|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 124
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Geroepenes en uitverkorenes
124 (Die Heer): “Kyk, die uitspraak moet so opgeneem en verstaan word: Elke mens op hierdie hele aarde is geroep en vir die lig en die lewe voorbestem, maar uitverkore tot leraar van die mense, kan elkeen nie wees nie, omdat dit nie vir die mense ook heeltemal goed sou wees nie. Sou dit vir die mense - wie se vernaamste bestemming is dat hulle mekaar moet dien - goed wees as elke mens self alles sou besit en in staat sou wees om alles te maak? Daardeur sou die mense mekaar glad nie meer nodig gehad het nie, en naasteliefde sou dan niks anders as `n ydel, niksseggende woord gewees het, netsoos Ek My leerlinge ook al meerdere male uitgelê het. Die mense sou dan selfs geen taal nodig gehad het nie! Waartoe sou dit gedien het as niemand iets van die ander sou nodig hê nie?
[2] Ek sê vir jou dat die mense met so `n volledige gelykheid, wat hulle talente aanbetref, hulle moontlikhede, hulle uiterlike, hulle woonplekke en besittings, en as hulle dieselfde helderheid van insig sou gehad het, hulle hulleself tog volledig op die vlak van die diere en eintlik nog daaronder sou bevind!
[3] Om te sorg dat die mense egter mense en geen diere bly nie, is alles baie verskillend onder hulle verdeel. Die een het dit en die ander dat, en daarom moet die een dus na die ander toe kom om vir hom in die een of ander `n leraar of `n helper te wees.
[4] En so moet daar ook in die sfeer van die kennis van die innerlike lewenslig `n aantal spesiaal uitverkorenes wees, wat aan die vele geroepenes die ware lewenslig toon, en die geroepenes moet dan luister, glo en handel volgens dit wat deur die uitverkore besitters van die lig geleer word.
[5] As die geroepenes egter gelowig aanneem wat hulle geleer is, dan is hulle netso goed en dikwels nog beter daaraan toe as die uitverkorenes; want `n uitverkorene wat die lewende lig in hom dra, maar hom nie presies daarby hou nie, sal later strenger ter verantwoording geroep word oor sy sleg gebruikte talente, as diegene wat maar net geroep is en dit net moet hoor, glo en gewillig daarvolgens moet handel.”
[6] Kyk, die uitverkorenes is My knegte, en die geroepenes My dienare en kinders!
[7] Maar om jou nog duideliker te laat sien dat `n uitverkorene op hierdie aarde beslis nie beter daaraan toe is as `n geroepene nie, sal Ek dit vir jou nog duideliker maak deur `n gelykenis. Luister dus na My!
[8] Daar was eens `n koning wat tien eerste knegte gehad het vir sy huishouding. Hierdie koning moes op `n keer `n verre reis maak om `n nuwe ryk, wat onder sy heerskappy gekom het, in besit te neem.
[9] Maar voor hy vertrek, laat hy die tien knegte na hom toe kom, gee elkeen tien pond en sê: “Handel goed daarmee totdat ek terugkom!”
[10] Toe sy burgers (geroepenes) dit hoor, mor hulle, word die koning vyandiggesind, omdat hy hulle verlaat het en by sy vertrek nie ook ponde en talente vir hulle gegee het om te beheer nie.
[11] Hulle stuur selfs bodes agter die koning aan, wat aan hom moes sê: “Ons wil nie dat hierdie koning verder oor ons regeer nie; want waarom moet ons minder vir hom wees as sy knegte, terwyl ons hom tog netsoos die knegte gedien het!”
[12] Die tyd het egter gekom dat die koning, nadat hy die nuwe ryk in besit geneem het, teruggekom het. Toe hy hom weer in sy fort bevind, laat hy baie gou dieselfde knegte na hom toe roep wat hy by sy vertrek die geld aan toevertrou het, om te sien wat elkeen daarmee verdien het.
[13] Die eerste kom na hom toe en sê: “Heer, kyk net! U pond het tien ponde opgelewer!”
[14] Toe sê die koning aan hom: “Goed, nuttige kneg! Omdat jy my in alles trou was, sal jy nou tien stede onder jou beheer kry!”
[15] Daarop kom `n ander kneg wat sê: “Heer, u pond het vyf ponde opgelewer!”
[16] En die koning sê aan hom: “Daarvoor kry jy die beheer oor vyf stede!”
[17] Toe kom daar `n derde, die slegste van die tien knegte en sê: “Heer, sien, die pond wat u my toevertrou het, het ek in `n sweetdoek bewaar totdat u sou terugkom! Ek was bang vir u, omdat u `n harde man is; want u neem wat u nie opsy gesit het nie en u oes waar u nie gesaai het nie.”
[18] Daarop spreek die koning: “Luister, ek veroordeel jou volgens jou eie woorde! Jy is `n skelm! As jy geweet het dat ek `n harde man is en neem wat ek nie weggesit het en oes waar ek niks gesaai het nie, - waarom het jy my geld dan nie na die wisselbank gebring nie, sodat ek my geld by my terugkoms weer met woeker sou teruggekry het?!”
[19] Daarop spreek die koning verder aan diegene wat as dienare by hom was: “Neem die pond van hierdie luie skelm af en gee dit aan die eerste wat al tien ponde het!”
[20] En die dienare sê aan die meester: “O koning, hy het immers al tien pond! Waarom moet hy die een pond ook nog daarby kry?”
[21] Ek Self sê daarop nou aan julle almal: Vir wie het, sal daar nog meer bygegee word, sodat hy dan oorvloedig sal hê; wie egter nie het nie, van hom sal dit wat hy het, ook nog afgeneem word. Diegene wat egter nie wou gehad het dat die koning oor hulle heers nie, het gesondig, en daarvoor sal hulle gewurg word met alle nag en duisternis van die oordeel en die dood van die siel!
[22] Sien jy, My vriend, so staan sake by My, en dit sal nie verander nie! Aan diegene wat het, sal nog veel meer gegee word, sodat hy oorvloedig sal hê! Van diegene wat egter nie het nie, sal ook die weinige wat aan hom toevertrou is, afgeneem word, en dit sal gegee word aan diegene wat al baie het.
[23] Maar die vele geroepenes, wat nie na die stem van die knegte wou luister en nie wou gehad het dat die Heer van die lig en van die lewe oor hulle heers en alles tot lewe bring nie, hulle sal gewurg word deur die duisternis in hulle eie harte; die luie kneg sal egter lank moet wag, voordat `n pond weer aan hom toevertrou sal word.
[24] En vertel jy My nou eens hoe hierdie gelykenis jou geval! - Is jy dit met die koning eens of nie?”
|
|
|
|
|