Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die agtste gebod

34 Nou skep die meisie meer moed en sê, terwyl sy my vol vertroue aankyk: “Ja, buitengewoon vriendelike Heer, as ek U, met wie ek diep in my hart so oneindig vertroud geraak het, maar nie sou beledig nie, dan sou ek U nog wel iets wil sê oor die agtste gebod; maar vir U, o Heer, - JaHWeH nou in lewende lywe voor ons - moet mens hom baie in ag neem, sodat mens U innerlike, goddelike gewydheid nie te na kom nie! En dan is dit `n bietjie moeilik en lastig om so vrylik te spreek!”

[2] Ek sê: “O jou liewe siel, daarvoor hoef jy nooit vir My bang te wees nie; sê maar ronduit wat jy op jou hart het!”

[3] Helias sê met `n uiters beminlike gesig: “O Heer, wie U wil doen, sondig nie en daarom sal ek dan ook spreek! Die agtste gebod lui baie eenvoudig: “Jy sal geen valse getuienis gee nie!” En omdat in die Skrif nie nader aangegee is oor wie mens alles geen valse getuienis mag gee nie, spreek dit wel vanself dat mens ook oor homself geen valse getuienis mag gee nie. Want my ou rabbi het my werklik baie gereeld gesê dat die leuen `n allerafskuwelikste sonde is, want daaruit kom alle kwade listigheid, alle bedrog, alle twis, rusie, onvrede, oorlog en moord voort. Mens moet hom altyd by die waarheid hou en sê wat mens met sekerheid weet en voel, al sou dit ook te eniger tyd op aarde tot ons nadeel wees! Want `n ware woord het by God `n veel groter waarde as `n hele wêreld vol goud en edelstene. Daarom is elke onware woord oor jouself ook `n valse getuienis wat deur God verbied word.

[4] En ek durf dan hier ook openlik aan U te erken, o Heer, dat ek U werklik bo alles liefhet! O, mag ek U so teen my hart kan druk soos wat ek sou wil, o, dan sou ek kon sterf van hoogste geluksaligheid! Sien, o Heer, nou het ek beslis geen vals getuienis oor myself gegee nie! En netsoos wat ek geen vals getuienis oor myself gee nie, so gee ek ook nie oor my naaste ooit `n valse getuienis nie! En daaragter moet die sewende gees van God werksaam wees, netsoos by die ander gebooie. O Heer, ek het U nou tog nie beledig nie?”

[5] Ek sê: “O, volstrek nie, My liewe dogter, want hoe groot jou liefde vir My ookal mag wees, Ek hou tog onvoorstelbaar veel meer van jou! Met ons wedersydse liefde is alles nou duidelik, maar met die agtste gebod nog nie heeltemal nie! Luister dus, Ek wil jou nog op iets wys!

[6] Gestel dat byvoorbeeld `n regter aan jou vra of jy nie iets meer weet oor `n verborge, groot misdaad, wat `n baie dierbare familielid van jou sou begaan het en waarvan jy wel iets sou van weet. Ook vra hy jou om aan te dui waar die misdadiger hom bevind, omdat mense hom nog nie kon aanhou nie. En gestel in die geval egter, dat jy sowel van die misdaad van jou baie naaste familielid asook van sy verborge skuilplek heeltemal op die hoogte is! Wat sal jy aan die regter sê, wat aan jou vrae daaroor gestel het?”

[7] Heel kordaat sê Helias: “Heer, wanneer ook die agtste gebod op die suiwer naasteliefde gebaseer is, wat sê dat mens oor niemand `n vals getuienis mag gee om hom daardeur te skaad nie, dan kan die agtste gebod tog nie omgekeerd inhou dat mens sy naaste deur `n onverbiddelike waarheid skade moet berokken nie! In so `n geval sou ek nooit met die waarheid vorendag kom nie! Want wie kan ek daarmee help? Die op straf beluste regter sekerlik nie, want hy het geen voordeel daarvan of hy die arme misdadiger in hande kry of nie, en die arme misdadiger wat miskien berou het van sy misdaad en sy lewe werklik verbeter, nog minder! Want as ek hom uitlewer aan die regter, is hy miskien vir ewig verlore, wat ek selfs die een nie sou toewens wat `n misdaad teen myself sou begaan het nie. Dus in die geval sou ek die waarheid duidelik die rug toekeer en selfs as dit my lewe sou beteken, geen verraaister van die arme misdadiger word nie!

[8] As volgens U uitleg, o Heer, die naasteliefde daarin bestaan dat mens vir sy naaste alles moet doen wat mens kan wens dat hy ook vir een van ons sou doen, dan kan selfs die mees regverdige God my nie kwalik neem as ek selfs my grootste vyand nie dit sou wil aandoen wat ek, as ek in sy situasie was, beslis ook nie sou kan wens dat `n ander naaste my sou aandoen deur my te verraai nie. Bowendien het God, om die een of ander groot sondaar te straf, nóg `n wêreldse regter en nóg minder `n verraderlike verdagmaking nodig. Hy, die Alwetende, die Regverdigste en Almagtige, sal ook goed weet om die misdadiger sonder `n wêreldse regter en sonder my mond te straf! Tot op hede het niemand nog van Hom ontsnap nie, en dus sal daar ook in die vervolg niemand van Hom ontsnap nie!

[9] Maar nou vra ek U, o Heer, of Isak se vrou voor God gesondig het, toe sy die ou blinde Isak duidelik belieg en bedrieg het deur hom vir die verkryging van die vaderlike seën, die tweede gebore seun, Jakob, te bring in plaas van die eersgeborene, ruwe behaarde seun, Esau! Ek vind dit as duidelike bedrog en tog sê die Skrif dat dit volgens die wil van JaHWeH gebeur het. Maar as dit korrek en regverdig voor God was, dan sal dit ook korrek en regverdig voor U wees, o Heer, wanneer ek die waarheid agterhou as dit my naaste, wat my self nooit iets aangedoen het nie, nie tot nut kan wees nie, maar hom slegs baie skade sal toebring!

[10] Ek is nou van mening dat, as God en Moses in die agtste gebod geen uitsondering gemaak het nie, juis in dié gebod `n groot leemte oopgebly het, wat slegs deur U gebod van die naasteliefde opgevul kan en ook moet word. Het ek gelyk of nie?”

[11] Ek sê: “Aan die een kant wel, maar aan die ander kant ook weer nie! Want kyk, die misdadiger sou na sy vlug geen beter mens geword het nie, maar sou, wat miskien nie vir jou onbekend is nie, nog meer en groter misdade ten nadele van vele mense begaan het! Maar as jy dan die gereg sou vertel het waar die misdadiger homself skuilhou, sodat die gereg hom met sekerheid kan gaan soek, dan sou jy daardeur tog baie mense teen groot aanslae bewaar het en hulle daarmee `n groot liefdesdiens bewys het. Wat dink jy oor die baie voor die hand liggende geval?”

[12] Toe kyk Helias verras op en weet nie so goed wat sy daarop moes antwoord nie. Eers nadat sy `n rukkie diep nagedink het, sê sy: “Wel, as baie onskuldig moet ly vanweë `n sleg en onverbeterlike mens, dan sê die verstand dat dit beter is as hy sy welverdiende straf kry. Dit is dan juis weer raadsaam om vanweë die ware naasteliefde die waarheid te praat as dit gevra word. Maar of mens by so `n geleentheid vrywillig iemand moet aangee, kan U, o Heer, maar net bepaal!”

[13] Ek sê: “Daartoe word niemand deur My aangespoor nie, maar dit staan julle vry! En dus gaan Ons nou oor na die negende gebod! Hoe lui dit?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205