|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 24
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
RafaEl klee die armes
24 Op daardie oomblik wink Ek vir RafaEl en gee hom opdrag om aan die Judeër, haar broer en ook haar ouers passende klere te verskaf.
[2] Daarop gaan RafaEl vlug na die viertal aan tafel en sê vir hulle: “Watter klere het julle tuis in julle woonkamer?”
[3] Die Judeër sê: “O liewe, hemels mooie en netso magtige dienaar van die baie verhewe Man! Jy weet wel hoe sleg dit al lankal met ons kleding staan, en dit werklik buite ons skuld. En dus dink ek dat ons jou, ondanks jou vriendelike vraag, die antwoord heeltemal skuldig kan bly, en dit te meer omdat ek jou al vertel het hoe dit met ons kleding gestel is. Gaan daarheen en oortuig jouself!”
[4] RafaEl sê: “Daarom het ek dit ook nie vir jou gevra nie, want julle besitting aan klere in julle woonvertrek ken ek baie presies. Ek weet egter nog iets, wat jy vanweë jou enigsins misplaasde eergevoel graag wil verswyg. Maar sien, vir ons kan niks verswyg word nie, omdat ons alles maar al te presies weet. Jy het uit liefde vir jou ouers en jou broer jou goeie en selfs baie kosbare klere by `n Griekse pandjiesbaas vir honderd silwerstukke vir een jaar geleen en die pandbrief het jy tuis, en sien, daarvan het jy my juis nie bepaald veel vertel nie! As jy nou die klere sou besit, sou jy dan nie daarmee tevrede wees nie? Vir jou ouers en jou broer hier sou dan goed gesorg kan word!”
[5] Toe word die jong Judeër `n bietjie verleë, maar na `n klein pouse sê sy tog: “Ja, ja, jy het volledig die waarheid gespreek, maar wat help dit my nou nog? Die goeie klere was immers ook maar net `n geskenk van `n ryk bloedverwant, wat jammer genoeg gesterf het en wat ons later geen verdere ondersteuning kon laat toekom nie. Die klere wat hy my nog tydens sy lewe geskenk het, was ook die hele erfdeel wat ons toegekom het; al die ander het sy drie seuns geërf, wat egter baie harde mense is en nie meer vir armes wil omgee nie.
[6] Ek het egter nooit self die kosbare klere gedra nie, omdat hulle eerstens nie gepas was vir `n arm meisie nie en vir my in die tweede plek ook te groot was. Maar ons groot nood het my daarmee `n ander uitweg gewys. Omdat ek hulle ook nie as aandenkings wou verkoop het nie, het ek hulle verpand, met die gedagte dat daar in een jaar tog moontlikerwys iets kon gebeur waardeur ek hulle sou kon aflos. Maar by ons steeds toenemende ellende, sou daar ondanks die pandbrief wat ek besit, van aflos tog al nooit meer sprake gewees het nie, en daarom het ek dan ook liewer niks daarvan gesê nie; en ook die omstandigheid dat verpand by ons geen besonder prysenswaardige deug is nie, dwing my om maar geen melding daarvan te gemaak het nie. En nou weet jy, dierbare jeugdige vriend, dan ook alles; maar nou is dit die vraag wat daaromtrent gedoen moet word!”
[7] Die engel sê vriendelik: “Wat dink jy anders as aflos! Maar dit sou jou, liewe suster in JaHWeH God, veel werk en ongemak besorg en daarom sal ek dit in jou plek doen. Vind jy dit goed?”
[8] Die Judeër sê: “Ja, dit sou ek sekerlik goed vind, maar ten eerste het ek die pandbrief nie hier by my nie en ten tweede woon die Griek baie ver hiervandaan en hy kom slegs eenmaal per maand na Jerusalem, doen daar sy sake en gaan dan weer na sy woonplek, ek glo selfs heeltemal in Tirus of Sidon. Hy kan ook nou wel hier in Jerusalem wees, dit sal ek nie weet nie, omdat dit net seker is dat hy tydens die Paasfees na Jerusalem kom om sy vernaamste sake daar af te handel.”
[9] RafaEl sê: “Dit beteken alles niks! Omdat jy dus daarmee eens is, sal ek met jou pandbrief wel jou Griek gou êrens vind, jou klere aflos en hulle self hiernatoe bring. Hoe vinnig sou jy dit wil hê?”
[10] Die Judeër sê: “O lieftallige vriend, as jy dit langs `n baie natuurlike weg wil doen, dan sal jy wel meer dae nodig hê voor jy hierdie saak met die Griek kan reël, maar omdat jy ook wonders kan verrig, kan jy dit miskien ook in `n veel korter tyd tot stand bring!”
[11] Daarop sê RafaEl: “Wel, tel dan die oomblikke wat ek nodig sal hê om eers die pandbrief vir jou te gaan haal! Wel, het jy al begin om die oomblikke te tel?”
[12] Die Judeër sê: “Hoe kan ek dit, solank jy nog hier is?”
[13] RafaEl sê glimlaggend: “Maar ek was al weg gewees en ek het die pandbrief ook al in my hande. Kyk maar of dit wel die goeie is!”
[14] In hoë mate verbaas oor die ongehoorde snelheid sê Agricola en nog ander Romeine: “Maar vriend, jy was immers geen oomblik afwesig gewees nie! Hoe het jy dit gedoen? Jy het die pandbrief waarskynlik al eerder saamgeneem, toe jy hierdie familie uit hulle woning gehaal het, om nou nuttig daarvan gebruik te maak. Want dit is tog ongelooflik dat jy in `n ondenkbaar vinnige oomblik heen en terug gegaan het!?”
[15] RafaEl sê: “In hierdie stoflike wêreld en by die mense is baie nie moontlik nie, wat vir God en Sy mag wel moontlik is! Jy het nou egter van hierdie Judeër gehoor dat die Griek, wat haar klere as pand vir die aan haar geleende honderd silwerstukke besit, homself nou in Tirus bevind, hoewel sy bediende wel hier is en vir sy sake sorg. Sy handelstent staan egter nog ruim twee uur ver buite die stad in die rigting van Bethlehem en nou sal ek die klere van hierdie arm vrou net so vinnig gaan haal as hierdie pandbrief en dan sal jy nie kan sê dat ek waarskynlik ook haar klere al vroeér afgehaal het nie. Tel nou die oomblikke wat ek hiervoor nodig sal hê! Het jy hulle al getel?”
[16] Agricola sê: “Hoe kan ek hulle nou getel het terwyl jy nog nie weg was nie?”
[17] RafaEl sê: “Kyk dan! Daar op die bank naas die deur, stewig in `n doek geknoop, lê die klere van hierdie arm Judeër, hulle is heeltemal afgelos; laat sy hulle bekyk en vir julle sê of dit nie haar welbekende klere is nie!”
[18] Toe staan die Judeër dadelik op, bekyk die klere uiters verbaas en herken dit ook dadelik volledig as hare.
[19] Maar omdat haar moeder nog armsaliger gekleed was as syself, sê sy aan RafaEl (die Judeër): “Luister, my meer as wonderbaarlike, jong vriend, ek vra jou nie hoe jy my hierdie klere so heeltemal onverwags kon besorg, wat wel volkome toereikend vir `n vrou is nie, maar nie vir my nie, maar vir my moeder! Daarom gee ek dit aan haar, dan kan sy haar heeltemal klee; ek sal dan die klere neem wat sy nou dra, dit is voldoende om die naaktheid van my liggaam so lank te bedek totdat ek, deur die goedheid van hierdie, met wêreldse mag beklede Romein, beter kleding sal kry. Laat my dus met my moeder na `n leë kamer gaan waar ons onsself kan aantrek!
[20] Maar vooraf vra ek jou, werklik onbegryplik, wonderbaarlike magtige jong man, of hierdie kledingstukke, wat tog wel kosbaar is, nou wel as rein beskou kan word, want dit was in die hande van `n heiden, wat vir ons Judeërs onrein is. Ek sou my moeder liewer glad geen beter kleding wil gee nie as wat sy daardeur ook maar `n dag onrein sou word nie.”
[21] RafaEl sê: “My kind, wat jy nou met die kleding wil doen, is `n goeie plan en jy doen daar goed aan! Doen dus wat jou hart vir jou sê en dit sal vir jou goeie vrugte oplewer! Bekommer jou maar nie oor die reinheid van die kledingstukke nie, want wat hom in my hande bevind het, is ook volkome rein. Lasarus sal jou en jou moeder wel `n kamer aanwys waarin julle julleself kan aantrek.”
[22] Daarop bedank beide hom, neem die klere, en Lasarus bring hulle dadelik na `n klein vertrek waar hulle hulleself kon aantrek.
[23] Toe die moeder daarna uitstekend gekleed was, neem die dogter die al baie verslete klere wat haar moeder uitgetrek het en trek dit aan en beleef baie genoeë met die blydskap van haar goedgeklede moeder en let nie daarop dat sy self baie armsalig gekleed was nie.
[24] Toe beide weldra weer by ons in die eetsaal kom, was die dogter skielik net so voortreflik gekleed as haar moeder en was baie verwonderd daaroor. Maar haar verbasing word nog groter toe sy aan die tafel van die Romein ook haar vader en haar broer baie feestelik gekleed aantref.
|
|
|
|
|