Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Romein waarsku die tempeldienaars teen die mag van die Heer

90 (Die Heer): “(Toe sê die Romeine): “Toe ons weer in Rome terugkom, lyk die stad egter vir ons soos `n woestyn, en toe ons hoor dat daar by julle Judeërs ook dergelike mense moet wees, wat dieselfde onderrig en tot dieselfde in staat is as die vreemde man in Opper-Egipte, het ons Rome verlaat en ons hier gevestig om hier, ver van die groot wêreld, meer vir ons innerlike mens te kan sorg; maar in die tempel, wat julle ons so aangeprys het, het ons dit egter nie gevind nie, maar wel enkele kere by die Man waaroor julle merkwaardigerwyse in twyfel verkeer, wat egter meer tot stand bring as alles wat ons ooit gesien het! En so `n Iemand wil julle opspoor?! O, wees honderdduisend maal bly dat Hy julle nie opspoor nie, want as Hy eenmaal daarmee gaan begin, dan is julle vir nou en altyd verlore!

[2] Want dit wat sulke ware, volmaakte mense kan doen, het ons meegemaak en met ons eie oë gesien. Wat wil julle dan byvoorbeeld doen as Hy opeens `n paar duisend woeste leeus, luiperds, hiënas en tiers in julle stad of maar net in die omgewing byeenroep? Helaas, hulle sou julle binne enkele weke opvreet sonder dat julle julleself teen hulle sal kan verweer. Iets dergeliks het Hy skynbaar volgens berigte al vroeër in Galilea gedoen, wat ons volledig kan glo.

[3] Maar as ons Romeine vir so `n heerser oor die natuur - wat hierdie Mens blykbaar is - reeds die allerdiepste respek het, wat wil julle, wat egte muggies is vergeleke met ons, dan teen Hom begin?! As julle nie daarvan gaan afsien nie, sal julle nog in die verskriklikste probleme kom; daarvan is ons Romeine volledig oortuig!”

[4] Toe die fariseërs dit van die twee Romeine hoor, wis hulle nie wat hulle daarop moes antwoord nie. Na `n tyd sê die een, wat verstandiger was as die ander: “Ja, ja, dit kan so wees; maar wat kan ons daaraan doen? Kajafas, die hoëpriester, het nou eenmaal, met instemming van Herodus, die onherroeplike besluit geneem, en ons kan maar net wil wat die twee wil. As dit maar net van ons afgehang het, sou ons die saak laat gaan het en rustig die einde afwag; maar met ons hoëpriester kan jy niks doen nie, en dus moet ons huil met die wolwe in die bos, of ons wil of nie.”

[5] Die Romeine sê: “Wie nie na raad wil luister nie, kan ook nooit gehelp word nie. Maar binnekort sal julle aan ons woorde dink! Waartoe sulke mense in staat is, daartoe is hele leërs nie in staat nie; want daarvan het ons onsself oortuig. Of julle ons glo of nie, dit maak nie saak nie; die sekere gevolge sal julle egter binne korter of langer tyd wel die bewys lewer dat ons Romeine die volle waarheid gespreek het, - want ons het baie gesien en meegemaak.”

[6] Nou staan die twee Romeine op en verlaat die geselskap, omdat die domheid en duidelike slegtheid van die fariseërs vir hulle te onverdraaglik geword het.

[7] Maar toe vra die fariseërs vir Nikodemus waarom die twee Romeine so skielik weggegaan het.

[8] Nikodemus sê: “Ja, daarop kan ek julle ook moeilik `n goeie antwoord gee; want ek het dit self ook baie vreemd gevind. Julle moet tydens hierdie geleentheid nie oor Herodus spreek nie; want hom kan hierdie Romeine al op `n afstand nie vat nie, vanweë die snode van Johannes, van wie die twee Romeine en nog vele met hulle, veel verwag het, en van wie hulle beweer dat ook hy beslis `n ware mens was. Ek sê julle dat Herodus in die oë van die Romeine nie goed aangeskrewe staan nie!”

[9] `n Fariseër sê: “Dink jy dat dit die rede is?”

[10] Nikodemus sê: “Ja wel, ja wel, presies; want anders sou ek werklik nie weet waarom hulle so skielik weggegaan het nie. Ek sê julle egter nog iets: slaan ag op die Romeine; want met hulle is nie te spot nie!”

[11] Toe die fariseërs dit van Nikodemus hoor, sê hulle: “Vriend, ons dank jou vir jou goeie sorg en sal nou ook weggaan, sodat ons by klaarligte dag die tempel bereik; want die nag is altyd `n vyand van die mens!”

[12] Toe staan die fariseërs op en gaan so vinnig moontlik op hul weg.

[13] Nikodemus en elkeen is verlig; ook die twee Romeine kom weer terug na Nikodemus, en is van harte bly om van hierdie ongenooide gaste verlos te wees. Nikodemus beskryf nou vir die aanwesiges die derde teken, en lê dit vir hulle uit, wat almal baie verheug.”

[14] (Die Heer): “Vriend Agricola, sê My nou eers hoe hierdie geskiedenis jou geval!”

[15] Agricola sê: “Hierdie geskiedenis geval my dermate, dat ek dadelik met `n leër Jerusalem sou wil binne ruk en dan soos `n woedende leeu onder hierdie god- en eerlose skurke te kere sou wil gaan! Maar dit was wel goed dat die booswigte uit die tempel deur die twee Romeine `n sekere respek vir U en ook vir ons gekry het, en ek glo dat hulle strewe om U te vervolg ietwat daardeur sal afkoel. Die twee landgenote in Emmaus sou ek net graag wil opsoek!”

[16] Ek sê: “Dit sal môre gebeur; ook Ek verlang self na hulle. Maar as jy dink dat die ywer van die booswigte uit die tempel daar benede om My te vind nou ietwat sal afkoel, vergis jy jou baie. Uiterlik gesien sal hulle wel kalmer wees, maar in hulle innerlike is hulle des te meer van die duiwel. Maar dit hinder nie; hulle sal My niks kan aandoen nie, tensy hulle oordeel voor die deur staan. - Maar laat Ons daaroor ophou; Ek vra julle nou hoe die egte mens, waaroor die twee Romeine vertel het, julle geval.”

[17] Agricola sê: “Ek kan my baie goed herinner dat ek in Rome meermale van hierdie gebeurtenis verneem het, en ek was baie verbaas daaroor. Ek moet die twee Romeine beslis persoonlik ken! O, hierdie geskiedenis is buitengewoon wonderbaarlik en pragtig! As daar maar baie van sulke ware mense op aarde gewees het, dan sou dit met alle mense beter gegaan het! Sou die egte mens nou nog liggaamlik lewe?”

[18] Ek sê: “O ja, hy leef nog en sal môre met sy leerlinge hier aankom; want hy het in sy gees berig gekry van My dat Ek hier liggaamlik onder die mense is. Hy het sy weinige leerlinge geroep en het hom op die weg hierheen begeef; die dag van môre sal dus `n gedenkwaardige dag word.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205