|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 84
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die versplintering in die hoë raad
84 (Die Heer): “Toe eers sit die felste tempelaanhangers die hoofde bymekaar, maar hulle wis nie wat hulle moes doen nie. Kajafas stel voor dat iemand tog nog moes probeer om die volk deur `n goeie toespraak tot ander gedagtes te bring; maar niemand durf dit aan nie.
[2] Omdat dit egter al vlak voor die middaguur was, word `n tempeldienaar opdrag gegee om na die sale te gaan om aan die volk duidelik te maak dat hulle hulleself nou vinnig moes verwyder, omdat die tempel vanweë die voorsabbat gesluit sou word vir die noodsaaklike reiniging. Die dienaar kom en bring die boodskap oor aan die nog talryke mense in die tempel. Maar dit val nie in goeie grond nie.
[3] Die reusagtige man uit Bethlehem was nog aanwesig en hy roep met `n werklik donderende stem teen die dienaar: “Ons weet self goed wanneer ons die tempel moet verlaat! Ons sal hom nou dan ook so grondig verlaat, dat ons hom hoogs waarskynlik nooit meer sal besoek nie; want slegs die tempel en hulle daar in die huis het skuld aan al die onheil wat binnekort oor ons beloofde land sal losbars. Gaan na jou base en sê hulle dat die volk nou so praat, en wie nie daarmee eens is nie, moet maar na buite kom en dit betwis!”
[4] Toe die dienaar hierdie uitspraak hoor, het hy wyslik geen woord meer gesê nie en bring alles woordeliks aan die raad oor.
[5] En Kajafas sê: “Dit is netsoos ek julle al lankal gesê het: ons is almal deur die Nasarener verraai! Hy maak deur sy toorkuns die Romeine tot swaardreg sy vriende. Hulle beskou hom minstens as `n halfgod, en as dit nog `n tydjie so aangaan, sal hulle hom ook nog onderkoning van die Judeërs maak, en dan kan ons wel moet maak dat ons wegkom. Daarom moet ons nou ook alles op alles sit om hierdie man, wat baie gevaarlik vir ons is, uit die weg te ruim; want as hy eenmaal groter as ons geword het, dan is ons almal verlore!”
[6] Toe sê `n oudste: “Ek sê julle maar net, dat sowel die een as die ander `n hoogs gevaarlike speletjie is! Want as hy `n vriend is van die magtige Romeine, dan sal hulle, wat reeds van Sy baie volgelinge is, maar al te gou te wete kom wat ons met Hom gedoen het, en dan sal ons vir altyd moet boet! Laat ons Hom egter sy gang gaan en ons sluit onsself nie by hom aan nie, dan het ons in die hele Judese land ook binne hoogstens drie jaar volkome oorbodig geword! Wat is nou die beste?”
[7] `n Ander oudste sê: “As ek hoëpriester was, sou ek baie goed geweet het wat daar nou die beste gedoen kan word.”
[8] Toe vra Kajafas: “Wat dan?”
[9] Die oudste sê: “Ons is nou heeltemal onder mekaar, en ek kan dus vrylik praat, en julle kan na my luister as julle dit die moeite werd vind. Kyk, ons het vir Moses, netsoos JaHWeH en alle profete volkome volgens waarheid die rug toegekeer, en vanweë die volk en ons inkomste is ons suiwer met vormgodsdiens besig; want van ons wat nou hier bymekaar is, glo daar nie één in `n God, in Moses, nóg in een of ander profeet nie. Maar as ons nou sou sien dat die hele volk in die Nasarener glo en hom naloop, laat ons dit dan ook doen, in elk geval vir die skyn, dan sal ons daardeur by die volk en selfs by die Romeine baie wen!”
[10] Kajafas spring by hierdie woorde letterlik omhoog en sê: “Wil jy ons ook almal verraai?! Wie in alle erns so praat soos wat jy nou gepraat het, word deur my vervloek!
[11] Die oudste sê: “Sê dit eers waar die volk by is; want hier in die raad het jy geen reg om dit somaar aan my te sê nie! Dink wel daaraan, anders sien ons mekaar vandag nog voor die landvoog!”
[12] Daaraan voeg `n ander oudste nog toe: “As ons hier in die groot raad byeen is, het elkeen die volste reg om vrylik te praat, anders het die raad geen sin nie; maar teenoor die volk weet ons die beste wat ons moet sê. As jy as huidige hoëpriester maar net jou wil wil deurdryf, dan is ons raadsvergadering heeltemal oorbodig en dan is dit die verstandigste om in die vervolg maar heeltemal geen raad meer te hou nie. Wat het die tempel al nie onderneem om die Nasireër op een of ander manier gegryp te kry nie, maar ons kon Hom tog nêrens gryp nie! Op die feesdae was Hy in die tempel en het die volk openlik geleer. Waarom het jy hom toe nie laat beetpak nie?”
[13] Kajafas sê: “Wie durf daar teen die vele volk ingaan?”
[14] Die oudste sê: “Goed, waarom vervloek jy dan in daardie geval `n oudste wat sê dat ons met ons sterk verminderde mag weinig of niks meer kan uitrig teen die Galileër nie? As ons - as dit nog moontlik sou wees - iets ernstig teen Hom onderneem, wat vir `n paar dae sukses sou hê, dan het ons al ons eie graf gegrawe, dit is vir my volkome duidelik; doen ons egter niks nie en laat ons Hom oogluikend Sy gang gaan, dan kan ons onsself nog `n geruime tyd staande hou, veral as ons self bepaalde veranderings in die diens van die tempel sou aanbring en uitvoer. Maar met jou plan sal ons almal baie gou genoodsaak wees om die hasepad te kies. Ek het gespreek!”
[15] Toe ontstaan daar totale tweespalt in die Hoë Raad. Die een deel was dit eens met die oudste, die ander deel met die hoëpriester, en daar ontstaan `n groot rusie. Toe staan die oudstes op en gaan huistoe, want hulle het self huise en ander besittings gehad. Slegs die fariseërs het nog by Kajafas gebly, maar vertrek tog ook baie gou, omdat die middaguur al aangebreek het.
[16] Kyk, so staan die sake in die tempel, en Ek het julle dit nou uitvoerig vertel om te laat sien hoe weinig indruk die waarskuwende nagtelike teken op die addergebroedsel daar benede gemaak het! Hulle is en bly onverbeterlik, netsoos hulle altyd was; daarom sal die lig van hulle weggeneem word en aan die heidene gegee word. - Maar nou kom ook Ons Lasarus al met RafaEl om Ons vir die middagmaal uit te nooi, en Ons sal almal weer na binne gaan vir die middagete!”
[17] Toe sê Agricola: “Majesteit en Heer, ek is so verontwaardig deur U verslag van die Hoë Raad, en ook oor die voorafgaande verhaal van die herbergier hoe bepaalde priesters hulle oor U uitgelaat het, dat ek nou groot lus het om die landvoog die hele geskiedenis mee te deel en `n bode na goewerneur Cyrenius te stuur, sodat die hoëpriester se oë vinnig geopen sal word en hy tot insigte kom hoe die sake nou staan!”
[18] Ek sê: “Vriend, jy weet tog welke mag Ek besit! As Ek hulle daar benede met geweld sou wil oordeel, dan sou hulle tog niks daarteen hê nie, omdat My almag - netsoos Ek julle reeds laat sien het - die vrye wil van geen enkel mens kan verbeter nie. By `n mens moet dit deur die leer bewerkstellig word, waaraan hy hom moet hou en aan die hand waarvan hy moet bepaal hoe hy moet optree. As `n mens die goeie en ware van `n leer egter nie wil insien en nog minder daarvolgens wil handel nie, dan is hy al op die slegte pad en dan sal Hy in homself eers daardie een vind wat hom sal oordeel. Laat Ons maar nie meer daaroor praat nie en binnenshuis gaan!”
[19] Toe staan Ons op en gaan na die groot eetsaal waar `n goeie maal reeds op ons gewag het.
|
|
|
|
|