Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

`n Verklaring van die materialistiese

15 (RafaEl): “Eintlik is ek uit myself netso min in staat om iets te doen as jy, maar ek is `n suiwer gees en het hier slegs `n liggaam, dit is saamgestel uit die stowwe wat in die lug aanwesig is. As gees kan ek egter heeltemal met die wilsgees van die Heer vervul word en dan dieselfde doen as die Heer Self. As ek dus met die Gees van die Heer vervul is, het ek geen ander wil as die van die Heer nie en kan ek onmoontlik iets anders wil as alleen dit wat die Heer wil. Wat die Heer wil, is daar dan ook dadelik.

[2] Kyk, alles wat op hierdie of ook op `n ander aarde bestaan en groei, is - netsoos die aarde - ook `n wonder wat voorkom uit die wil van die Heer. Alleen neem die Heer daar, terwille van die vorming van die verstandelike vermoë by die skepsele, `n bepaalde noodsaaklike, trapsgewyse volgorde in ag en laat Hy die een, geleidelik uit die ander, slegs deur Sy wil ontstaan. As die Heer dit terwille van die vorming en konsolidasie van die intelligente en lewende skepsele nie sou doen nie, dan sou Hy, gesien Sy almag, `n wêreld ook oombliklik kan skep netsoos Hy `n bliksem skep en laat werk.

[3] Kyk, in die lug van die aarde is alle substansies en alle stowwe van `n hele aarde in vrye toestand aanwesig! Jy kan hulle weliswaar nie met jou aardse sintuie waarneem nie, maar vir `n volmaakte gees is dit net so maklik as wat dit vir jou is om `n klip op te raap en te sien dat dit geen vis en ook geen stuk brood is nie. En dit is vir `n gees dan ook maklik om byvoorbeeld vir `n bepaalde voorwerp die nodige stowwe saam te voeg, naamlik uit die lug, en op hierdie oombliklik die vorm te gee wat hy binne die natuurlike orde eers na verloop van tyd sou gekry het.

[4] Maar hoe dit vir `n volmaakte gees moontlik is, dit is nou presies wat die natuurlike mens, solank as wat hy nie volledig in sy gees wedergebore is nie, onmoontlik kan bevat en kan begryp. En dit kan ek jou dan ook nie van naderby uitlê nie. Tog wil ek jou in kort iets vertel oor `n aantal verskynsels in die natuur.

[5] Kyk, in alle kieme van plante en bome is daar in `n klein en teer omhulsel `n heilige intelligensie in die vorm van `n vonkie, wat so klein is dat dit nie vir jou oog sigbaar is nie! Die vonkie is die eintlike, eerste, natuurlike lewe van die saad en later van die hele plant. Stel jou nou eers `n byna ontelbare aantal van die meeste verskillende plante en bome voor, wat natuurlik ook almal verskillende sade dra, met in hulle kiemsfere ook net sulke verskillende geestelike intelligensievonkies!

[6] Wanneer jy nou verskillende sade in die aarde stop, word hulle week deur die warmte en deur die vog wat die aarde opgesuig het uit die lug; die geestelike vonkie word aktief en herken heel duidelik bepaalde stowwe in die lug wat dit omgeef en begin hierdie, deur die wilskrag wat sy eie is, aan te trek en vorm daaruit presies die plant met haar vorm en vrug, waarvoor dit van die Heer die passende intelligensie en die ooreenkomstige wilskrag gekry het om dit te vorm.

[7] Sou jy met jou verstand, met jou sintuie en met jou wil ook in staat gewees het om vir `n bepaalde saadkorrel bestemde stowwe uit die lug op te spoor wat die saadkorrel omgeef? Beslis nie, want jy eet en drink immers ook om jou te voed, maar jy het tog geen vermoede daarvan, hoe jou gees, wat vir jou tot nou toe nog volledig onbekend is en wat as die geheime liefdeswil van God in die hart van jou siel woon, deur sy wil en deur sy groot intelligensie, uit die spyse wat jy ingeneem het, die presiese stowwe selekteer en hulle daarheen dirigeer waar hulle beslis noodsaaklik is om al jou verskillende liggaamsdele te vorm.

[8] As jy eers goed nadink oor wat ek nou vir jou gesê het, dan sal jy oral presies sulke wonders sien as hierdie, wat ek sigbaar vir jou volgens die wil van die Heer in `n oogwenk gedoen het, - slegs met die verskil dat ek, as volmaakte gees, dit deur die wil van die Heer oombliklik uit die lug kan saamtrek, wat `n eenvoudige nog heeltemal onvolmaakte gees met sy beperkte intelligensie en eweneens beperkte wilsmag slegs stukkie vir stukkie kan doen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205