Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer spreek met die geneesde jong man en die fariseërs (Johannes 9: 35-41)

187 Hierdie man kom nou natuurlik met almal wat met hom saam gegaan het dadelik die groot tempelsaal in, waar al die volk byeenkom, en elkeen vra hom wat daar in die raadsaal van die fariseërs en aartsjode met hom voorgeval het.

[2] En hy vertel dit geheel vry en openlik, en almal wat dit hoor, raak verbitterd oor die verstokte harte van die fariseërs en tempeljode.

[3] So kom dit dan ook My leerlinge en ook My ter ore dat die tempeljode die geneesde man en ook die mense wat met hom saamgegaan het, die tempel uitgewerk het.

[4] En Ek sê aan die leerlinge: “Laat Ons hom gaan opsoek, sodat die arme man Hom leer ken wat hom die lig in die oë teruggegee het!”

[5] Ons gaan en vind hom weldra onder die volk.

[6] Daar was egter ook sommige van die fariseërs wat nie so sterk teen hom was nie, wat agterna gegaan het na die groot volksaal om te hoor wat hy daar aan die volk sou sê en hoe die volk daarop sou reageer.

[7] Maar Ek gaan dadelik voor die geneesde jong man staan en sê aan hom: “Luister na My, jy, wat deur die fariseërs en tempeljode na buite gestuur is! Glo jy aan die Seun van God?” (Johannes 9:35)

[8] Toe antwoord die geneesde jong man: “Heer, wie is dit? Is Hy hier in die tempel? En is Hy die wat my die lig in die oë gegee het? Wys Hom vir my, sodat ek aan Hom kan glo!” (Johannes 9:36)

[9] Ek sê: “Jy het Hom al gesien, ofskoon nog nie herken nie; maar Hy is Die Een, wat nou met jou spreek!” (Johannes 9:37)

[10] Nou sê die geneesde jong man: “Ja Heer, dit glo ek! U is Hy! Ek het U, toe ek van die vywer teruggekom het, sekerlik gesien, maar nie herken nie! As U nie God se Seun, nie die Messias die Beloofde, sou wees nie, sou U my, blindgeborene, nooit siende kon gemaak het nie! Daarom glo ek dat U waaragtig die Seun van God is!”

[11] Toe val hy voor My op die knieë en aanbid My. (Johannes 9:38) Maar Ek sê vir hom dat hy weer moes opstaan.

[12] Toe die daaromheen staande fariseërs en verskeie tempeljode, wat ewenwel tot die meer gematigde party behoort het, van My, asook van die geneesde jong man verneem het dat Ek die beloofde Gesalfde van God was, trek hulle hulle neuse op en word inwendig boos en nydig.

[13] Maar omdat Ek dit onmiddellik gemerk het, sê Ek luid: “Om te oordeel het Ek op hierdie wêreld gekom, sodat diegene wat nie sien nie, kan siende word, en diegene wat sien, blind kan word!” (Johannes 9:39)

[14] Toe die fariseërs en die tempeljode, wat om My heen gestaan het, dit hoor, kon hulle hulleself nie meer inhou nie, open hulle mond en sê aan My: “Is ons dan ook reeds blind, of sal ons volgens dit wat U sê nog blind word, omdat ons nou nog siende is?” (Johannes 9:40)

[15] Daarop sê Ek: “As julle, wat julle siele betref, blind was, sou daar aan julle geen sonde gekleef het nie; maar omdat julle julleself die getuienis gee dat julle siende is, bly julle sonde aan julle kleef, en daarmee die oordeel en die ewige dood!” (Johannes 9:41) Want Ek het in hierdie wêreld gekom, deur God gestuur, as die waarheid, die lig en die lewe. Wie aan My glo en volgens My woord handel, sal die ewige lewe in hom hê en sal die dood nie sien nie, nog voel.

[16] (N.B. Wat daar vanaf nou in die tempel bespreek was, is ten dele deur die ander evangelieskrywers opgeskryf, maar nie in die korrekte volgorde nie, waarom mens hulle aantekeninge ook disharmonieus noem. En Johannes het die verdere verloop nie opgeteken nie, omdat hierdie dinge baie gereeld in My toesprake voorgekom het en ook opgeteken is, wat die belangrikste punte betref.            J

[17] Die volgende hoofstuk, die tiende, het eers drie maande later plaasgevind, ook weer in die tempel te Jerusalem, in die winter, ter geleentheid van die sogenoemde fees van die tempelwyding.

[18] Hierdie opmerking was nodig om julle te laat weet in welke volgorde My woord tot die Judeërs en fariseërs gespreek is.

[19] Omdat dit nou duidelik gemaak is, sal Ek hier die verdere verloop van die gesprek in die tempel met die Judeërs en fariseërs laat volg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205