Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

RafaEl ontmasker die towenaars

96 Op dieselfde oomblik staan die towenaars sonder jas, en daar val `n groot aantal voorwerpe uit hulle vele sakke, ook verskeie dooie en lewende voëls en verdorde en vars bosse blomme.

[2] RafaEl laat die Romeine in `n oogwenk sien hoe die Indiese towenaars hulle wonders verrig het, wat die Romeine ook dadelik insien, en hy sê: “En vir daardie miserabele bedrog wil julle hierdie mense nog beloon?!”

[3] Toe trek die Romeine hulle terug, en die towenaars sê: “Ja, knap jong vriend, beter kan ons dit nie!”

[4] En RafaEl sê: “Gaan dan tuis aan die werk, en verdien julle brood op `n eerlike manier, maar nie deur die skandelike bedrog nie!”

[5] Daarop wil die towenaars vertrek, maar die engel sê: “Julle kan wel gaan, maar eers wanneer ons dit aan julle toestaan. Op die oomblik het ek nog die een en ander met julle te bespreek. Trek julle mantels maar weer aan, dan sal ons verder praat!”

[6] Daarop gryp die geheel verblufte towenaars na hulle mantels, wat op die grond versprei lê en trek dit weer aan.

[7] En die hooftowenaar sê aan RafaEl: “Maar hoe kan jy, lieftallige jong man, ons hier sonder meer voor so `n eerbiedwaardig geselskap so uitsonderlik beskaamd maak?! Ons vra immers niks vir hierdie drie toorkunsies nie en sou net `n vrywillige bydrae in dank aangeneem het. Ons kan immers nog veel meer as net hierdie drie kunsies!”

[8] RafaEl sê: “Wat julle kan, weet ek maar al te goed! Alles berus op slu bedrog, waarvoor julle jul bowendien nog laat betaal, en jy noem jouself wêreldberoemd omdat julle geslepe bedrieërs is. Na my wete het julle self `n wet wat `n swaar straf op leuens en bedrog stel. En tog lewe julle van die ergste en laagste bedrog, omdat julle as bedrieërs ook nog geag en hoog beloon word, terwyl `n ander bedrieër, wanneer hy ontdek word, nie sy verdiende straf ontgaan nie, en ook omdat julle die siele van die mense bederf. Want in die oë van die mense wat nie ingewy is in die geheime van julle bedrog nie, doen julle wonders, omdat julle eers op hoogdrawende manier aankondig dat julle wonders gaan doen deur die mag van julle staf, woord en wil.

[9] So `n wonderwerk is immers niks anders as skandelike bedrog nie en is slegter en erger as enige ander bedrog, omdat ander gemene bedrog daartoe lei dat mens die bedrieër verag en hom voor die gereg van die wêreld bring, terwyl julle bedrog julle by die dom mense groot eer en `n goddelike aansien verskaf. Julle het julle voorheen aan die mense voorgedoen as hoër goddelike wesens en het van die volk offers en aanbidding aanvaar; mense het in julle land selfs `n tempel vir julle gebou en julle beeld daarin neergesit om te vereer en te aanbid! Ek sê egter dat dit `n werk van die hel en van haar bose geeste is en dat julle met hulle in verbinding staan, nie omdat hulle julle sou help met julle bedrieglike wonders nie, maar omdat julle op aarde doen, wat hulle in die hel doen; want by die duiwels is alles leuens en bedrog.

[10] Weliswaar het julle jul kwade kunste by die priesters geleer, omdat julle self tot die skandelike priesterkaste behoort en nou as hulle leerlinge van hulle weggetrek het om baie mense in julle nette te verstrik daardeur; maar hierheen het julle verniet gekom, en hier sal `n einde gemaak word aan julle kwade praktyke, daarvoor staan ek volkome in.

[11] In die begin sê julle wel dat julle na die uiterste weste gaan om daar, as te ware aan die einde van die wêreld, die ondergaan van die son, van die maan en van die sterre van so digby moontlik waar te neem en te ondersoek, maar julle ken die vorm van die aarde die beste; want daar was mense in julle land wat die aarde baie goed bestudeer het en ook baie goed geweet het wat hulle van die son, die maan, die planete en van die vaste sterre moes dink. Maar dit het julle die volk nie net nooit meegedeel nie, maar julle het dit selfs met swaar straf bedreig as hulle dit ooit sou waag om oor die sterre en die aarde iets anders te dink, te sê en te glo as wat julle hulle altyd daaroor voorgelê het. En vir die skaamtelose leuens moet die arme volk julle nog die grootste offers bring en hulle ook nog op alle moontlike maniere gruwelik deur julle laat kwel.

[12] Het dit nooit in julle opgekom dat so `n behandeling van julle medemens `n baie groot onreg is nie? Julle verkondig aan die volk wel `n allerhoogste god en ook `n slegte god, wat in `n voortdurende stryd gewikkel is met die hoogste goeie god, maar self het julle nog nooit in so `n god geglo nie, terwyl julle jul letterlik as godeseuns deur die volk laat vereer en aanbid! Wat moet ek dan van julle dink? Ek sê jou: Julle is nog veel erger as die kwaadaardigste diere op aarde! Want hulle lewe en handel netsoos hulle innerlike orde hulle leer en ingee; maar julle, as wesens wat met alle verstand en `n helder begrip en met `n volkome vrye wil begaafd is, is erger teen julle medemens as die mees wilde en verskeurende diere onder mekaar. - Wat dink julle daarvan, en wat het julle daarop te sê?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205