, en hulle verag elke gewone loon van die kant van die mense.

[2] Gister, toe die dom fariseërs maar al te duidelik deur hulle kwade woorde en gesindheid laat blyk om U te wil vervolg, het ek die Egiptenare as voorbeeld van hoër begaafde en meer volmaakte mense beskryf, omdat ek die fariseërs uit my ervarings begryplik wou maak, dat U baie goed ook so `n volmaakte mens kan wees, waarteen ons mense met ons wapens niks kan uitrig nie. Daardeur bring ek en my broer Laius hierdie swartjasse (dit wil sê, die fariseërs) tog in elk geval tot enige nadenke, wat sekerlik goed was. Maar Ek het my tog nooit kon voorstel dat ons hierdie mense hier by ons in Emmaus sou terug sien nie, laat staan dat ek daaraan sou gedink het dat U Self, volgens die mededeling van ons gewaardeerde vriend Agricola - ons hele verhaal oor hierdie volmaakte mense woordeliks aan U leerlinge op die Olyfberg vertel het, op dieselfde oomblik toe ek dit hier in Emmaus aan die fariseërs vertel het!

[3] Daaruit het ons nou ook beide die gevolgtrekking bereik dat U, ondanks U nou algehele menslike vorm en gedaante, in U innerlike gees onweerlegbaar van ewigheid die ware God en Skepper moet wees van alle wesens. Want as U nie Self in U Gees van ewigheid, dus volledig sonder begin, sou bestaan het nie, dan sou daar `n ander moes gewees het waaruit U dan Self voortgekom het, en dan sou daar `n oerewige - en `n in die tyd ontstane God wees, wat vir ons egter nie moontlik lyk nie, omdat die oerbestaan van die ware God ook alleen die voorwaarde vir `n oer- en alkrag en - mag is, wat onmiskenbaar in U aanwesig is, wat ons reeds uit betroubare bron oor U te wete gekom het. En omdat dit so met hierdie wonderlike saak staan en ook hierdie volmaakte mense Haar dadelik ook met alle skerpte van hulle gees herken het, het ons twee dan ook vinnig na U toe gekom, om U as die ewige Heer, God, Skepper en Vader van die sonne- en geesteswêreld te begroet en `n opregte ware belydenis voor U en alle aanwesiges af te lê, dat ons volkome glo wat ons nou openlik oor U gesê het. Heer vergeef ons, as ons nou miskien tog een of ander fout mag begaan het!”

[4] Ek sê vriendelik: “O, My beste vriende, wie na My toe kom netsoos julle nou gekom het, begaan voor My ewiglik geen fout nie, en Ek hoef hom dan ook beslis niks te vergewe nie! Maar wat julle manne nou weet, hou dit voorlopig nog vir julleself; want die wêreld is nog nie ryp om sulke diepe waarhede te begryp nie. As jy so-iets sou vertel, dan sou hulle daardeur maar net erger en daardeur duisterder en slegter word.

[5] Wanneer julle egter sal hoor dat Ek weer na My ewige hemel opgevaar het, sal Ek ook My Gees oor julle uitstort, en dan mag julle aan alle mense hardop verkondig wat julle nou hier openlik voor My bely het!

[6] Maar nou spreek Ons as baie natuurlike mense so met mekaar, asof daar tussen Ons geen verskil sou wees as net dat julle My leerlinge is en Ek julle Heer! Daar is egter geen leerling wat, solank hy nog moet leer, so volmaak is as sy Heer nie; wanneer die leerling egter alles van die Heer geleer het, word hy ook so volmaak soos sy meester. Ek het juis in hierdie wêreld gekom, sodat die mense van My sal leer om netso volmaak te word as die Vader in die hemel.

[7] Want as die mense van hierdie aarde voorbestem en geroep is om kinders van God te word, moet hulle ook in alles volkome aan God gelyk wees; want wie nie in alles aan God gelyk word nie, kan ook geen kind van God word nie en kan nie by God kom solank hy nie volkome gelyk word aan God nie.

[8] My leer is `n ware evangelie, omdat dit aan die mense verkondig en hulle die weë toon, hoe hulle die gelykheid aan God kan bereik. Wie derhalwe My woord hoor, dit glo, in homself bewaar en daarvolgens leef, hy sal daardeur aan God gelyk word, die ewige lewe in hom hê en ewig uiters gelukkig wees.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205