Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Verskeidenheid van gawes van die gees

152 Toe vra die tweede fariseër: “O, geheel van God se Gees vervulde jong man, wat wel soos `n tweede Samuel lyk! As dit vir ons moontlik sou wees om tog nog tot vervolmaking van ons innerlike lewe te kom, sou ons dan ook die innerlike krag kry wat ons by jou en vroeër by die volmaakte mense uit Opper-Egipte waargeneem het?”

[2] RafaEl sê: “Daar is geen vervolmaking van die lewe waarmee nie ook die innerlike krag baie nou saamgaan nie, omdat die volmaakte lewe ook die volmaakte krag self is. Tog is die gawe van die Gees uit God aan die mense, elkeen volgens sy eie innerlike, ook noodsaaklikerwys verskillend, en die verskil is daar sodat die salige geeste in alle ewigheid mekaar wedersyds kan dien na die mate van hulle liefde tot God en uit hierdie liefde wedersyds tot mekaar.

[3] Daarom ontvang die een in die vervolmaking van sy innerlike lewe die gawe om in die toekoms te kan sien, die ander die gawe van die wysheid om hom uit te druk in woord en taal, `n ander die gawe van die ontdek en skep, weer `n ander die gawe van die wilskrag, `n ander die krag van die liefde en weer `n ander die gawe in die krag van die erns, `n ander die van die geduld, en weer `n ander spesiaal die gawe van die krag tot erbarming, en weer `n ander die van die krag van die deemoed. En so tree tot in die oneindige by die een dit en by `n ander dat op die voorgrond, sodat, netsoos reeds gesê, die een gees die ander êrens mee behulpsaam kan wees; maar in geval van nood is ook in elke gees alle gawes verenig en kan hy elke denkbare en nog so besondere gawe van die Gees uit God gebruik.

[4] As julle by die moontlike vervolmaking van julle innerlike lewe dan ook nie presies my gawe op hierdie aarde volledig in besit sal kry nie, kry julle tog `n ander barmhartigheid en gawe in julle besit en sal julle daarmee julle medemens net so kan dien, as wat ek nou julle met my gawe gedien het. Wie egter eenmaal `n besondere barmhartigheid en gawe in `n spesiale mate uit God deelagtig word, sal nie in alle ander gawes stiefmoederlik bedeel word nie.

[5] Dat dit so is, kan julle al opmaak uit die oneindig verskillende talente, gawes en eienskappe van die mense op hierdie aarde. Die één is `n besonder goeie redenaar, die ander is `n skilder, `n ander `n sanger, weer `n ander `n voortreflike rekenaar, `n ander `n meganikus, nog `n ander `n boumeester; die één `n seilmaker, `n wewer, `n ander `n apteker, `n ander `n mynwerker. En so het elkeen reeds van nature `n spesiale talent saam gekry; maar hy het ondanks sy eie spesiale talent ook alle ander menslike gawes, ook al is dit in `n mindere mate, en hy kan elkeen daarvan deur inspanning en vlyt tot volkomenheid ontwikkel.

[6] Omdat julle nou al hier die verskeidenheid kan opmerk, sal julle ook wel insien dat die verskeidenheid van die gawe van God se Gees, by diegene wat hulle lewe vervolmaak het, nog veel meer gevarieerd is en moet wees, omdat geen egte en volmaak lewende saligheid sonder die verskeidenheid moontlik sou wees nie.

[7] Ja, die weg na die lewensvervolmaking is vir elkeen dieselfde. Dit lyk volledig soos die uitstroom van die lig uit die son en die neerval van die reën uit `n wolk. Maar kyk dan eers na die eindelose verskillende uitwerkings van dieselfde sonlig en dieselfde reën in die ryk van die minerale sowel in die van die plante en diere! As jy nou reeds by die wesens in die materie `n eindelose verskeidenheid kan opmerk, dan vind jy in die volmaakte ryk van die saligste engele nog `n des te groter verskeidenheid. En dit het God se hoogste Wysheid en Liefde so ingestel sodat die saligheid van die geeste des te groter sal wees.

[8] Vra dus nie of julle in julle moontlike lewensvervolmaking stellig ook my eienskappe sal kry nie, maar gaan in alle deemoed en liefde gestadig voort op die weë van die lig wat nou aan julle bekend gemaak is, dan sal julle wel baie helder en lewendig gewaarword welke gawe van die gees uit God julle verwerf sal hê!

[9] Die liggaam van die mens het immers ook baie verskillende dele en ledemate, wat almal op hulle wyse aktief saamwerk aan die instandhouding van die hele mens; het julle ooit wel eens binne-in jouself die dele en ledemate van julle liggaam daaroor hoor kla dat byvoorbeeld die linkerhand liewer die regter sou wees, of die voet liewer die hoof, of die oog liewer die oor of omgekeerd?

[10] As die liggaam heeltemal gesond is, is ook elkeen van sy dele en ledemate volkome tevrede met sy plek, funksie, bestemming en eienskap, en wens om ewiglik nie te ruil nie.

[11] En kyk, so is dit ook gestel in `n gemeenskap van mense en geeste, wat in haar geheel ook na `n mens lyk! Een deel verteenwoordig die oë - dit is die sieners, - `n deel die ore - dit is die hoorders, - `n deel die hande - dit is die doeners, - `n deel die voete – dit is diegene wat altyd na die hoër lig voortgaan, - `n deel die hart - dit is die magtiges in die liefde, - `n deel die maag - dit is die opnemers van die goeie en ware uit God, wat daardeur die hele gemeenskap voed, - `n deel kom ooreen met die brein - dit is die wyses, wat voortdurend die hele gemeenskap orden, - en so gaan dit van die kleinste tot die grootste in die oneindige verder, en elke nog so geringe onderdeel en elke afsonderlike vesel van die gemeenskap is op sy wyse volkome magtig en salig en neem deel aan die gawe en eienskappe van die hele gemeenskap, netsoos ook jou voete volkome deel het aan die lig van jou oë en jou oë aan die bekwaamheid van jou voete. Jou oog verheug hom daaroor dat dit met die hele liggaam deur die voete gedra word, na waar dit nuwe wonders en dinge sien en hom in die hart en die verstand daaroor verheug; maar hierdie vreugde word dan ook aan die voete meegedeel asof die voet self volledig die oog, die oor, die verstand en die hart self was!

[12] As julle nou eers goed daaroor sal nadink, dan sal julle ook sekerlik met elke gawe van God se Gees wat julle ooit sal ontvang, meer as volmaak tevrede kan wees. - Het julle my nou ook goed begryp?”

[13] Die fariseërs, uitermate verwonder oor die wysheid van RafaEl, sê: “O waaragtige, hemelse Samuel! Hoe is jy nie ontsettend wys nie! Nou het ons jou eers heeltemal begryp! En dit het jy alles gekry van die groot en wyse Galileër?”

[14] RafaEl sê: “Ewig alles maar net van Hom!”

[15] Die fariseërs sê: “Nou eers sou ons Hom self graag wil sien en spreek! Ons is nou geen vyande meer van Hom nie, maar baie berouvolle vriende. Vertel ons waar Hy is, sodat ons na Hom toe kan gaan om Hom uit die diepte van ons hart te dank! Ons sal die tempel heeltemal verlaat en Hom volg!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205