|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 46
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Nikodemus by Lasarus op die Olyfberg
46 Daarop verlaat Nikodemus die raad en probeer vanweë die volk, wat baie opgewonde geword het, langs `n geheime weg by sy huis te kom. Maar toe hy in die omgewing van sy huis kom, merk hy dat daar ook baie van die volk bymekaar gekom het, wat in hierdie nood raad van hom wou hê.
[2] Hy dag by homself: “As ek nou huistoe gaan, sal die volk my bestorm, terwyl ek tog met die beste wil geen verklaring oor hierdie verskynsel kan gee wat ook maar enigsins bevredigend is nie. Maar ek weet wat ek sal doen: Ek sal die taamlike hoë Olyfberg opgaan om met Lasarus oor hierdie verskynsel te praat. Hy is altyd nog `n man na God se hart gewees, ook al is hy met die tempel oorhoops, en hy sal nou beslis meer weet as ek en die hele tempel saam!” So gedink,so gedaan!
[3] Toe hy by die oopstaande groot tuinpoort kom, vra `n wagpos wat daar geplaas is, hom wat hy daar soek.
[4] En Nikodemus sê: “Ek moet iets belangriks met Lasarus bespreek, laat my daar dus maar deur!”
[5] Die wagter vra hom na sy naam, wat ook dadelik gesê word, waarna hy Nikodemus die berg laat opgaan, want hy het by elkeen goed bekend gestaan. Die wagter vra hom net of hy hom nie kon vertel wat die nog nooit voorheen voorgekome wonderlike verskynsel tog wel mag beteken nie.
[6] En Nikodemus sê vriendelik aan die wagter: “Ja, my beste vriend, daarvoor wil en moet ek juis na Lasarus op die berg gaan, omdat ek weet dat hy in hierdie tyd vanweë die fees en die mark altyd hier op die berg in sy groot herberg woon! Hy is baie kundig in hierdie dinge en sal my daaroor seker die beste moontlike verklaring kan gee. Maar soveel kan ek jou as `n oudste van Jerusalem wel met sekerheid sê, dat die buitengewone verskynsel vir die goeie iets goeds en vir die slegtes iets slegs aankondig, want dit is geen gewone natuurverskynsel meer nie. Wees jy daarom, as jy `n goeie mens is, netsoos ek maar gladnie besorg nie, want ons albei sal niks erg oorkom nie!”
[7] Die ook al baie angstig geworde bewaker bedank hom daarvoor, en ons Nikodemus gaan vinnig die berg op en verbaas hom daarbo aangekom, nie min daaroor dat hy daar so `n groot, vrolik gestemde groep mense aantref nie, wat met bewondering na die indrukwekkende verskynsel kyk en die skoonheid daarvan met `n opgewekte gelaatsuitdrukking aanskou.
[8] Maar Ek sê aan Lasarus: “Broer Lasarus, die oudste Nikodemus het deur groot vrees gedryf, na bo gekom om met jou oor die betekenis van die verskynsel te praat! Gaan dus na hom toe, ontvang hom, dan sal Ek jou wel in die mond lê wat jy voorlopig aan hom moet sê! Gaan nou dus, maar sê hom nie te gou dat Ek hier is nie!”
[9] Lasarus verheug hom egter daaroor, want hy het baie van Nikodemus gehou, wat sy enigste vriend was. Dus gaan hy dan ook vinnig weg om te doen wat Ek hom aangeraai het.
[10] Toe ons Nikodemus by die ongewone daglig in die nag al vir Lasarus op `n afstand sien, groet hy hom al van ver en sê: “Broer, vergeef my dat ek jou so laat in die nag opsoek! Maar jy hoef maar net na die twaalf vuurpilare daar in die ooste te kyk om te kan raai wat my eintlik na jou toe gebring het. Ek sê vir jou: in die hele groot stad, asook in die tempel, is elkeen verbysterd! Dit is iets, wat vir sover ons weet, nog nooit voorgekom het nie! In die stad loop Judeërs en heidene verdwaas deurmekaar. Die sorgelose jeug maak grappies en plaas die hele verskynsel in die Essene se skoene; maar dan roep weer `n ou op geld beluste rabbi in alle stege en strate: “Die Messias kom!”, wat die mense ook nie gerusstel nie. Die heidene glo dat dit `n oorlog van die gode is, en bekrompe Judeërs sien daarin die koms van die beloofde Messias, terwyl ander die jongste oordeel van Daniël voor oë het. Die priesters is radeloos en kan die volk geen steekhoudende, of ook maar enigsins ware antwoord, op hulle vrae gee nie. Die volk word weerspannig in die tempel en bespot die priesterdom op `n ongehoorde manier. En so heers daar nou in die groot stad `n chaos, soos wat ek dit nog nooit meegemaak het nie!
[11] Ek was self byna `n uur lank in die Hoë Raad aanwesig en van die kant van die priesters stel elkeen my vrae; maar hoe kan iemand by sulke ongelooflike verskynsels wyse raad verskaf?! Ek het hulle almal soveel moontlik klare wyn geskenk, maar dit het volstrek niks gehelp nie.
[12] Ja, wat kan jy dan nog meer doen? Diere lewe volgens hulle onskuldige instink, maar priesters in die tempel - sê ek jou - het geen instink en heeltemal geen verstand of enige insig nie! En daarom is daar met hierdie ware halfmense of eintlik al heeltemal geen mense meer nie, totaal niks te begin en absoluut niks te bereik nie. En sien, daarom het ek dus by hierdie buitengewone geleentheid hiernatoe gevlug, want sowel benede in die stad as in die tempel is dit vir mense soos ons gladnie meer uithoubaar nie!
[13] Maar mag jy nou geleentheid hê, dan sou jy my wel besonderhede uit jou lewenservaring kan vertel, wat vir my nou des te wensliker is, omdat ek baie beswaard voel. Sê my eers baie eerlik: Het jy tydens jou reis in Persië en Arabië ooit `n dergelike verskynsel gesien? En as jy ooit iets dergeliks gesien het – watter gevolge bring dit dan later of ook al dadelik met hom saam?”
[14] Lasarus sê: “Jy moet jou nie deur die buitengewoon mooie ligverskynsel beswaard laat voel nie, want dit is absoluut geen teken van moontlike kwade gevolge vir ons nie, wat tenminste in soverre tot die beter mense behoort, dat ons nog die ou, vaste geloof in God en ons trou aan Hom in ons hart bewaar het, en Sy wette soveel moontlik in ag geneem het! Vir die afvalliges is dit egter `n goeie vermaning, want hulle sê dat die ewig-ou JaHWeH nog steeds leef en mag het om sondaars te tugtig, hoe en wanneer Hy wil. As jy die verskynsel vanuit daardie standpunt bekyk, kan dit jou geen angs aanjaag nie. Kyk na die honderde mense daar! Hulle beskou die verskynsel almal vanuit daardie standpunt en is volkome rustig en vol goeie moed, en jy met jou deeglike opregtheid voor God en die mense sal tog ook wel geen rede hê om daarvoor bang te wees nie! - Het ek gelyk of nie?”
[15] Nikodemus sê: “Ja wel, ja wel, jy het reg en goed geantwoord en my hart baie versterk met jou vriendelike woorde, waarvoor ek jou van ganser harte dankbaar is, maar jy het my nou nog nie vertel of jy op jou verre reis in Persië en Arabië ooit iets dergeliks gesien het nie!”
[16] Lasarus sê: “Nog nooit, nóg in Persië nóg in Arabië het ek dergelike verskynsels gesien! Wel het ek sowel oordag as snags baie ander verskynsels gesien, wat gereeld ook baie vreemd was en wat iemand wat dit vir die eerste sien, beslis ook baie ontstel laat staan; maar omdat hulle op bepaalde tye steeds in dieselfde vorm teruggekeer het, het dit geen besondere indruk op die plaaslike bevolking gemaak nie. Die verskynsel sou egter so seker die moedigste Arabier die skrik op die lyf jaag, want op hierdie aardbodem het geen mens ooit so-iets gesien nie, behalwe een of ander profeet in `n profetiese geesvervoering, netsoos dit nog vertel word van die aartsvaders Kenan en Henog, en ook van Moses, Elia en Daniël. Maar met liggaamlike oë is so `n verskynsel waarskynlik nog nooit gesien nie. Dit sal egter nie voortdurend so bly staan nie, maar volgens my gevoel weldra nog `n aantal kere verander.”
[17] Nikodemus sê: “Bedoel jy dit werklik?”
[18] Lasarus antwoord: “Ongetwyfeld, netsoos die twaalf ligpilare nou staan en nog steeds ietwat groter word, sal hulle nie tot die einde bly nie!”
[19] Nikodemus sê: “O, dan sal dit nog erger word in die stad en in die hele omgewing! Wat sal jou twee susters tuis doen? Die sal van angs wel geen raad weet nie, netsoos my familie tuis!”
[20] Lasarus sê: “O, maak jou geen sorg daaroor nie! Daarvoor het die Heer al gesorg, want Hy laat Syne nie in angs sit nie, wat daar ookal op aarde mag gebeur. Want die Heer waak ook oor sulke verskynsels, laat hulle ontstaan, verander en vergaan, en dit steeds vir die heil van die mense van hierdie aarde en om hulle beswil. Daarom hoef jy jou dus nie oor jou familie besorg te maak nie, want God se wil waak oor ons almal!”
|
|
|
|
|