Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die towenaars herken die Heer

122 Die hooftowenaar sê aan die ander: “Laat ons onsself stilhou, want dit kom my voor dat ons in die wyse Man die Gees van God gevind het; want soos Hy het daar nog nooit `n mens gespreek nie.”

[2] En so praat hulle nog `n rukkie onder mekaar oor My. Maar Ons rus en kyk na die voortdurend wisselende ligspel.

[3] Toe Ek daarna weer oor `n aantal dinge begin te praat, kom die towenaars terug en luister na My woorde oor die inrigting van die aarde en oor allerlei verskynsels op en in die aarde.

[4] Nadat Ek die uitleg, wat Ek al voorheen gegee het, beëindig het, sê die towenaar aan sy metgeselle: “Dit kan slegs Hy so presies weet, wat die aarde geskape het en haar derhalwe sowel van binne as van buite ken!”

[5] Die towenaar sou hom nou graag met `n aantal vrae na My toe gewend het; maar hy durf dit nie. Maar Ek roep hom na My toe en staan hom toe om My te vra wat hy wil, dan sou Ek hom antwoord gee.

[6] Hy kom baie eerbiedig na My toe en sê (die towenaar): “Heer, Heer, wat moet en wat kan ek U nou nog vra?! Al my vroeëre vrae het alleen ten doel gehad om die enigste, ware God te vind, te herken en Hom dan in my hart te aanbid. En ek glo nou dat ek in U die Een gevind het wat ek lank vergeefs gesoek het; derhalwe het ek niks meer te vra nie, behalwe of U nie ook U wil aan ons vreemdelinge wil openbaar nie. Om dit so streng moontlik te volg sal ons mees heilige lewenstaak wees.

[7] Wat moet ons doen om ons U ontferming en U barmhartigheid waardig te maak en daardeur die ewige lewe van ons siele deelagtig te word na die liggaamlike dood? O Heer, dit is die enigste wat ons U vra!”

[8] Ek sê: “Is julle dan wel so seker daarvan dat in My die Ene is, wat julle al so lank gesoek het en tog nie kon vind nie?”

[9] Die towenaar sê: “My gevoel het my dit al vroeër gesê, toe U in U heilige gesprek met die man naas U, Self openlik gesê het wie U is. En daarom heers daar in my heeltemal geen twyfel meer dat U ook die Ene is, wat ons nou in ons harte aanbid nie.

[10] Nie verniet het U jong dienaar ons al vroeër daarop gewys dat ons die groot, ligtende waarheid naby genader het nie! Uself is die groot en helderste Waarheid en die Middelaar Self tussen U Gees en die mense. Wie U het, het alles: Lig, Lewe, Wysheid en Krag!

[11] Mens kan U egter maar net besit, deur U wil te ken en daarvolgens te handel. Want nooit kan `n geskape, eindige mens U wese hê nie, omdat U in Uself van ewigheid tot ewigheid God is; maar U heilige, geopenbaarde wil kan `n mens besit en met al sy kragte daarvolgens handel. As die mens dit doen, het hy Uself in hom, dan sal hy U herken, U liefhê en U aanbid.

[12] Daarom vra ek U nog `n keer dringend, om ons U heilige wil te openbaar, sodat ons dan eg in onsself kan sê: O Heer en Vader van ewigheid, U heilige wil geskied ook in ons, deur ons en vir ons, sodat U heilige oog `n welgevalle mag hê aan ons, U skepsele en kinders van U liefde!”

[13] Ek sê: “Ja, ja, My beste vriend jy het baie waaragtig en korrek gedink en ook netso korrek gespreek; maar jy sien vir My, `n aardse mens netsoos jy, aan as die enige ware God! Besef jy dan nie dat ook Ek gebore was nie en `n mens is netsoos jy, met vlees en bloed en `n siel. Het God dan ooit `n begin gehad, en kon Hy ooit as mens gebore word?”

[14] Die towenaar sê: “Die ewige God woon met die volheid van Sy geestelike mag sigbaar in U en het natuurlik nooit as te nimmer `n begin gehad en kon nooit as mens uit `n vrou ter wêreld kom nie; maar hierdie God het U tog `n liggaam gegee, as `n ware Middelaar in hierdie wêreld gestuur en U heeltemal vervul met Sy gees.

[15] Wie U derhalwe sien en herken, sien ook Hom wat in U is; en wie U wil doen, sal Hom ook weldra in homself herken. U is werklik heeltemal die Ene wat ons drie so lank tevergeefs gesoek het, en by hierdie mening bly ons.

[16] Bowendien het U netnou gespreek met U vriend, wat `n Romein skyn te wees - ons het sulke manne, wat Romeine genoem word, ook in ander plekke gesien, - U spreek soos net `n God kan spreek, en dit bevestig nog meer die waarheid van ons mening en die juistheid daarvan is nou bo alle twyfel verhewe. U sal wel U wyse rede daarvoor hê om U nie volledig aan ons bekend te maak nie. Maar dit vra ons ook nie, omdat ons onsself nog lank nie waardig genoeg daarvoor ag nie, en ons verlang van U, o Heer, ook geen teken, waardeur ons uiteindelik nog duideliker sou besef dat U die Een is wat ons so lank gesoek en nou geheel en al gevind het.

[17] Wat U jong dienaar in ons teenwoordigheid gespreek en gedoen het, is teken genoeg; maar die grootste en vir ons mees geldige teken is die meer as heilige woorde wat ons uit U mond verneem het. Want dit sê vir ons helder en duidelik: So kan geen mens nie, maar slegs `n God uit Homself spreek!

[18] Omdat ons dit nou baie duidelik insien, vra ons U ondanks ons groot onwaardigheid, om aan ons te openbaar wat ons moet doen om die ewige lewe van ons siel en U barmhartigheid deelagtig te word.”

[19] Ek sê: “Nou dan, omdat julle so vas glo dat Ek die Heer is, doen dan wat My dienaar voorheen gesê het, dan sal julle lewe en salig word! Het God bo alles lief en jou naaste soos jouself, en leer dieselfde aan jou kinders en familie; ag jouself as mens vanweë julle groot aardse skatte nie hoër as jou naaste nie; doen vir hulle dit, waarvan jy redelikerwys kan aanneem dat hulle dit ook vir jou sal doen, - dan sal julle lewe en God se barmhartigheid sal altyd by julle bly!

[20] Julle ken die wet van Moses al, hou julle in alle opsigte daaraan; want in die wet is aan die mens die beste en suiwerste lewensorde kenbaar gemaak. As hy dit sal opvolg, het hy ook God bo alles lief en sy naaste soos homself. In hierdie wet is alle lewenswysheid gegee, waarvan ander en ouer wyses die mense slegs gedeeltelik iets te proe gegee het.

[21] Omdat die woord vir julle as die grootste teken van My goddelike sending geld, moet julle ook by die woord bly en daarvolgens handel, dan sal julle lewe! Ek bedoel geen tydelike nie, maar `n ewige lewe van julle siele. - Begryp julle dit?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205