|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 125
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die kritiek van die towenaar op die gelykenis van die toevertroude ponde
125 Die towenaar sê: “Heer, ek het nou op `n punt gekom, waarop die verstand die mens in die steek laat en selfs by die geduldigste die hare ten berge begin te rys! U is tog nie die koning, wat soos `n tiran neem waar hy niks neergesit het nie, en wil oes waar hy nie gesaai het nie? Want dit lyk vir my dat juis alles van U afkomstig is, en dat juis U oral gesaai het en daarom ook oral neem en kan oes, omdat alles van U is en ook van U moet wees.
[2] Dat die boosdoeners gestraf word, vind ek heeltemal in orde; want juis die goddelike lankmoedigheid is onverdraaglik, omdat die bose daardeur steeds meer tyd en ruimte wen vir die totstandkoming van sy gruweldade, terwyl die mens wat hom goed gedra in `n steeds groter ellende beland, ten slotte alle geloof verloor en genoodsaak word die pond wat aan hom toevertrou is, in die sweetdoek van sy nood weer onaangeroerd en eerlik aan die streng, onbarmhartige meester terug te gee. Ja, in daardie opsig is dit natuurlik wel beter om `n geroepene as `n kneg te wees!
[3] Dit is heeltemal korrek dat die ywerige kneg ook loon volgens werk kry; maar dat die ietwat traer en vreesagtige kneg vir die teruggee van sy pond heeltemal niks kry nie, dit vind ek baie hard van U koning!
[4] Ek is `n mensevriend en kan niemand sien ly nie, veral nie as hy ly omdat hy geen booswig is nie, en as hy dit egter nie verdien nie. Die kneg met die een pond, wat dit in die sweetdoek weer presies so aan die meester teruggegee het soos wat hy dit ontvang het, het duidelik nie die insig en die verstand van die eerste kneg nie, en ook nie eens dit van die tweede, wat met die een pond vyf ponde verdien het nie. Want sou hy ewe veel verstand gehad het, dan sou hy ook tien of minstens vyf pond kon verdien het; maar omdat dit hom ontbreek aan insig, aan die regte verstand en die moed wat daarvoor nodig is, het hy met die een pond niks anders durf doen as om dit heeltemal onaangeroerd weer aan sy meester terug te gee nie. Ek sien in hierdie handelswyse werklik niks misdadig nie, en ek sou U nadruklik wil vra wat daar dan verder met hierdie kneg, wat deur sy koning `n skelm genoem word, gebeur het.”
[5] Ek sê: “Hy bly dus wat hy al voor dit was: `n baie eenvoudige en gewone kneg, omdat hy uit homself geen bekwaamheid besit vir `n belangriker funksie nie! Want ook `n uitverkorene kry netsoos elke ander mens slegs die bekwaamheid of die talent, wat hy dan self moet ontwikkel, sodat sy vrye wil geen skade ly nie.
[6] Wie `n talent wat aan hom verleen is, so vlytig moontlik ontwikkel, het dan ook `n werklike skat, waar daar aan hom nog steeds meer bygegee sal word; - wie dit egter nie ontwikkel en hom nie wil losskeur uit sy traagheid nie, het dit slegs aan homself te wyte as hy ten slotte met sy pond wat in die sweetdoek bewaar is, nog dommer word as die een, wat nie wil dat die koning van die lig oor hulle heers nie.
[7] As gevolg van hierdie rede kom sulke trae knegte nie verder nie en volhard sulke geroepe dienare in hulle duisternis en die ergste wat uiteindelik met hulle kan gebeur is dat die lawaai van die helder dag hulle uit hulle trae en soet slaap sal wek. Of moet die son dalk vooraf bodes na die laatslapers stuur om hulle te vra of dit hulle pas as hy bo die berge opstyg? Kyk, dit sal die son ingevolge die algemene orde, wat die wêrelde in stand hou, net so min doen as wat die koning van die lig en die lewe dit sal doen!
[8] Wie die pond kry, het wel haas ook die orde van die koning gekry. Of die kneg hom daarvolgens rig, lê by sy vrye wil, en die koning is nie skuldig aan die luiheid van die kneg nie, maar die kneg self, omdat die koning van die lig maar al te goed weet welke talente hy aan `n kneg gegee het. En daarom is die koning altyd in sy ware en sekerlik nie ingebeelde reg, en nie die luie en trae kneg nie.
[9] Dink nou sorgvuldig daaroor na, neem die beeld goed in jou op en sê dan vir My of die koning volgens jou nog `n onbarmhartige tiran is! - Het jy My nou ook goed begryp?”
[10] Die towenaar sê: “Ja dit, o Heer, het ek nou goed begryp, en U gelykenis het daardeur volledig in die lig te staan gekom, terwyl dit suiwer as beeld moeilik te begryp was. Wie dus `n spesiale talent in homself herken, moet dit met alle vlyt ontwikkel en wel deur en uit homself. As hy dit gedoen het, dan sal hy die verdere wel van die koning van die lig ontvang en so `n egte leraar kan word van vele mense, wat U geroepenes genoem het. Want wie vir homself al `n ware leraar was, sal dit dan ook maklik vir baie ander kan word; wie egter baie traag was vir homself, sal dit soveel te meer vir ander wees, en hy sal ook niks hê wat hy uiteindelik aan sy medemens sou kan leer nie, en dit is dus baie waar en korrek, dat aan die een nog veel bygegee word, sodat hy dan in oorvloed het. Maar wie nie het nie, sal ook nog van dit wat hy het, ontneem word. Dit is nou vir my heeltemal duidelik, - maar tog is daar nog iets daarin wat nog nie vir my so goed duidelik wil word nie, en daarom neem ek die vryheid teenoor U, o Heer, om uit te spreek wat vir my nog onbegryplik is.
[11] Kyk, ware vlyt en ywer in al die goeie en ware is `n deug wat nooit genoeg geprys kan word nie, en traagheid is `n oorsaak vir alle moontlike ondeugde! Maar wie gee die een mens vlyt en ywer en die ander traagheid? Ek glo dat nóg die één nog die ander deur die mens self verkry kan word, maar dat dit hom deur `n hoër, goddelike wilskrag gegee word.
[12] Self het ek `n aantal kinders, by wie ek die ervaring opgedoen het dat `n paar van hulle, en wel my oudste seun en `n dogter, sonder my aansporing buitengewoon ywerig is in die aanleer van vaardighede en kennis, terwyl die ander kinders lui en traag is en streng aangespoor moet word by die leer. Dit is nou kinders van dieselfde ouers, hulle is almal gesond, kry ook dieselfde onderrig, en tog is daar sowel in hulle talente en nog meer in hulle ywer om te leer, `n groot verskil. Wat is die oorsaak daarvan? By ons, ouers, kan dit nie lê nie, omdat ons al ons kinders gelyk behandel en daar nie één op een of ander manier verwen word nie; by ons en by die natuurlike liggaamlike gesondheid van die kinders kan dit ook nie lê nie, want ons is volkome gesond en sterk - U, o Heer, alle dank daarvoor! En terwyl ons ook almal altyd dieselfde voedsel kry, is daar tog hierdie baie aantoonbare verskille binne één en dieselfde gesin! Hoe moet ek dit nou verklaar?”
|
|
|
|
|