|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 161
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die innerlike openbaring van die man uit Opper-Egipte
161 (Die man uit Opper-Egipte): "In die nag kom my vader opnuut na my toe en sê dat ek goed gehandel het, maar maak my terselfdertyd met die wil van God bekend, en raai my dringend aan, om dit streng op te volg en tot my wil te maak; daardeur sou ek dan volledig seggenskap hê oor die natuur en haar elemente, netsoos ook die eerste mense dit gehad het, toe die aarde nog veel gevaarliker was.
[2] Toe ons in die môre weer ontwaak, vertel ek elkeen my droom en spoor almal dringend aan om die groot God ernstig te dank vir Sy beskerming, maar Hom ook vurig te smeek om dit nooit aan ons te onttrek nie. Dit doen ons en daarop maak ek almal bekend met God se wil, wat my in my droom deur die gees van my vader onthul was, en ek spoor almal aan, om dit met die grootste liefde, agting en dankbaarheid vir God baie presies op te volg.
[3] Almal beloof my dit, en kyk, toe word dit skielik baie lig in ons grot, wat selfs oordag baie donker was, en ons sien daarin nog meer gange, wat ons moedig ondersoek en waarby ons nog ander grotte vind, wat verder stroom opwaarts meer of minder gemaklike uitgange het! En so vind ons `n aantal goeie wonings, wat later deur my metgeselle bewoon word. In hierdie grotte vind ons ook enkele suiwer nafta bronne. Ons skep die olie in die lampe wat ons saamgebring het, waarmee ons toe ons natuurlike wonings baie goed kon verlig. Ons besef almal dat hierdie vonds `n baie besondere barmhartigheid van bo was, en bedank die groot God dan ook baie innig daarvoor.
[4] Toe ons Hom ons dank betuig het, verneem ons `n helder stem, wat in goed verstaanbare woorde as volg met ons spreek: “Doen almal My wil wat aan julle geopenbaar is, dan sal alle diere van hierdie wildernis julle volgens julle wil dien! Maar julle mag maar net van hulle verlang wat julle as voedsel vir julle liggaam nodig het; daarom moet julle vir julleself ook geen voorraad aanlê nie!
[5] In die middelste grot sal julle `n groot hoeveelheid sout vind; gebruik dit om die visse te sout wat die arende vir julle uit die Nyl sal haal! Lê hulle op klipplate wat sterk deur die son verhit is en eet hulle dan! By die uitgang van die eerste grot onder `n gryswit klip is `n bron wat vars water gee; slaan die vry sagte klip stukkend, dan sal julle dadelik `n behoorlike hoeveelheid goeie drinkwater kry! Agtervolg geen leeus en luiperds of ander diere uit hierdie streek nie, dan sal hulle julle dien, wanneer julle hulle die nodigste het!”
[6] Toe raak die stem stil; ons bedank God nogmaals vir die openbaring, en besef daardeur ook dat dit werklik God se wil was dat ons hierdie streek as woonplekke gekies het.
[7] Dit alles het `n geweldige invloed op my hart en gemoed, omdat alles wat my geopenbaar was mettertyd bevestig word. Daarop begin ek verder te soek, kry `n innerlike woord en handel volgens wat ek in myself gehoor het. Die meeste geluk my, alleen wanneer so nou en dan enige twyfel oor die welslae in my opkom, geluk dit nie, en ek moes my dan volledig ontdoen van die geringste twyfel, waarna my dan alles dermate geluk, dat ek verder aan geen twyfel meer kon dink nie, en ek bespeur binne enkele jare daardie een in my wat die gees van Henog voorheen aan die fariseërs gesê het. Want waarheen ek my in gedagtes ook maar verplaas op die hele aarde, daar was ek dan al dadelik aanwesig met my oë, ore, mond, neus, hande en voete.
[8] My metgeselle - op één na - het dit weliswaar nog nie so ver gebring nie; maar hulle is almal baie goed op pad, en ek het hulle dan ook hierheen saamgeneem, sodat hulle hier die Allerhoogste sal hoor, en die groot God, na wie ek hulle in die gees gelei het, hier in die persoon van `n aan ons gelyke mens kan sien en hoor. Hulle is daarom ook nou, netsoos ek, vol van die grootste vreugde en die hoogste geluk. - En nou weet jy dus, deur my baie kort beskrywing, hoe ek en ook my metgeselle tot ons innerlike lewensvervolmaking gekom het.
[9] Julle het dit hier egter, as ware kinders van die Heer, makliker; maar ons is vreemdelinge, en moet meer doen om deur God die Heer ook as kind aangeneem te word. - Is jy met my beskrywing tevrede?”
[10] Petrus sê: “Meer as tevrede, en dit verheug my, dat die Heer Hom ook in verre lande aan die mense openbaar wat Hom opreg soek, Hom liefhet en hulle geheel aan Hom toevertrou.
[11] Maar daar kom Hy al die hut uit, om vanweë beide bekeerde fariseërs `n teken te doen. Laat ons daarom nou weer geheel hart, oog en oor wees!”
[12] Toe gaan Ek na Petrus en sê: “Wel, Simon Juda, hoe het julle My opdrag by hierdie vreemdelinge vervul?”
[13] Petrus sê: “Heer, U het wel geweet dat hierdie vreemdelinge ons, en nie omgekeerd, U evangelie sou predik, en U het ons na hulle toe gestuur, sodat hulle ons sou vertel wat ons helaas nog ontbreek, omdat ons reeds die een en ander van U lesse en dade vergeet het. Ons dank U, o Heer, ook daarvoor; want ons het van hierdie vriende nou egter veel geleer!”
[14] Ek sê: “Dan is dit so ook goed, en daarom sal ons nou nog `n teken ter bekragtiging van die geloof van hierdie vier tempeldienaars doen. Gaan sê vir hulle dat hulle hierheen kom!”
|
|
|
|
|