Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die verwysing van die Heer na Messiaanse voorspellings

27 Eers daarna wend Ek My weer tot Helias en sê aan haar: “Luister nou, mooie Helias! Jy het daar so pas gesê dat Ek as groot profeet net so goed `n Messias sou kon wees en ook is, as elke ander groot en ook klein profeet, want volgens jou oordeel, wat beslis die moeite werd is, is in `n sekere sin elke so `n mens `n messias en verlosser van die mense, wat hulle deur die lig van die volle waarheid bevry uit die duistere slyk van leuens, bedrog en van lig versteekte bygeloof. En omdat Ek dit nou juis doen, is Ek ook waaragtig `n Messias van die mense wat My hoor en My leer toepas. Dit is `n baie goeie oordeel van jou, `n jong Judeër, wat deur `n ou en eerlike rabbi goed onderrig was. Alleen wat jy glo wat één God aan betref bly jy - en dit volledig tereg - by die ou God van Abraham, Isak en Jakob.

[2] Tog moet Ek jou op meer plekke uit die profete opmerksaam maak wat My juis Self in sy skild dra. Dit sal julle dan makliker en suiwerder kan begryp as wat dit tot nou toe die geval was. Sien, daar staan onder andere in Jesaja:

[3] “`n Jong dogter sal ontvang en `n seun baar, wat genoem word God met ons. (Jesaja 7:14)

[4] `n Knaap is vir ons gebore, en `n seun is vir ons gegee op wie se skouers die heerskappy is, en mense sal Hom noem Wonderbaar, God, Held, Vader van die ewigheid, Vredevors. (Jesaja 9: 5)

[5] Op die dag sal mense sê: “Sien, Hy is ons God, wat ons verwag om ons te bevry! Hierdie is JaHWeH, wat ons verwag. Laat ons jubel en ons verheug in Sy heil!” (Jesaja 25:9)

[6] Die stem van `n roepende in die woestyn: “Berei die weg van JaHWeH, en maak gelyk in die woestyn `n voetpad vir ons God, en met name sal alle vlees dit sien. (Jesaja 40:3-5)

[7] Sien, JaHWeH kom met krag, en Sy arm sal heers! Sien, Sy loon is by Hom! As `n herder sal Hy Sy kudde laat wei. (Jesaja 40:10-11)

[8] En JaHWeH spreek: “Jubel en verheug u, Dogter van Sion! Sien, Ek kom om in u midde te woon, want dan sal vele volkere JaHWeH toegedaan wees op Sy dag. (Sagaria 2:10-11)

[9] Ek, JaHWeH, roep u in geregtigheid en sal u tot `n verbond van die volk gee; Ek, JaHWeH - want dit is My Naam - sal My heerlikheid aan geen ander gee. (Jesaja 42:6.8)

[10] Let op die komende dae, wanneer Ek aan Dawid `n regmatige spruit sal verwek, wat as koning sal heers en reg en geregtigheid op aarde sal bring! En dit is Sy naam: JaHWeH, ons geregtigheid.” (Jeremia 23:5-6)

[11] Kyk, Helias, so verkondig die profete My in die ou en selfs in hierdie laaste tyd! En die doper en prediker Johannes was by name die stem van die roepende in die woestyn, wat die weë enigsins voor My gelyk gemaak het en oor My gesê het: “Sien, daar kom die Godslam, wat die sonde van hierdie wêreld wegneem!”

[12] Ook al dink jy dat Elia nog voor die Messias moet kom en elkeen moet voorberei op die groot koms van die Messias, wat JaHWeH genome word, dan sê Ek jou: Elia was al daar in Johannes, en Ekself is nou ook daar. Ek het na My eiendom gekom en sien, Myne herken My nie! Hoe geval dit jou nou?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205