Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Uitleg van die eerste drie gebooie

28 Helias sê: “Majesteit en Heer, dit begin my te duisel deur wat U my nou gesê het! As U dus baie beslis die een is waarvan die profete aldus geprofeteer het, - wat moet ons arme sondaars dan nou vir U, o Heer, gaan doen?”

[2] Ek sê: “Niks, behalwe om na My onderwysings te luister, dit te bewaar en daarvolgens te lewe, God bo alles lief te hê en jou naaste soos jouself, dan het jy daardeur al sewe geeste van God in jou gewek en daardeur sal jy die ewige lewe verkry, netsoos wat Ek dit so pas uitgelê het. Is jy daarmee tevrede?”

[3] Helias sê: “O Heer, o JaHWeH, wie sou nie tevrede daarmee wees nie en wie sou U leer en U mees liefdevolle gebooie nie opvolg nie?! Dit is maar net hier nog die vraag of U, o Heer, nou deur hierdie twee gebooie van die liefde nie die tien gebooie en die profete ophef nie, omdat U gesê het dat hierdie twee gebooie die hele wet van Moses en alle profete bevat.”

[4] Ek sê: “My liewe Helias, hoe kan jy dit nou vra! As die wet van Moses en alle profete in die twee gebooie van die liefde opgesluit lê, hoe sou hulle dan ooit opgehef kan wees? Kyk, presies netsoos wat die sewende gees, wat vir julle goed uitgelê is, die ses voorafgaande geeste in die mens deurdring en vervul en hy daardeur alles in homself opneem, vervul die ware liefde tot God en tot die naaste ook alle voorafgaande wette van Moses en alle voorskrifte en vermanings van die profete!

[5] As Moses sê: ‘Jy sal slegs in één God glo en geen vreemde en onbekende gode van die heidene naas die ware God hê nie!’, dan voldoen jy immers meer as volkome aan die eerste gebod van Moses as jy God bo alles liefhet. Want sou jy werklik `n God bo alles kan liefhê as jy nie eers sonder om te twyfel glo dat Hy werklik bestaan nie?! Maar as jy deur jou liefde vir Hom helder soos die dag en werklik laat blyk dat jy in één God glo, sal jy dan vanuit jou groot liefde tot Hom wel in staat wees om Sy Naam ooit êrens te smaad, te onteer of te ontheilig? Beslis nooit as te nimmer nie! Want wat `n mens bo alles liefhet, eer hy ook steeds die meeste en hy sal selfs bitter en baie streng optree teen elkeen wat dit bewustelik sou waag om dit wat vir hom die dierbaarste is, op die een of ander manier te onteer. Of sou jy in jou hart nie baie boos word as iemand jou vader, wat jy buitengewoon liefhet, sou onteer nie? As jy God nou egter bo alles liefhet, sal jy dan wel ooit in staat kan wees om Sy Naam op die een of ander manier te ontheilig?

[6] As jy dit nou eers goed in jouself oordink, dan moet dit jou tog op die eerste aanblik heeltemal duidelik wees hoe, sowel die eerste asook die tweede gebod van Moses heeltemal in die een gebod van die liefde tot God vervat is.

[7] As jy, My liewe Helias, God nou baie seker bo alles liefhet en juis daarom ook bo alles eer, sal jy jou dan nie graag, en wel dikwels, uit die daaglikse wêreldse besigheid terugtrek en jou met die voorwerp van jou vurige liefde besig hou nie? Ja, sonder enige twyfel vas en seker! En sien, daaruit bestaan immers ook die mees ware en juiste en voor God alleen geldige viering van die Sabbat, wat Moses beveel het! Want die dag as sodanig het weinig of niks betekenis nie, maar dit is slegs belangrik dat jy oordag of in die nag in die liefde en die rus van jou hart graag aan God dink en met Hom spreek. En so sien jy ook hoe die derde gebod van Moses in die een gebod van die liefde tot God vervat is!

[8] Wie dus God waaragtig bo alles liefhet, het Hom ook beslis herken en het `n lewende geloof, gee God ook alle eer en sal sekerlik steeds die meeste aan Hom dink. En wie dit doen, kan geen sonde teen God begaan nie. Of kan `n bruid dalk aan haar bruidegom, wat sy buitengewoon liefhet en deur wie sy, netsoos sy baie goed weet, nog meer bemin word, `n sonde begaan? Nee, beslis nie, omdat beide in hulle hart juis deur die liefde volledig één geword het. Wie God egter waaragtig bo alles liefhet en so deur die liefde één geword het met Hom, sal ook sy naaste soos gelykwaardige kinders van God net so liefhê soos hy homself liefhet, en hy sal vir hulle doen wat hy redelikerwys verwag dat die mense vir hom sou wil doen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205