Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die wese van die engele

68 Daarop sê Agricola aan RafaEl: “Allerbeste dienaar van ons God, Majesteit en Heer! Wat vir `n liggaam het jy hier as suiwer gees? Is dit ook netsoos by my, vlees en bloed?”

[2] RafaEl sê: “Voel maar en oortuig jouself!”

[3] Toe raak die Romein die hande en voete van die engel aan en konstateer dat dit net so uit vlees en bloed bestaan as die van iemand anders, en hy sê daarop: “Ja daar is werklik niks geestelik aan te voel nie, en tog moet jy `n suiwer gees wees en dit al byna net so lank as wat die mensegeslag op aarde bestaan?”

[4] Toe sê die engel: “Voel nog maar `n keer, dan sal ons sien wat jy daarna sal sê!”

[5] Toe begin die Romein die engel opnuut aan te raak, maar nou voel hy geen liggaam meer nie en waar hy die engel vashou, gaan sy vingers daar netso maklik deurheen as deur die lug.

[6] Na hierdie tweede ervaring sê hy hoogs verbaas (die Romein): “Ja, dit sou selfs die mees verstandige mens gek kan maak! Eers was alles stewig beet te pak en nou is alles lug, dus so goed as heeltemal niks! Maar sê my nou eers - as jy tenminste as so `n lugtige fenomeen nog kan praat, - waar het jy nou jou goed voelbare liggaam van flussies gelaat?”

[7] Die engel sê: “Dit het ek nêrens gelaat nie, want ek het dit nog presies netsoos voorheen! Wat jy die eerste as `n vaste liggaam gevoel het, was my vrye wil, en dat jy dit die tweede keer heeltemal nie gevoel het nie, was ook my wil. Want wat ons volmaakte geeste wil, gebeur netsoos ons dit vanuit ons vryheid en wysheid wil, hetsy direk of geleidelik aan volgens `n sekere wyse orde.

[8] Want ons bevind ons deur ons liefde tot God ook volledig in Sy Wysheid en Mag, wat ons kan dra en volledig besef, en dus is God se Liefde ook ons liefde, Sy Wysheid ons wysheid, Sy wil ons wil en Sy Mag ook ons mag. Maar tog is daar in God nog ondeurgrondelike dieptes wat geen enkele geskape gees ooit sal deurgrond nie; en as hy dit sou kan doen, sou hy nie salig wees nie, omdat hy dan van God geen toenemende saligheid meer te verwagte sou hê nie. - Begryp julle Romeine dit goed?”

[9] `n Aantal Romeine sê nou: “Ja, beste vriend - ook al is jy `n gees - om dit goed te begryp en te besef het jy meer nodig as ons Romeinse verstand! Dit sal alles wel so wees, maar om te begryp hoe dit eintlik alles is, moet ons wag tot ons siele verder ontwikkel sal wees.”

[10] Die engel sê: “Luister eers, ek spreek nou slegs met Agricola en nie met julle almal tegelyk nie; want ek weet immers dat julle nie net so verstandig is as hy nie. Daarom moet julle nou almal luister en op alles let waaroor ek met die verstandigste van julle spreek en wat ek hom laat sien! Agricola, jy het dus nou alleen die woord!”

[11] Agricola sê nou: “Ja, ja, my suiwer geestelike vriend, ek het wel so half en half begryp wat jy my eintlik wil sê, maar tog het ek dit, netsoos die ander, nie heeltemal begryp nie, maar ook ek wag dan volgens die belofte van die Heer op beter tye! Maar wel sou ek nou van jou wil weet - en wel onder die voorwaarde dat ek dan volledig afsien van `n hele boel ander dinge - hoe jy jou deur jou wil kan ontdoen van jou liggaam en tog nog net so aanwesig kan wees as daarvoor met jou stewig tasbare liggaam? Want veral dit is vir my die meeste onbegryplik! Eers is jy iets wat werklik bestaan, dadelik daarna is jy, as jy daaraan voel, heeltemal niks, en daardie niks is dan tog weer heeltemal dieselfde as daarvoor. Ja, hoe is dit dan tog moontlik?”

[12] Die engel sê: “Dit is tog iets baie begryplik! Ons geeste is in ons suiwer geestelike sfeer, wat vir julle gewigloos is, tog die eintlike, enigste werklike en alleroorspronklike iets. Al die ander in die hele stoflike wêreld is maar net `n verskynsel wat deur ons wil veroorsaak is, om vir julle stoflike siele `n duursame medium te skep deur middel waarvan julle julleself netsoos ons, die volledige en waaragtige lewensvryheid kan verskaf.

[13] Om dit egter nog duideliker aan jou te toon, moet jy, Agricola, nou self `n klip van die grond opraap! - Goed, jy het nou `n baie harde natuurklip in jou hand! Nou sal jy sê: “Kyk, hierdie klip is netsoos hy is, `n absolute werklikheid!” Want jy voel in jou hand sy gewig en dit is vir jou `n onverwoesbare hardheid en jy sê vir jouself: “Dit bestaan werklik eg!” Maar ek sê vir jou dat dit met die werklik egtheid van jou net so gestel is as met my vleeslike liggaam en daarna met my nou nog steeds netso geestelike liggaam. Want die hardheid en die gewig van die klip wat jy nog in jou hand vashou, hang enkel en alleen af van die vashoudendheid van ons wil. Solank ons hom as `n harde en swaar klip in stand wil hou, sal hy ook bly wat hy is.

[14] Wil ek byvoorbeeld dat jou klip nou geheel - wat sy massa betref - aan my gelyk word, dan sal jy netso deur die klip heen kan gryp as wat jy netnou heeltemal deur my heen gegryp het. En in daardie geval het die geproduseerde materie van die klip wat deur ons geestelike wil daargestel is, eers haar oorspronklike realiteit bereik, terwyl die materie vir jou nou, deur die vashoudendheid van my eie wil, as `n harde, swaar klip voorkom. Om dit nog makliker te begryp, moet jy nog `n keer goed ondersoek of dit nog dieselfde klip is!”

[15] Agricola sê: “Hy is nog netsoos wat hy was!”

[16] Die engel sê: “Hoe is hy dan nou?”

[17] Agricola sê: “Ja, ek sien hom nog wel as `n wolkie in my hand, maar sy hardheid en gewig het verdwyn! Nee, dit is tog wel baie vreemd! Ek sou my tog enigiets eerder kan voorstel as dat so-iets moontlik sou wees! Hoe kry jy dit tog bymekaar?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205