|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 204
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die Heer met die Syne op die Olyfberg
204 Toe Ons Onsself weer na die Olyfberg begewe, volg ook Nikodemus, Josef van Arimatea en die ou rabbi Ons, en Nikodemus sê terstond aan My: “O Heer, my Liefde aller liefde, vandag het U die despote eens aansienlike en onverbloemd die waarheid vertel! Ja, dit was wel `n wonder bo wonder dat hulle vandag nie netsoos laas na die klippe gegryp het nie! Ek het werklik by elkeen van U heilige en volledig ware woorde so `n egte groot vreugde gevoel as wat andersins nie gou die geval is nie. Die heerlikste van alles vind ek ten eerste, dat byna al die in die tempel aanwesige volk, U heilige lewensleer aangeneem het, en ten tweede dat die fariseërs en skrifgeleerdes, met elke strikvraag wat hulle aan U gestel het, hulleself die meeste uitgevang het en by die volk ook die laaste vonkie geloof en vertroue, wat hulle nog gehad het, verspeel het.
[2] O, dit was goed vir die aanmatigende en heerssugtige, skynheilige huigelaars en selfsugtige selote, wat hulleself nou al `n hoër plek toebedeel as God en Moses self. Hoe hulle ook die volk wil laat glo dat God slegs langs hulle met die volk verkeer en slegs hulle stem en hulle gebede aanhoor en verhoor. Maar vandag is hulle duidelik in die teenwoordigheid van die volk, uit die doeke gedoen, in welke aansien hulle voor God staan en dit was so iets voortreflik, dit kan gewoon nie meer oortref word deur iets anders nie! Nou sal hulle wel weer die een vergadering na die ander hou, waarvan die een nog slegter en dommer sal wees as die ander!
[3] Die beste daarby is nog dat hulle menings onderling verdeel is! Die minder erger sien tenminste nog in dat hulle niks teen U kan uitrig nie; maar die egte verstokte tempelaanhangers sien dit ook nie in nie, ofskoon hulle juis vandag hulle totale magteloosheid sou moes gevoel het. Kortom, oor U algehele oorwinning oor die vreeslike duisterlinge is ek so verheug, dat ek nou wel luid sou wil roep: Heil aan Hom wat in U tot ons gekom het in die Naam van die Heer!”
[4] Ek sê: “Ja, inderdaad, jy het goed gevoel en korrek gespreek; maar die liefste sou Ek tog gehad het, dat ook die fariseërs en alle skrifgeleerdes die waarheid kon insien en van mening verander. Maar nou is hulle nog netso verstok as wat hulle voor die tyd was.
[5] Hulle het via hulle spioene ontdek dat Ek met My leerlinge en alle ander vriende hierdie berg opgegaan het en daar sal nie twee uur verbygaan nie of Ons sal hulle nuwe knegte en agtervolgers hier te siene kry. Maar My tyd, waaroor Ek reeds met julle gespreek het, het nog nie aangebreek nie, daarom sal Ek hulle deur My RafaEl, maar eers deur die sewe Opper-Egiptenare wat nog hier aanwesig is, aansienlike laat tugtig, dan sal hulle Ons weer `n tyd lank met rus laat. Maar nou gaan Ons aan tafel om Ons ledemate te versterk! Diegene wat benede is, moet maar doen wat hulle wil!”
[6] Hier kom RafaEl met die skare wat aan hom toevertrou is en deel Agricola mee dat hy nou volgens My wil alle jongmense Romeins, Grieks en ook die taal van die Judeërs moet leer praat en dat hulle daarom in Rome goed te gebruik sou wees, omdat hulle die genoemde tale nie net volledig kon praat nie, maar ook kon skryf en lees.
[7] Daaroor was Agricola uitermate verheug, omdat `n groot sorg en baie werk daarmee van hom afgeneem was. Die jongmense begroet My nou in die Judese taal en begewe hulle toe op My aanwysing na hulle tente, waar die tafels ook vir hulle goed voorsien was.
[8] Ons gaan daarna onmiddellik na Ons eetsaal, gaan op dieselfde plekke sit as daarvoor en bedien Onsself van die goed toebereide spyse en die buitengewoon goeie wyn.
|
|
|
|
|